Toetskorpus vir aflaai

1.    In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

2.    En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die

      wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

3.    En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

4.    Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak

      tussen die lig en die duisternis;

5.    en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag

      genoem. En dit was aand en dit was môre , die eerste dag.

6.    En God het gesê: Laat daar ‘n uitspansel wees tussen die waters,

      en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.

7.    God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die

      uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En

      dit was so.

8.    En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit

      was môre, die tweede dag.

9.    En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een

      plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.

10.   En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van

      die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.

11.   En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies,

      plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra,

      waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.

12.   Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee

      volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is,

      volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

13.   En dit was aand en dit was môre , die derde dag.

14.   En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van

      die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat

      hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as

      jare.

15.   Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel

      om lig te gee op die aarde. En dit was so.

16.   God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te

      heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die

      sterre.

17.   En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig

      te gee op die aarde

18.   en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te

      maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed

      was.

19.   En dit was aand en dit was môre , die vierde dag.

20.   En God het gesê: Laat die waters wemel met ‘n gewemel van

      lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die

      uitspansel van die hemel.

21.   En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens

      wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al

      die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed

      was.

22.   En God het hulle geseënen gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en

      vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde

      vermeerder.

23.   En dit was aand en dit was môre , die vyfde dag.

24.   En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring

      volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die

      aarde volgens hulle soorte. En dit was so.

25.   En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle

      soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die

      grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

26.   En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons

      gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die

      voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die

      diere wat op die aarde kruip.

27.   En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God

      het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

28.   En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees

      vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor

      die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere

      wat op die aarde kruip.

29.   Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat

      saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte

      aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.

30.   Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die

      hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel

      is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.

31.   Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed.

      En dit was aand en dit was môre , die sesde dag.

1.    Hier volg die name van die Israeliete wat saam met Jakob na Egipte toe

      gekom het, elkeen met sy gesin:

2.    Ruben, Simeon, Levi en Juda;

3.    Issaskar, Sebulon en Benjamin;

4.    Dan, Naftali, Gad en Aser.

5.    Jakob het sewentig afstammelinge gehad. Josef was toe al in Egipte.

6.    Met verloop van tyd het hy en al sy broers, daardie hele geslag,

      gesterwe.

7.    Die Israeliete was vrugbaar en het vermeerder. Hulle het baie geword,

      so baie dat die land vol was van hulle.

8.    Toe ‘n nuwe koning wat nie van Josef geweet het nie, oor Egipte begin

      heers,

9.    het hy vir sy volk gesê: “Besef julle dat die Israeliete nou meer en

      sterker is as ons?

10.   Kom ons bedink ‘n plan teen hulle sodat hulle nie kan vermeerder nie.

      Anders kan dit gebeur dat as daar oorlog uitbreek, hulle dalk by ons vyand

      aansluit om teen ons te veg en ons land te oorweldig.”

11.   Daar is toe slawedrywers oor hulle aangestel om hulle met dwangarbeid

      te onderdruk. Hulle moes die voorraadstede Pitom en Rameses vir die farao

      bou.

12.   Maar hoe meer die Israeliete onderdruk is, hoe meer het hulle geword

      en hoe meer het hulle oor die land versprei, in so ‘n mate dat die

      Egiptenaars baie bang geword het vir hulle.

13.   Die Egiptenaars het slawe gemaak van die Israeliete

14.   en die lewe vir hulle bitter gemaak deur swaar werk met klei en

      bakstene en deur allerhande werk in die lande. Hulle moes onder dwang al

      die slawewerk vir Egipte doen.

15.   Die Egiptiese koning het vir die Hebreeuse vroedvroue Sifra en Pua

      gesê:

16.   “As julle ‘n Hebreeuse vrou by geboorte bystaan en julle sien by die

      kraambed dat dit ‘n seun is, moet julle hom doodmaak, maar as dit ‘n

      dogter is, mag sy bly lewe.”

17.   Maar die vroedvroue het God gedien en nie gemaak soos die Egiptiese

      koning hulle beveel het nie: hulle het die seuntjies laat lewe.

18.   Die Egiptiese koning het die vroedvroue ontbied en vir hulle gevra:

      “Waarom doen julle dit? Waarom laat julle die seuntjies lewe?”

19.   Toe antwoord die vroedvroue die farao: “Die Hebreeuse vrouens is nie

      soos die van Egipte nie, hulle is sterk van gestel: voordat die vroedvrou

      by hulle kom, is die kind al gebore.”

20.   As gevolg hiervan het die volk aanhou vermeerder en baie talryk

      geword. God het toe die vroedvroue self ook voorspoedig gemaak.

21.   Omdat hulle Hom gedien het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee.

22.   Daarna het die farao sy hele volk beveel: “Julle moet elke pasgebore

      seuntjie in die Nyl gooi, maar spaar die dogtertjies se lewe.”

1.    Hooggeagte Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om ‘n verhaal te

      skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het.

2.    Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense

      wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was.

3.    Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor

      af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer

      te skryf.

4.    So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal

      betroubaar is.

5.    In die tyd van koning Herodes van Judea was daar ‘n priester met die

      naam Sagaria, uit die diensgroep van Abia. Ook sy vrou het van Aäron

      afgestam, en haar naam was Elisabet.

6.    Hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die

      gebooie en voorskrifte van die Here onderhou.

7.    Hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was.

      Buitendien was albei reeds op ver gevorderde leeftyd.

8.    Op ‘n keer toe Sagaria in die beurt van sy diensgroep besig was om die

      priesterdiens voor God te verrig,

9.    is hy volgens die priesterlike gebruik deur die lot aangewys om in die

      tempel van die Here in te gaan en die wierook op die altaar te brand.

10.   Terwyl die wierookoffer gebring is, was die hele volksmenigte buite

      besig om te bid.

11.   Toe verskyn daar aan die regterkant van die wierookaltaar ‘n engel

      van die Here aan hom.

12.   Sagaria het geskrik toe hy hom daar sien staan en hy het baie bang

      geword,

13.   maar die engel sê vir hom: “Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou

      gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal aan jou ‘n seun skenk, en jy

      moet hom Johannes noem.

14.   Hy sal ‘n bron van blydskap en vreugde vir jou wees, en baie sal bly

      wees oor sy geboorte,

15.   want hy sal groot wees in die oë van die Here. Wyn en bier sal hy

      glad nie drink nie, en reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige

      Gees vervul wees.

16.   Hy sal baie uit die volk Israel laat terugkeer tot die Here hulle

      God.

17.   En hy sal voor die Here uit gaan in dieselfde gees en krag as Elia,

      om vaders en kinders met mekaar te versoen, om ongehoorsames op die regte

      pad terug te bring en om so vir die koms van die Here ‘n volk voor te

      berei.”

18.   Toe sê Sagaria vir die engel: “Waaraan sal ek dit weet? Ek is ‘n ou

      man, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.”

19.   Die engel antwoord hom: “Ek is Gabriël, wat in diens van God staan.

      Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te

      bring.

20.   Kyk, jy sal stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie

      dinge gebeur, omdat jy my woorde, wat op die bestemde tyd vervul sal word,

      nie geglo het nie.”

21.   Intussen het die volk vir Sagaria gestaan en wag en begin wonder

      waarom hy so lank in die tempel bly.

22.   Toe hy uitkom, kon hy nie met hulle praat nie. Hulle kom toe agter

      dat hy in die tempel ‘n gesig gesien het. Hy het net aanhoudend vir hulle

      beduie en stom gebly.

23.   Toe die tyd van sy tempeldiens om was, het hy huis toe gegaan.

24.   Na daardie tyd het sy vrou Elisabet swanger geword en haar vyf maande

      lank afgesonder. Sy het gesê:

25.   “Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my

      smaad onder die mense weg te neem.”

26.   In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel

      Gabriël gestuur na ‘n maagd in Nasaret, ‘n dorp in Galilea.

27.   Sy was verloof aan Josef, ‘n man uit die geslag van Dawid. Die naam

      van die maagd was Maria.

28.   Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die

      Here is by jou.”

29.   Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting

      tog kon beteken.

30.   Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God

      bewys genade aan jou.

31.   Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom

      die naam Jesus gee.

32.   Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die

      Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee,

33.   en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid.

      Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”

34.   Maar Maria sê vir die engel: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek

      nog nooit omgang met ‘n man gehad het nie?”

35.   Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die

      krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat

      gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.

36.   Kyk, ‘n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook ‘n

      seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar

      sesde maand.

37.   Niks is vir God onmoontlik nie.”

38.   Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur

      wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.

39.   Maria het haar sonder versuim gereed gemaak en haastig na ‘n dorp in

      die bergstreek van Judea gegaan.

40.   Daar het sy in Sagaria se huis ingegaan en vir Elisabet gegroet.

41.   Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in

      Elisabet se moederskoot beweeg, en sy is met die Heilige Gees vervul

42.   en het hard uitgeroep: “Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is

      die vrug van jou moederskoot!

43.   Waaraan het ek dit te danke dat die moeder van my Here na my toe kom?

44.   Kyk, net toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die

      kindjie in my van vreugde beweeg.

45.   Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir

      haar gesê het!”

46.   En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here,

47.   ek juig oor God, my Verlosser,

48.   omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal

      elke nuwe geslag my gelukkig noem,

49.   omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy

      Naam!

50.   Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan die wat Hom eer.

51.   Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan

      het Hy uitmekaargejaag;

52.   maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog;

53.   behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande

      weggestuur.

54.   Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes

      van ontferming

55.   soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy

      nageslag tot in ewigheid.”

56.   Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly en daarna teruggegaan

      huis toe.

57.   Toe die tyd gekom het dat Elisabet se kind gebore moes word, het sy ‘n

      seun in die wêreld gebring.

58.   Haar bure en familie het gehoor dat die Here aan haar groot

      ontferming bewys het, en hulle was saam met haar bly.

59.   Op die agste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle

      wou hom Sagaria noem na sy pa.

60.   Maar sy ma het gesê: “Nee! Hy moet Johannes genoem word.”

61.   Hulle sê vir haar: “Daar is niemand in jou familie wat die naam het

      nie!”

62.   Met gebare vra hulle toe sy pa hoe hy wil hê dat die kindjie genoem

      moet word.

63.   Hy vra toe ‘n skryfbordjie en skryf daarop: “Johannes is sy naam.” En

      almal was verbaas.

64.   Onmiddellik het Sagaria sy spraak teruggekry en begin praat en God

      geprys.

65.   Almal wat rondom hulle gewoon het, is met ontsag vervul, en in die

      hele bergstreek van Judea is daar baie gepraat oor al hierdie dinge.

66.   Almal wat dit gehoor het, het daaroor nagedink en gevra: “Wat sal

      hierdie kindjie eendag word?” Dit was duidelik dat die Here by hom was.

67.   Sagaria, die kindjie se pa, is met die Heilige Gees vervul en het as

      profeet gesê:

68.   “Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in

      genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk.

69.   ‘n Sterk Verlosser het Hy vir ons laat opstaan uit die huis van sy

      dienaar Dawid.

70.   So het die Here dit reeds van oudsher belowe deur die mond van sy

      heilige profete:

71.   om ons te verlos van ons vyande en uit die hand van al ons haters;

72.   om Hom te ontferm oor ons voorvaders en sy heilige verbond te onthou.

73.   Met ‘n eed het Hy dit bevestig aan ons voorvader Abraham dat Hy sou

      gee dat ons,

74.   gered uit die hand van vyande, Hom onbevrees kan dien

75.   in vroomheid en opregtheid al die dae van ons lewe.

76.   “En jy, kindjie, ‘n profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word,

      want jy sal voor die Here uit gaan om sy pad gereed te maak,

77.   om kennis van verlossing aan sy volk mee te deel: verlossing deur

      vergifnis van hulle sondes,

78.   danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môre son sal Hy

      opgaan en uit die hoogte op ons afstraal,

79.   om lig te bring aan die wat in duisternis en in die skaduwee van die

      dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”

80.   Die kindjie het opgegroei en sterk geword deur die Gees en het in die

      woestyn gebly tot op die dag van sy openbare verskyning in Israel.

1.    Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan

      die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!

2.    Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande

      versoekinge val,

3.    omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid

      bewerk.

4.    Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat

      julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

5.    En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God

      bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan

      hom gegee word.

6.    Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat

      twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en

      voortgesweep word.

7.    Want die mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang

      nie —

8.    so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

9.    Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid,

10.   en die ryke in sy geringheid, want soos ‘n blom van die gras

      sal hy verbygaan.

11. Want die

Kennisgewing aan alle bestuurshoofde

Geagte kollega

Na aanleiding van ‘n oudit wat gedurende 2000 op die jaarlikse verlofstelsel gedoen is, het die BK ‘n memorandum hieroor behandel, en onder andere die volgende besluit:

1.     Doeltreffende bestuur van jaarlikse verlof:   ‘n Opname by personeel en bestuurshoofde t.o.v. personeel vir wie daar geen verlofvorms vir 1998 en 1999 ontvang is nie, het aangetoon dat die diensvoorwaardes en verlofstelsel in meeste van hierdie gevalle nie doeltreffend bestuur word nie.   Van die redes wat byvoorbeeld aangevoer is vir die feit dat personeel nie verlof geneem het nie is die volgende:

* verlofvorms is per abuis nie deurgestuur nie;

* personeel was onder die indruk dat verlof slegs geneem hoef te word indien die personeellid buite Potchefstroom is;

* personeel het na bewering inderdaad geen jaarlikse verlof geneem nie weens werksomstandighede.

Gevolglik is besluit dat:

1.1     die aanspreeklikheid vir die behoorlike beplanning en bestuur van verlof finaal onder die aandag van alle bestuurshoofde gebring word;  en

1.2     departement Personeeldienste jaarliks ‘n oudit sal doen op personeellede vir wie daar gedurende die voorafgaande jaar nie verlofvorms ontvang is nie, en dat die betrokke bestuurshoofde hiervan rekenskap sal moet gee.

2.     Die hantering van ophoopbare verlof:     Sommige personeel beskik oor meer as 260 werksdae ophoopbare verlof weens die volgende redes:

* met die hersiening van diensvoorwaardes in 1987 kon persone hulle ongebruikte langverlof oordra na ophoopbare verlof;

* met die hersiening van diensvoorwaardes in 1998 kon persone hulle ongebruikte jaarlikse verlof ook oordra na ophoopbare verlof.

Hierdie toedrag van sake skep ernstige probleme wanneer sodanige personeel aftrede nader, en dan probeer om die opgehoopte verlof bo 260 dae te neem, bo en behalwe die normale jaarlikse en ophoopbare verlof wat steeds jaarliks beskikbaar kom.

Gevolglik is besluit dat:

2.1     alle personeel wat op 31 Desember 2000 nog nie die plafon van 260 werksdae bereik het nie slegs verlof kan ophoop tot 260 werksdae, soos reeds met SAPTU ooreengekom.   (Oorlegkomitee, 22 Maart 2000.)

2.2     personeel wat op 31 Desember 2000 meer as 260 werksdae opgehoopte verlof sal hê, se unieke getal opgehoopte verlofdae as plafonwaarde gedefinieer word, en ophoping verby die plafonwaarde dus nie gedoen word nie;

2.3     bestuurshoofde dringend versoek word om tydig ‘n behoorlike verlofbeplanning te doen vir personeel wat meer as 260 werksdae opgehoopte verlof het.

Baie dankie vir u aandag

CJ van der Watt

Hoofdirekteur Personeel

Mediaverklaring uitgereik deur Frikkie Kotzé

Dat daar ‘n landswye krisis in wiskunde en natuur- en skeikunde onderwys heers word op nasionale vlak erken.  Die aanbod van aspirant onderwysers in hierdie twee vakrigtings is nie naastenby voldoende om die bestaande agterstande in onderwysergetalle binne die volgende paar jaar uit te wis nie.  Dit is ook bekend dat die agterstand in die gehalte van onderrig in hierdie twee vakke die grootste in die voorheen agtergeblewe gemeenskappe is.  Die oplossing wat voorhande is, is om bestaande swak en onderopgeleide praktiserende onderwysers in die twee vakke se kwalifikasies en dus vermoëns te verbeter.

Die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys speel sedert 1996 ‘n toonaangewende rol in die heropleiding van wiskunde en natuur- en skeikunde onderwysers in die Noordwesprovinsie.  Die Sediba projek (Sediba is die Tswanawoord vir waterput) is ‘n inisiatief van die Skool vir Natuurwetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie onderwys (SNWTO) met die Noordwes Departement van Onderwys as vennoot en Naschem (‘n divisie van Denel) as hoofborg, het prof Jan Smit, leier van die projek verduidelik.

Die missie van die Sediba projek is om die gehalte van wiskunde en natuur- en skeikunde onderwys in die provinsie te verhoog deur ‘n meer toegewyde en beter toegeruste onderwyserkorps daar te stel.  In die proses word die kwalifikasies van die onderwysers van ‘n driejarige tot ‘n vierjarige onderwysdiploma opgradeer. Laasgenoemde sal volgens die onderwysdepartement vanaf 2005 die minimum kwalifikasie vir enige onderwyser wees.

Tot op hede het reeds 223 onderwysers van Noordwes ‘n hoër onderwys diploma verwerf tydens gradeplegtighede wat op die kampus van die PUK gehou is.  Die Sediba projek het ook in ander provinsies ‘n bydrae gelewer tot die opgradering van onderwysers se kwalifikasies.  n samewerking met die Mpumalanga Departement van Onderwys en met Billiton Development Trust as borg het 28 onderwysers in 2000 die hoër onderwys diploma met spesialisering in wiskunde of natuur-en skeikunde ontvang.  Die projek is ook vanjaar na die Vaaldriehoekkampus van die PUK uitgebrei waar 20 wiskunde onderwysers met die finansiële ondersteuning van SASOL Vaal Education, Old Mutual, African Cable, First Rand, Safripol en Karbochem tans met hul studies besig is.

Die

Volgens ‘n berig in Rapport van 3 Junie 2001 het die portefeulje-komitee oor onderwys belangrike uitsprake oor taal as onderrigmedium by tersiêre inrigtings gemaak. Mnr. Randall van den Heever, self ‘n oud-skoolhoof, het die belangrike uitspraak gemaak dat “opvoedkundige inrigtings (in ons demokrasie) die demografiese samestelling van die bevolking in sy voedingsgebied (behoort) te weerspieël”. Komende van ‘n vooraanstaande parlementslid, moet die stelling in ‘n ernstige lig beskou word.

Dit is nie duidelik wat mnr. van den Heever met “demografiese samestelling” en ook nie met “voedingsgebied” bedoel het nie. As ons sou aanneem dat hy met “demografiese samestelling” die rassesamestelling bedoel van bv. die Wes-Kaap provinsie as voedingsgebied vir studente in die Wes-Kaap, behoort die studenteprofiel van tersiêre inrigtings in die provinsie soos volg daar uit te sien: Asiate 1%, Blankes 23%, Kleurlinge 52% en Swartes 24%. As mnr. van den Heever met demografiese samestelling die taaldemografie van die “voedingsgebied” bedoel en die taaldemografie van die Stad Kaapstad word as basis gebruik., dan moet die studenteprofiel van die twee universiteite in die “voedingsgebied” soos volg daar uitsien: Nguni 24%, Sotho 0.5%, Afrikaans 45% Engels 29%. As die uitlating ernsig opgeneem word en ons kyk na die studenteprofiel van die Universiteit Kaapstad en die Universiteit Wes-Kaapland, dan vertel dit ‘n heel ander storie. Die studenteprofiel aan die universiteit Wes-Kaapland is meer as 60% swart, en by die Universiteit Kaapstad meer as 60% wit. Engels is die medium van onderrig aan beide Universiteite.

Die vraag wat mnr. van den Heever moet beantwoord, is die volgende: het sy standpunt betrekking op alle tersiêre inrigtings of is dit slegs die inrigtings met Afrikaans as onderrigtaal op voorgraadse vlak wat “die demografiese profiel van die voedingsgebied” moet weerspieël? As alle tersiêre inrigtings die “demografiese profiel” van die “voedingsgebied” moet weerspieel, dan is daar nie een inrigting in Suid-Afrika wat aan die norm voldoen nie.

Vanuit ‘n konstitusionele hoek beoordeel, het die Taalsekretariaat ook ernstige probleme met mnr. van den Heever se standpunt. Daar is geen bepaling in die Grondwet of in enige Onderwyswetgewing dat onderwysinstellings die “demografiese samestelling van die voedingsgebied” moet weerspieël nie. Dit kan hoogstens as ‘n politieke beleid aan onderriginstellings voorgehou word. Indien die weerspieëling van die “demografiese samestelling van die voedingsgebied” as beleidsmaatreël aan onderwysinstellings deurgegee word as norm vir die toelating van studente, en die beleidsmaatreël het tot gevolg dat die onderrigtaal van keuse – in die geval Afrikaans na Engels – sou oorgaan, word die konstitusionele reg van studente om onderrig deur medium van Afrikaans te ontvang, ondermyn. Basiese regte in die Grondwet geskep, kan tog nie in ons demokrasie deur beleidsmaatreëls ongedaan gemaak word nie.

André van der Walt, Taalsekretariaat, 9 Junie 2001

In hierdie uitgawe:

* Taaluitlatings van LP bevraagteken

* Onderhoud met dr Steward van Wyk van Iilwimi Sentrum

* Verslag oor veeltalige skooltydskrif van Iilwimi, Academus

* Wes-Kaapse Taaloudit

* Aanhaling van die maand

* Tweede les in Xhosa

* Eenheid in Verskeidenheid: ope gesprek oor bevordering van veeltaligheid

Wes-Kaapse Provinsiale Taaloudit

Die Wes-Kaapse Taalkomitee het ‘n persvrystelling uitgereik waarin verslag gedoen word oor die Wes-Kaapse Provinsiale Taaloudit.

Die Wes-Kaapse provinsiale regering het die uitvoer van ‘n taaloudit van stapel gestuur, wat hom die eerste provinsie in die land maak om so ‘n omvangryke projek aan te pak. Dis ‘n belangrike stap in taalmonitering en kan maklik uitgestel word weens vrees vir hoë koste.

Hierdie aspek is oorkom deur ‘n tender vir die oudit toe te ken en naamlik aan MarkData. Dis ‘n maatskappy wat taalopnames suksesvol vir PANSAT uitgevoer het. Die Wes-Kaapse oudit beloof om teen Maart 2002 afgehandel te wees.

Prof. Isabel Cilliers, voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, is entoesiasties oor die taaloudit, veral oor die bepaling van taalvoorkeur en -gebruike wat dit vir die provinsie inhou.

Die impak van die taaloudit sou selfs wyer as die provinsiale regering kon uitkring: die privaatsektor sou ook hiervan kennis kon neem, word gehoop.

Wat beoog word met die oudit, is om die uitvoering van die mandaat om die gebruik van Afrikaans, Engels en Xhosa in die regeringsinstellings te monitor.

Die Taalkomitee wil deur die oudit onder andere die volgende bewerkstellig:

* taalvoorkeure van werknemers en kliënte

* taalbehoeftes by elke pos in die regeringsinstellings

* taalgebruikspatrone in verskillende sektore

* uitwerking van gebruikstale op werwingsbeleide

* watter taalhulpbronne in die provinsiale regering bestaan

MarkData is ‘n onafhanklike strategiese en kommersiële navorsingsfasiliteit wat waardetoegevoegde navorsingsdiens verskaf.

Soos ook onlangs by die Taalseminaar in die Vrystaat vasgestel is, is ‘n taaloudit een van die eerste en belangrikste stappe in die rigting van formulering van ‘n taalbeleid in die onderskeie provinsies.

Veeltalige skooltydskrif

Die eerste uitgawe van Academus, ‘n veeltalige skooltydskrif, het in Maart 2001 die lig gesien.

Alle artikels en byskrifte by die illustrasies is in Afrikaans, Xhosa en Engels te lese. Dis ‘n uitgawe vol beriggewing van bedrywighede wat by skole in die Helderberg aan die gang is. Die publikasie is ‘n gesamentlike poging tussen die Iilwimi Sentrum by die UWK en die volgende primêre skole in die Helderbergkom:

ACJ Packade

Danie Ackerman

Sir Lowry’s Pass

Somerset West Methodist

Umnqophiso

Op die voorblad is ‘n verwelkomingsboodskap, waar aangedui word dat die eerste fase van die skoleprojek in die Helderberg, die grondslagfase, nou gelê is.

Die inhoudsopgawe is afwisselend in al drie tale, maar as jy nie die spesifieke bladsy blaai, vind jy dat dit duidelik drietalig geskryf is.

Daar is ‘n elementêre woordeboek, kuns, gebeure, grappies, gedigte, briewe, stories en aktiwiteite in hierdie uitgawe.

Die gedagte is duidelik om die kind van kleins af gewoond te maak daaraan dat nie een taal ondergeskik is aan ‘n ander nie en dat dit nie so vreemd is om jou eie taal se woord ook in ‘n ander taal te sien nie.

Baie geluk met hierdie eerste poging!

EENHEID IN VERSKEIDENHEID: OPE GESPREK OOR DIE BEVORDERING VAN VEELTALIGHEID IN DIE WES-KAAP

Die Wes-Kaapse Taalkomitee het verteenwoordigers van taalorganisasies uitgenooi om deel te neem aan ‘n ope gesprek oor die bevordering van veeltaligheid in die Wes-Kaap. Die gesprek sal tussen verteenwoordigers van verskillende belange- of aksiegroepe vir die drie amptelike tale in die Wes-Kaap plaasvind. Simultane tolkgeriewe sal beskikbaar wees en verteenwoordigers word ten sterkste aangemoedig om hul voorkeurtaal te praat.

Die ope gesprek vind op 26 Junie 2001 van 08:00 tot 17:00 te <A>, plaas. Die sprekers by die geleentheid is dr. Neville Alexander en dr. Abner Nyamende.

Die doel van die ope gesprek is om:

* gemeenskaplike en innoverende aksieplanne vir die bevordering van veeltaligheid in die Wes-Kaap te ontwikkel

* individuele en innoverende bydraes wat elke groep tot dié proses bydra, te identifiseer

* die grondslag te lê vir samewerking tussen die verskillende taalgroepe in die toekoms

* die proses verder te voer in eie taalgemeenskappe

* die taalkomitee te ondersteun om veeltaligheid aktief in die provinsie te bevorder

* ‘n taalhandves vir die Wes-Kaap op te stel

* te streef na eenheid in verskeidenheid

Onderhoud met dr Steward van Wyk

Van Wyk gee eers onderwys in die Kaap en dan in Stellenbosch. In 1988 is hy by die Universiteit van die Wes-Kaap aangestel as junior lektor. Op die oomblik is hy Departementele Voorsitter van die UWK.

‘n Belangstelling in Afrikaans te midde van Apartheid

Hy sê die redes vir sy belangstelling in die taal was aanvanklik dat hy presteer in die taal Afrikaans op skool.

Dis sy huistaal en hy het ‘n belangstelling in die taal en ook in die letterkunde – kritiese vrae wat veral hierdeur opgeroep word. Skrywers soos André Brink, Elsa Joubert en Etienne Leroux het sy belangstelling geprikkel …

‘n Kritiese bewussyn, voel hy, ontwikkel ook ‘n gevoel vir die taal.

Afrikaans by die UWK is verruimend

Wat na-graadse studies betref, is die UWK een van die sterk departemente in die land (Jakes Gerwel het al gesê dat die Afrikaans Departement die grootste in Afrika, of in die wêreld, is).

Die UWK se beskouings is verruimend: daar is kritiese diskoerse teen die samelewing en teen gangbare diskoerse in Afrikaans-literêre sosiologiese en ideologies-kritiese.

Afrikaans as onderrigmedium by tersiêre instellings

Breedweg gesproke, dink hy dat Afrikaans vanweë sy geskiedenis ‘n status as tersiêre taal bereik het.

Dit sal hartseer wees om daardie status te verloor. ‘n Oplossing vir hom sou wees om sekere instellings te oormerk waar Afrikaans die onderrigtaal is.

Ander inheemse tale moet saamgeneem word in die proses. Daar moet groot ontwikkelingswerk aan ‘n taal soos Xhosa gedoen word, byvoorbeeld.

Op die oomblik is daar baie Afrikaanse hulpbronne en ‘n kundigheid ten opsigte van teorie, terminologie en woordeboek-maak.

Hy verwelkom dit dat die Minister van Onderwys die Gerwel-komitee aangewys het ter raadgewing van taal binne die onderwyssisteem.

BAIE DANKIE vanaf die Taalsekretariaat vir die bydraes aangaande en reaksie op die artikel oor Afrikaans by tersiêre instellings.  Enige verdere deelname aan debat rakende taalsake word verwelkom en kan gestuur word aan <A> of na <A>.

Let ook daarop dat die artikels in die Taalkoerant in verkorte vorm verskyn. Die volledige artikels kry u t e lese op op die webwerf LitNet, by <A>. Wanneer u op LitNet se tuisblad is, kliek u gewoon op die Taaldebatruimte-skakel aan die linkerkant, waar u die  volledige onderskeie artikels gelys sal vind.

Deur op die Taalsekretariaat se advertenisieblokkie op LitNet se tuisblad te kliek (regs bo, by die Taalsekretariaat se logo), verkry u ook direkte toegang tot die Taalkoerant.

TERUGVOERING NA EKSTERNE EVALUERING VAN FOKUSAREAS – 27 JUNIE 2001 (13:00 TOT 14:00)

Die volgende vier fokusareas word ekstern geëvalueer vanaf 24-27 Junie:

*   Onderrigleerorganisasies

*   Voorkomende en Terapeutiese Intervensies

*   Skeidingswetenskap en -tegnologie

*   Omgewingswetenskappe en -bestuur

Die vier kommissies sluit elk een buitelandse akademikus, een binnelandse akademikus en ‘n kundige uit die bedryf in.  Die koördineerder is weer dr H Brinkman en die sekretaris drs Ad Verkleij uit Nederland.

Die kommissies lewer ‘n mondeling terugvoering oor die resultate van die evaluering op Woensdag 27 Junie vanaf 13:00 tot 14:00 in die Senaatsaal, Joon van Rooygebou,  en alle universiteitspersoneel en nagraadse studente is welkom om dit by te woon.  Direkteure van ander fokusareas en ander dekane is in besonder welkom aangesien die terugvoer gewoonlik van breë belang vir die Universiteit is.

JC Geertsema

Dekaan Navorsing

Graag word die volgende terugvoer gegee uit die Werkkomitee Terreine en Geboue se vergadering van 20 Junie 2001, wat betref die nuwe lesingsaal-projek.

Die beplanning vir die oprig van die nuwe lesingsaalkompleks op die noordkampus vorder fluks en daar sal eersdaags op tender uitgegaan word met die projek.

Die grondwerke vir die projek is gedurende Desember 2000 en Januarie 2001 uigevoer om te verhoed dat die akademiese program versteur word. Die aanvangsdatum vir die konstruksiewerk is ongeveer 1 September 2001 en die projek moet teen die einde van 2002 voltooi wees.

Die kompleks gaan onder andere voorsiening maak vir ‘n lesingsaal met 320 sitplekke en ‘n kleiner lesingsaal met 180 sitplekke. Daar word ook voorsiening gemaak vir vyf wegbreeklokale, ‘n kantoorsuite vir die Dekaan Gesondheidswetenskappe asook ‘n laboratorium vir die Fakulteit

ELOFF IS PUK SE NUWE REKTOR

Die Raad van die PUK het die 46-jarige dr Theuns Eloff vanoggend as die sewende Rektor en Visekanselier van die PUK aangewys.  Dr Eloff moet die aanbod nog aanvaar.

Dr Eloff het ‘n lang verbintenis met die PUK – hy het sy studies hier tot op PhD-vlak voltooi.  Hy het vyf jaar op die Studenteraad van die PUK gedien waarvan drie jaar as voorsitter.  Dr Eloff is tans die Hoof Uitvoerende Direkteur van die Nasionale Besigheidsinisiatief.

Dr Eloff het sy beroepsloopbaan begin as predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.  As uitvoerende direkteur van Consultive Business Movement (CBM) was hy betrokke by die organisering van die nasionale Vredeskonferensie.  Hy het ook in sy hoedanigheid as uitvoerende direkteur van CBM die sekretariaat vir die Kempton Park-onderhandelinge behartig.

Dr Eloff het nie net ‘n besondere kennis van die PUK nie, maar ook ‘n breë ervaring in die sakewêreld – binne en buite Suid-Afrika.  Weens sy betrokkenheid by KODESA is hy bekend by regeringslui onder alle vlakke.  In 1995 is hy ondermeer in Skotland vereer as een van die wêreld se tien voortreflikste jong mense.

Hy is getroud met Suzette, ‘n nooi van der Westhuizen.  Sy is ‘n voormalige TV-aanbieder, bekende in musiekkringe, ‘n oud-Alabamalid en dus ook ‘n oud-Puk.  Hulle het twee dogters, Tania en Cecile.

Die seleksie van kandidate uit die aansoekers en genomineerdes vir die rektorspos is onderskeidelik eers deur die Senaat en die Institusionele Forum van die Universiteit gedoen.  Beide liggame moes twee kandidate selekteer en in alfabetiese volgorde aan die Raadskommissie deurgee.

‘n Eksterne firma het daarna die kandidate deur psigometriese assessering vir bestuursbevoegdhede binne universitêre verband geëvalueer. Naas hierdie evaluering het ‘n Raadskommissie verlede Vrydag onderhoude met die kandidate gevoer met ‘n aanbeveling aan vanoggend se Raadsvergadering.

Dr Eloff volg prof Carools Reinecke op wie se termyn op 31 Desember vanjaar verstryk.  Daar sal ‘n oorgangstydperk wees wat dr Eloff saam met prof Reinecke sal werk om ‘n soepel oorgang te bewerkstellig.  Dr Eloff is tans in die buiteland.

Berig en foto op PUK-Web:

Hallo

Ek is besig om die skool webblad te skryf, maar kort inligting om dit te voltooi. Ek sal dit waardeer as ek so gou moontlik inligting rondom die verband kan kry. Ek benodig die volgende:

Fisise Chemie: ‘n kort beskrywing wat die vakgebied behels, asook watter werk daar gedoen word. Slegs een onderwerp word vir eers benodig bv. Superkritiese vloeistof ekstraksie ( wat dit is en waarvoor dit gebruik word)

Analitiese Chemie: Wat die vakgebied behels en hoe dit gebruik word om as hulpmiddel te dien tydens navorsing.

Organiese Chemie: Wat die vakgebied behels en ‘n interessante toepassing van die vakgebied

Anorganiese Chemie : Wat dit behels en ‘n interessante toepassing van die vakgebied

Studente wil meer weet wat aangaan in die vakgebiede, daarom dat ek dit in die skoolblad wil inkorporeer. Ek sal u samewerking hoog op prys stel. Sonder die inligting kan ek niks doen nie.

Ek sal dit waardeer as u vir my teen 11 Mei die inligting kan deurstuur.

Groete en Dankie

Ciellie

Basiese Sweistegnieke vir die kreatiewe selfhelp vrou …

Leer om jou eie tuinornamente of ander eenvoudige voorwerpe uit metaal te skep in slegs één dag. ‘n Sweiskursus vir vroue word aangebied by Salamander Teetuin te Potch Garden Pavilion.  Geen vooraf sweiskennis word benodig vir hierdie lekker, maar kreatiewe, kusus nie. Gaan boonop huistoe met jou eie selfvervaardigde skepping!

Ons voorsien: Sweismasjiene & nodige toerusting, afval-yster, gereedskap, ens. Koffie, tee en middagete is ook ingesluit in die kursusfooi van R175 per persoon. 

Kursusgangers voorsien slegs: ‘n Sweisbril en leerhandskoene (beide is noodsaaklik). ‘n Leervoorskoot word hoog aanbeveel maar is nie ‘n vereiste nie. Trek ou, gemaklike klere aan en  vermy loshangende klere en juwele. 

1 Dag kursus – spesiaal aangebied in die skoolvakansie op 4 óf 5 Julie ’01. Begin stiptelik om 09:30 en duur tot 16:00. Maksimum van 8 vroue per kursus. Navrae en registrasie by Tersea <A>, Salamander Teetuin te <A>.    

Goeie dag,

Met die opstel van die finansiële state vir die Raad, het dit onder ons aandag gekom dat die korrekte uitgawerekeninge nie gebruik word nie. Die algemene tendens blyk te wees dat ‘n bedryfskosterekening (1060) vir alle uitgawes gebruik word, terwyl daar wel rekeninge bestaan vir die spesifieke tipe uitgawe bv. reiskoste (1960).

Ons wil dus weereens versoek om asseblief die korrekte rekening te gebruik vir die spesifieke uitgawe wat aangegaan word. Sodoende verseker dit dat die verslae wat gegenereer word die korrekte bedrae per rekening weerspieël.

Dit is byna weer 30 Junie  en tyd vir halfjaarstate en in die lig daarvan wil ons vra dat u asseblief u transaksies vir 2001 noukeurig moet nagaan en indien nodig ‘n joernaal aanvra ten einde transaksies teen die korrekte rekening te toon. Indien u kostepunt nie die toepaslike rekening het nie kan u per epos vir Nicolene Lubbe (favnl) laat weet sodat die nodige rekening gekoppel kan word.

Byvoorbat dankie vir u samewerking in die verband. Indien u enige verdere navrae het kan u gerus met ons in verbinding tree.

Vriendelike groete,

Danie Walker

Beste Ernst

Met my kyk na die kalender onthou ek die heerlike fees verlede jaar

met jou verjaarsdag.

Veels Geluk met jou komende verjaarsdag . Mag dit n wonderlike

vreugdevolle dag wees . Margot en ek wens jou ook n geseende en

suksesvolle lewensjaar toe.

Ons raak goed in Bristol gevestig –die VK raak nou meer aanvaarbaar

met so af en toe n sonskyndag.Ons gaan vanmiddag na Reading om die

naweek by ou vriende in Sandhurst deur te bring en vanaf Sondag tot

Dinsdag by Alan Hayes[IUPAC] te kuier.

Groete en geluk aan Elizabeth en jou mooi gesin.

Groete

Piet

NS: ek stuur apart iets oor BRISTOL chemie

Is jy moeg gesoek na nommerpas – maar nog steeds sexy vroulike onderklere?

Ons verskaf ‘n groot verskeidenheid Triumph, Playtex en Gossard Lungerie.

As ons dalk nie jou grootte het nie, bestel ons dit vir jou.

Skakel Marietha by 082 441 2395 of Ria 082 895 9081

of besoek ons op die hoek van Retief- (79) en Van Riebeeckstrate.

Mev Evelyn Schutte

Ek het ‘n tydelike werker (maar baie getrou) wat al sy klere gister in ‘n brand verloor het. Hy het letterlik net die klere aan sy lyf oor.

Indien u miskien enige klere het waarmee ons die man kan uithelp, sal dit opreg waardeer word.

Hy is ongeveer 1.7m lank, skraal gebou en dra  no 9 skoene.

Skakel my op my selfoon, sodat ons kan reel waar ek dit kan kom afhaal.

Groete

Hannes du Toit   

Drama-kursus in Potch – deur Brümilda van Rensburg

Die Puk se Sentrum vir Kreatiwiteitsopleiding het vanjaar vir die eerste keer ‘n drama-kursus aangebied.  Ons was baie bevoorreg om die dinamiese en bekwame Brümilda van Rensburg te kon hê as aanbieder.  Hierdie kursus het in Mei tot ‘n einde geloop en was ‘n reuse sukses.  As gevolg van die sukses daarvan en die feit dat daar nog soveel belangstelling is, het Brümilda ingestem om hierdie kursus weer aan te bied in Potch – en nog in hierdie jaar!

Die kursus dek die volgende aspekte:  Die Industrie;  Teksanalise;  Stem;  Advertensies en Oudisies hanteer;  TV aanbieding;  Beweging en Musiek;  Emosie;  Teater (ook Kinder teater en Industriële teater);  TV en “Soapies”;  Poësie en Prosa;  Toesprake skryf en lewer;  en nog vele meer.

Die kursus sal op Saterdae plaasvind en op die volgende datums:  28 Julie, 4 Augustus, 18 Augustus, 1 September, 15 September, 27 September.  By die laaste klasgeleentheid sal 2 ander persone uit die industrie in die klas aanbied.

Kursuskoste:  Die kursuskoste is R3000 en hierdie bedrag moet tenvolle betaal word tydens registrasie.  Die bedrag kan in kontant of in 3 vooruitgedateerde tjeks betaal word.

Registrasie:  U moet ‘n registrasievorm invul.  Dit is beskikbaar by Lynn van Schalkwyk in kamer M110 op die 1ste vloer by Grafiese Ontwerp in die Perskor-Sentrum (Hoffmanstraat, oorkant die Joon van Rooy gebou).  Lynn se kontakbesonderhede is die volgende:  <A>

Sluitingsdatum vir registrasies:

20 Julie 2001 om 17:00

Een van die talle goeie terugvoeringe op die eerste kursus: 

“Die kursus is aangebied op ‘n baie professionele en verstaanbare wyse.  Brümilda het werklik uitgeblink!  Die energie en entoesiasme wat sy openbaar vir die kursus is baie aansteeklik!  Mens voel lus om toneel te speel en die harde werk wat daarmee saamgaan maak dit absoluut die moeite werd.  Ek wil die hoop uitspreek dat die kursus sal voortgaan vir die jare wat voorlê!

GELEENTHEID

Ek het my eie besigheid begin.  Ek is tans besig met die ontwikkeling van ‘n projek saam met ‘n klomp suksesvolle persone. Ons is besig om uit te kyk vir ‘n paar sleutel persone vir uitbr. Om te help met verdere ontwikkeling in Suid-Afrika.

Ons het ‘n opleidingsprogram wat deur die Harvard besigheidskool gekies is as die beste leierskapontwikkelingsprogram in die wêreld waarmee ons mense help om hulle volle potensiaal te bereik.

U is welkom om ons te kontak by die volgende nommers:

<A>

<A>

<A>

SELFONE EN KONTRAKTE

DAAR IS ‘N GROOT SPESIALE AANBIEDING OP SELFONE EN KONTRAKTE BESKIKBAAR. KONTRAKTE WORD GESLUIT MET VODACOM, WAT GELINCK HET MET ‘N INTERNASIONALE BESIGHEID EN KAN DEUR MY BEKOM WORD. KONTAK MY GERUS VIR JOU NUWE SELFOON EN KONTRAK.

Heerlike tuisgebakte kleinkoekies en beskuit vir die vakansie.

Nooit het jy sulke lekker koffiekoekies geproe nie en die beskuit is ook uit die boonste rakke.

Een soort koekies      R20 / kg

Gemengde koekies    R22/ kg (sluit ook koekies met vulsel in)

Gesondheidsbeskuit   R 23 / kg

Wit karringmelkbeskuit  R 22 / kg

Bestel asb twee dae voor die tyd.  Aflewering Donderdag (21 Junie) en Vrydag (22 Junie).  Aflewering voor die tyd kan ook gereël word.  Bestel per e-pos of by

U kan u katte by ons laat en met sielsrus op vakansie gaan. 

Wat maak Kattevreugde anders? Die pragtige, veilige en ruim hokke is binne-in ‘n huisie – u kat is dus veilig en nie aan wind en weer uitgelewer nie.  Daar is voortdurende toesig om te verseker dat u kat veilig en gesond is.

Koste:  R9-00 per kat per dag – ons voorsien droë katkos. Indien u u eie kos voorsien, is die koste:  R8-00.

Skakel Tobie by 2908517 vir u bespreking.  Laat asseblief  ‘n boodskap indien daar nie antwoord is nie.  Kom besigtig Kattevreugde by Arendstraat 1, Grimbeekpark.

Onthou om u kat te laat immuniseer voordat u hom/haar “op vakansie laat gaan”.

Heerlike vars gedroogde vrugte van De Doorns te koop in verpakkings van 500g.

Perskes – geskildes, ongeskildes en pitperskes

Appelkose

Pere

Appelringe

Pruimedante

Gemengde vrugte (Vrugteslaai)

Gesuikerde vrugtelekkers (stafies en blokkies)

Kontak Hester Lombard by <A>, of kom kyk self by <A>.  U is altyd welkom, maar ‘n voorafgereëlde tyd voorkom teleurstelling.

Daar is ‘n 3 slaapkamer rondawel op die ower van die Vaalrivier beskikbaar vir naweke.  Dit is ongeveer 10 km uit Parys uit . Daar is slaap plek vir 12 persone . Die rondawel is volledig uit gerus en het elektisiteit. Dit is in die Fredefort koepel in ‘n baie mooi omgewing. Daar is genoeg braai geriewe en dit is 20 tree van ‘n visvang plek af.

Prys vir die  is R500 vir die hele naweek.

Kontak vir Anien du Plooy by

Terugvoer: Intergeloof in die onderwys (Videoseminaar, 19 Mei 2001, Sinodesaal)

‘n Stampvol sinodesaal op 19 Mei het getuig dat ouers begin besef dat die gevaar van godsdiensvermenging in skole ‘n werklikheid is. Die videomateriaal wat deur Sarel van der Merwe aangebied is, demonstreer hoe ver daar reeds gevorder is met die implimentering van intergeloofsdoelwitte in die klaskamer en in handboeke. Dr Irmhild Horn van Unisa het nugter en reguit die boodskap by ouers tuisgebring dat hulle ‘n verantwoordelikheid voor God het om nou daadwerklik te besin oor hulle kinders se onderwys. Sy het ook aangetoon op watter manier die Intergeloofpropaganda tans die geloof- en godsdiensoortuigings van kinders beïnvloed.

‘n Video-opname (R100) en ‘n seminaarpublikasie (R45) kan bestel word.

Navrae: Ina Opperman <A>; <A> of by hierdie e-posadres.

Kom geniet ‘n aand met die Ma van Worsie Visser! Komiese vertellings en staaltjies word weergegee.  Volkies se Musiekskool bied die aand aan om hulle fondse te verstewig. 

“n Ete van vetkoek en maalvleis plus koffie is ingesluit by die kaartjies wat R30.00 elk kos .  Kaartjies vir die Vrydagaand van 20 Julie, 2001 is ongelukkig vol bespreek  maar daar is nog kaartjies beskikbaar vir die Saterdagaand van die 21ste Julie, 2001.

Kontakpersoon: Hannes Gerber (Musiek onderwyser).

Geagte kollega

Vind hierby aangeheg ‘n pryslys vir droëvrugte, neute (rou en ander), sade en verglansde vrugte (vanaf Nelspruit) wat ten bate van ES le Grangeskool verkoop word.

Indien u belangstel kan u my by uitbreiding <A> skakel vir bestellngs, of die bestelvorm voltooi en na bussie 448 stuur.  [Maak asseblief ‘n kruisie oor die bedrag regoor die produk waarin u belangstel.]

Die uitvoerbaarheid van die bestelling hang ook af van die beskikbaarheid van items.

Bestel asseblief voor of op 18 Junie 2001.

Aflewering vind D.V. op 22 Junie 2001 plaas.

Vriendelike groete

Augusta Cloete

SHEKINAH  is ons wapen…

SHEKINAH is ‘n wonderlike ryk, nie-olierige room wat van die Jojoba-neut  vervaardig word.  Dit bevat natuurlike vitamien E, teeboom-olie, SBF 4 en dring die vel binne soos geen ander middel nie.   SHEKINAH handhaaf/herstel die vel se natuurlike pH-balans en is daarom ideaal vir die gebruik teen droë veltoestande.  SHEKINAH is nie op diere getoets nie en is anti-allergenies, is 100 % natuurlik, bevat geen reuk-, geur- en/of preserveermiddels nie en het  ‘n buitengewone lang raklewe

SHEKINAH kan vir onder meer die volgende aangewend word:

* vermindering en voorkoming van plooie deurdat dit die vel voed met onder meer Vitamien E en so die elastisiteit daarvan verhoog en nuwe selvorming stimuleer;

* verligting van sonbrandsimptome en voorkoming van afdop van die vel in ligte grade van sonbrand;

* velkanker groeisels verdwyn na gereelde aanwending en voorkom die vormning van nuwe kankeragtige selle;

* behandeling van aknee;

* gesigvlekke verdwyn mettertyd en nuwe “normale” selle vorm;

* barse in hakke, vingers asook naelvliese verdwyn heeltemal na gereelde aanwending;

* die teeboom-olie dien as anti-septiese middel vir voorkoming en behandeling van swartkoppies;

* eksterne aanwending van Jojoba olie bring verligting van aambeie;

* groot verligting vir skilferlyers na die kopvel met die room masseer is;

Die geheim van Jojoba-olie lê daarin dat dit die vel penetreer soos geen ander olie/room nie en stimuleer nuwe selvorming. 

Die suiwer Jojoba-olie is R50 per houer.

Jojoba- en teeboom-olie mengsel is beskikbaar teen R60 per houer.

L.W.:

AS GEVOLG VAN DIE RYKHEID EN SMEERBAARHEID VAN DIE ROOM, GEBRUIK ‘n MENS MAKLIK TOT 3 MAANDE AAN EEN HOUERTJIE EN IS DIT DAAROM ‘n GROOT WINSKOPIE!!

Bestellings vir dié wonder-room kan beplaas word by Ronel Vorster, <A> of e-pos

Al gehoor van die ongelukkige situasie waar die man  hul huweliksherdenking vergeet het?  Gewoonlik herinner die vrou ook nie eintlik die man nie, want sy wil graag hê hy moet dit self onthou.  Dan is hy natuurlik agterna in die moeilikheid!!

Phillip is baie bekend vir sy oorspronklike ruikers.  Dink dis ‘n goeie idee om jou besonderhede aan te stuur en ‘n week of wat voor jou herdenking, sal hy jou man skakel en oor ietsie ouliks in die regte prysklas besluit en dit word afgelewer op die spesiale dag.

As jy  sou belangstel, stuur jou man se telefoonnommer en die spesiale datum wat jy graag sou wou hê hy moet onthou aan my per e-pos en ek sal dit aan die blomme-man verskaf.

<A>

Is dit nou ‘n gawe idee of wat?

Help om u kind se toekoms te skep deur middel van ‘n breinprofiel ontleding. 

Hierdie program is ontwikkel deur Roger Sperry et al. 1983 (Nobel pryswenners)  en Paul Torrance et al. 1989   (breinkwadrant – ontwikkeling) om brein voorkeurprosesse te probeer bepaal.  Verskillende voorkeurprosesse is geïdentifiseer in die breinkwadrante en interpretasie van hierdie voorkeurprosesse is van groot waarde in onder andere belangrike keuses, terapie en aanstelling van nuwe werknemers . 

Sien aangehegte dokument !

Kreatiewe groete

E-POS KOMMUNIKASIE MET DIE TEOLOGIESE SKOOL/

FAKULTEIT TEOLOGIE

 Dit is “lankal” nie meer iets nuuts om deur middel van E-pos te kommunikeer nie.

Wat nuut is, is dat ons van die kant van die Teologiese Skool en die Fakulteit Teologie besluit het om deur middel van E-pos met die kerke sowel as individue wat hiermee bereik kan word gereeld te gesels.

Van ons kant wil ons graag met soveel as moontlik van die kerke en individue kontak maak en graag met almal wat belang het of belang stel in die werk van die Teologiese Skool en die Fakulteit Teologie kommunikeer.

Ons wil u gereeld (moontlik weekliks) voorsien van inligting, kommentaar, standpunte en van alles wat  moontlik kan meehelp om op ‘n dinamiese en aktuele manier werklik voluit kerk van Jesus Christus te wees. Dit is deel van ons diens as professore!

Ons glo dat God in hierdie tegnologie ‘n wonderlike middel gegee het wat ons tot groot seën van ons kerke kan aanwend. Ons is sonder twyfel daarvan oortuig dat ons hiermee ‘n nuwe era van hartlike samewerking en kommunikasie ingaan.

Ons versoek u ook vriendelik om indien u sou belangstel om ons weeklikse nuusbrief te ontvang,  u ons van ‘n e-pos adres  sal voorsien sodat ons die nuus en standpunte aan u kan stuur.

Prof Dries du Plooy

Dekaan

Fakulteit Teologie

U kan ‘n e-pos adres stuur aan Esmé Brazer by die volgende adres: <A>

1.  Tweesitplekbank, twee groot stoele (imbuiahout, los kussings, tans oorgetrek met groen dralon), plus twee kleiner stoele met gestoffeerde sitplekke – deel van die stel.

2,  Sitkamerstoel, imbuia, hoë gestoffeerde rugleuning, een los kussing, tans oorgetrek met turkoois materiaal

3. Gemakstoel, twee los kussings, tans oorgetrek met donderblou kunsleer.

4.  Draadtuinstel (ronde tafel en twee stoele

5.  Elektriese haarkrulstel

Skakel – <A>

Middeljarige dame soek dringend enige opsigterswerk  by bv. Ouetehuis, Gastehuis, Woonstelle, Koshuise, huise ens.

verkieslik met inwoning.

Geen afhanklikes.

Baie betroubaar, is self gemotiveerd en besit oor goeie organisasievermoë.

Of weet iemand dalk van enige werk wat ‘n op en wakker 53- jarige dame kan doen.

Skakel <A>

Susan Pienaar

Aan alle sekretaresses van die PU vir CHO

Ek het onlangs aangesluit by die PSA – “The Association for Secretaries and Office Professionals”.   Ek glo dat ons baat kan vind by die opleidingsgeleenthede.  Baie belangrik vir my is die feit dat sekretaresses op hoogte gehou word  met nuwe verwikkelinge in ons beroep.  Hulle opleidingsgeleenthede is baie leersaam en ek vind regtig baat daarby.  Deel van hulle vorige kursus was ‘n motiverende toespraak van Ken Annadale (wat ons almal behoorlik opgewonde gehad het) en ook ‘n sielkundige wat in streshantering spesialiseer.  Min mense besef aan watter druk en spanning ons blootgestel word.  Dit was ongelooflik motiverend.

PSA het aangedui dat, sodra hulle 15 lede in ‘n dorp het, hulle ‘n kantoor daar open.  Die naaste kantoor is op die oomblik in Mmbatho.  Kom ons help mekaar dus om op die voorgrond van ons beroep te bly.  U sal nie spyt wees nie.

Ek heg vir

Geagte Taalvriende

Leopold Scholtz het interessant oor taal in Die Burger geskryf. Ek plaas die volgende nie omdat ek dink u weet dit nie, maar omdat dit vir my ‘n netjiese opsomming is:

In die literatuur oor die saak word gewoonlik vyf vlakke van taalgebruik onderskei. Om te onderskei, moet ‘n taal liefs op al vyf vlakke ‘n funksie hê, al sou hy dalk die verlies van een funksie kon oorleef.

1.’n Taal moet tuis gepraat word.

2.’n Taal moet ‘n literêre en letterkundige funksie hê. Dit moet skriftelik wees, met ander woorde, daar moet koerante, tydskrifte en boeke in die taal gepubliseer word; tans word die elektroniese media hierby ingesluit.

3.’n Taal moet wetenskaplike en akademiese funksies hê. Dit moet as onderrigmedium op skool, kollege en universiteit gebruik kan word.

4.’n Taal moet ekonomiese nut hê, anders verdwyn ‘n belangrike aansporing om dit aan te leer of in stand te hou.

5.’n Taal sal moeilik oorleef sonder dat dit ‘n owerheidstaal is. Die burgers moet vryelik in hul eie taal met die owerheid kan kommunikeer.

Gemeet hieraan, wat is die stand van Afrikaans?

Vriendelike groete

Helena Liebenberg

Projek- en Inligtingskoördineerder

<S>

<S>

<S>

<S>

<S>Manifes en Afskeid

Koos A. Kombuis skryf:

Apologie, apologie. Ek is bitter spyt dat ek ooit my kop in hierdie virtuele bynes gesteek het. En sal regtig moet leer om in die toekoms my alternatiewe humeur te beteuel! Soos die ander dag toe ek ‘n woede-aanval gekry het in Telkom se kantore, was hierdie hele getwis nie tot stigting van enigiemand nie. As enigiets gebeur het, het die peil van die debat in julle Ritsbriewe gedaal. Ek sal voortaan my bepaal tot die meer kleurryke gesprekke op LitNet, en sommer julle Taalkoerant ook daar lees; dit bevat ten minste lekker praktiese wenke oor minder obskure sake.

Maar ‘n gestry oor die SPELLING van Standaardafrikaans? Oor die uitspraak van Buie en Bye? Ek sê weer: Ohne Mich! En hierdie keer sonder agressie, vir die laaste keer, en met die grootste moontlike respek – julle is almal immers geregtig op julle opinies.

Aangesien hierdie Taaldebat dan nou so ‘n geweldige probleem geword het vir so baie mense, ‘n veel groter probleem as wat dit behoort te wees – persoonlik sou ek sê daar is veel belangriker sake om oor jags te raak – sal ek, ter afskeid, kortliks my laaste gedagtes hieroor probeer saamvat in ‘n nutshell, sorry, ‘n neutedop. Aangesien ek ‘n voorstander is van die toilet-afrikaans wat die meeste van julle briefskrywers, indien nie minderwaardig nie, dan wel as Anders of Apart beskou, wil ek probeer om my gedagtes saam te vat in ‘n soort toilet-manifes (dit is natuurlik ‘n kontradiksie op sigself, want my soort afrikaans hou juis nie van manifeste nie). Ek dink wel dat diegene wat kleinafrikaans verkies bo die standaardgetjorrel hiermee sal saamstem, hoewel hulle op die oog af in die minderheid skyn te wees juis omdat hulle minder genoop voel tot die uitpers van lang, rammelende briewe.

MANIFES VAN KLEIN-AFRIKAANS

Oftewel toilet-afrikaans, kombuis-afrikaans, whatever.

Punt Een: Ons aanvaar die bestaan van standaardafrikaans as ‘n veranderende en groeiende virtuele taal, nie ‘n taal wat werklik bestaan nie, maar ‘n gemiddelde van al die dominante neigings in Afrikaans as geheel. Ter wille van duidelikheid, en om mense by te staan wat Afrikaans vir die eerste keer wil aanleer, is dit tog nuttig dat daar Woordeboeke moet wees, en Taalreëls, en gemiddeld aanvaarbare spellings wat van tyd tot aangepas word soos situasies verander.

Punt Twee: As ons die bestaan van so ‘n gemiddelde taal aanvaar, sou ons logies inkonsekwent wees as ons Engels as ‘n praktiese kommunikasiemedium verwerp, want Engels vervul dieselfde gaping, en dien presies dieselfde doel.

Punt Drie: Wanneer ek as Afrikaner of afrikaanssprekende weier om Engels as medium te gebruik op die markplein, juis in gesprek met mense wat my taal nie verstaan nie, is ek nie besig om my taal te beskerm nie; ek is besig om onbeskof te wees. Ek sal nie aandring op diens in afrikaans of Afrikaans voordat ek nie self al elf tale magtig is nie.

Punt Vier: Dit is gevaarlik om te praat van ‘n sogenaamde Taalstryd of ‘n Taaloorlog in ‘n land wat sopas ‘n burgeroorlog net-net vrygespring het (en waar so-iets, as ons Pik Botha moet glo, steeds dreig). Dit is in swak smaak om befoeterd te raak oor jou sogenaamde taalregte in ‘n land waar daar soveel veel meer ernstige probleme is om aan te spreek. Dit is idioties om te wil betoog vir sogenaamde Taalregte terwyl daar soveel mense honger ly, soveel kinders aan AIDS sterf, soveel boergesinne op plase uitgemoor word, en soveel buitelandse beleggers afgeskrik word deur juis hierdie soort binnensmondse getjorrel en gemompel onder mekaar waaraan Afrikaanse denkers, kwasi-filosowe en bedremmelde akademici hulle deesdae skuldig maak.

Punt Vyf: Ons besef dat ons nie hier namens alle Afrikaners praat nie, maar dit is belangrik dat julle as Afrikaanssprekendes moet verstaan dat ons, as beoefenaars van klein-afrikaans, ons taal op ander maniere handhaaf as julle. Julle het gevra dat ons ons takkie afsaag en die steggie uitplant – goed dan! Die tuin is groot genoeg vir twee of meer bome. Daar’s plek vir ‘n hele f…. Bos! Die voordeel van ons klein taaltjie, ons groepie dialekte, is dat hy nie vertroetel hoef te word nie. Hy is jonk, maar sterk genoeg om self te groei. En Groei sal hy… op elke straathoek, in elke gleufie, in vele TV-programme (soos die Casper Rasper show), agter elke vullisblik, langs alle kombuistrappies, en selfs tussen die krakies van die lughawe-tarmak waaroor Boeings daagliks opstyg om nog blanke joiners en vlugtelinge al bibberend en mompelend na die buiteland te karwei.

Weereens, dus: Ohne Mich.

En onthou: onkruid vergaan nie.

Liefdegroete

Koos

<A>

<S>

Helena C. Liebenberg skryf:

Soos die eerste keer toe jy apologie aangeteken het, sê ek nou weer dat dit nie nodig is om apologeties te wees nie. As jy spyt is dat jy figuurlik, kop eerste, in hierdie bynes beland het, is dit jammer; want Johan Schutte se heuningbrief en jou kleurvolle reaksie daarop het vir een van die opwindendste fases in die ritsbrief se kort geskiedenis gesorg. Om die waarheid te sê, die stof het nou nog nie gaan lê nie. Die Volksblad het meer as ‘n hele halfblad afgestaan aan hierdie uiteenlopende standpunte en ook beskouings uit vorige ritsbriewe, en hier kom steeds e-posse aan wat in een of ander opsig hierna verwys.

Jou afbakening van Klein-Afrikaans laat my toe dink aan die Klein-Karoo wat saam met die Groot-Karoo die hele, uitgestrekte, dorre maar vrye Karoo-landskap uitmaak. En oral word Afrikaans gepraat. Binne die hele Karoo, en daarbuite; oor die lengte en breedte van ons landsgebied, en daarbuite — aangrensend, in Afrika; oor die oseane, kol-kol op ander vastelande; maar altyd steeds Afrikaans.

Wat jou manifes betref:

(Opmerking: wanneer ‘n mens toilettaal in die openbaar gebruik, kan jy mos nie dank vir stank verwag nie.)

Punt Een:

Ja, soos jy daar sê: ons aanvaar die bestaan van ‘standaardafrikaans’ en daarom praat ons dit. Vir my en andere is dit egter ‘n taal wat werklik bestaan — dit is nie ‘n spooktaal nie, al is dit ‘n hele gespook om dié feit sommige aan die verstand te bring. Maar ook ‘standaardafrikaans’ lewe en bruis en kry elke dag met nuwe sake en nuwe eise te doen, en moet aanpasbaar en buigsaam wees, maar nie slaafs die knie buig en buig en buig nie.  

Punt Twee:

Engels as taal is ‘n praktiese kommunikasiemedium, maar om jou eie taal, Afrikaans of watter taal ook al, met Engelse woorde te deurspek wanneer daar genoeg eie materiaal is om te gebruik, is onnodig.

Punt Drie:

Woede laat geen kommunikasie vlot nie — dit het jy mos weer die ander dag in Telkom se kantore besef. Onredelike aandrang op die gebruik van Afrikaans wanneer ‘n mens besef dat die een met wie jy graag wil kommunikeer die taal nie magtig is nie, is inderdaad onbeskof. En al sou jy nie die ander een se taal ken nie, kan jy as jy wil selfs net met ‘n glimlag suksesvol kommunikeer. Maar as ‘n mens voor jou siel weet of agterkom dat die een met wie jy graag wil kommunikeer weens minagting vir jou taal of in opdrag weier om dit te praat, veral wanneer jy die kliënt of klant is, sal die lankmoedigste onder ons kwalik onverstoord kan bly.

Punt Vier:

Die woord Taaloorlog het ek self nog nie gebruik nie, maar dat ons in ‘n taalstryd gewikkel is, is gewis voelbaar vir diegene wat daaraan deelneem en in die spervuur staan. Tereg skryf jy aan die begin van jou brief: “Julle is almal immers geregtig op julle opinies”. Laat diegene wat hul taalregte wil beskerm, dit dus met oorgawe doen. As jy nie deel daarvan is of wil wees nie, is dit mos jou goeie reg.

Watter buitelandse sakeman wat winsgerigte besluite neem, sal hom enigsins deur iets so onbenullig soos ‘n binnensmondse getjorrel en gemompel laat afskrik? Dit sal nie eers sy ore (kan) bereik nie. Presies soos jy dit opnoem, is hongersnood, VIGS, plaasmoorde en nog vele meer op daardie skaal, byvoorbeeld korrupsie, geweld en wetteloosheid en alles aanleidend hiertoe en voortspruitend hieruit, die eintlike redes vir swak beleggings vanuit die buiteland.

Punt Vyf:

Ons besef ook dat ons nie namens alle Afrikaners praat nie, en dat ander ons taal op ander maniere handhaaf. Ek hou weer stil in die Karoo, en sien plate en plate karoobossies — voorwaar jou en joune se Afrikaans, en my en myne se Afrikaans, een aanmekaar Bos.

Selfs dié wat in Boeings klim, neem koffers vol Afrikaans saam.

Ja, ek weet onkruid vergaan nie; kanniedoods ook nie.

Tot my spyt dan word Ohne Mich nou Ohne dich.

Vriendelike groete

Helena

<_______________________>

<S

<S>

<S>

<S>

Hierdie boodskap het omtrent 10x verskyn. Wat presies makeer, weet ek nie, maar ek stuur hom weer. En, dit het my die geleentheid gebied om te sê dat dit in die brief lyk of ek dit teen jou het. Maar weet dat dit net effens waar is. Ek vind naamlik wel dat jy die sosio-historiese onjuisthede wat ouens soos Gerhard en Koos verkondig, aan die kaak moet stel.

My brief is maar net so ‘n propagering van eie siening as die van die ander wat ek daaroor verwyt! Maar nou weet jy dit. Met waardering vir jou groot werk, en hopende dat my aandele by jou darem nie heeltemal krisisineenstorting sal beleef nie.

En met nog groete. Paul. Hier volg die riskante epistel dan in twee of drie aflewerings.

<E>

<S>

<S>

<S>

<S> Uitpak teenoor Helena oor Koos en Gerrit en kie.

Beste Helena,

Dis nou die hoeveelste keer wat ek hierdie brief oorskryf. Die een maal lyk hy my te kras gestel en vee ek hom uit en dan is hy vir my weer te flou en skryf ek hom weer en so aan tot hy nou maar moet bly soos hy is want die oorweeg wat om neer te skryf vat ‘n ewigheid in vergelyking tot die tik daarvan. Nou dan, op hoop van seën:

Waar ek in ‘n vorige brief met waardering van Gerrit Brand se besadigde houding oor taalsuiwerheid geskryf het, wek die lees van sy brief in die Ritsbrief 9 plek-plek regtig wrewel op.

Jy stel dit duidelik dat die briewe wat ons lees ‘n tweegesprek tussen jou en die skrywer is. Omdat die onderwerp van die briewe by voorbaat as taalsaaklik gespesifiseer is, verwag jy seker dat maar net sydelings toespelings op politieke en patriotiese aspekte gemaak mag word. En verder dat jou selektiewe ter insae plasing van briewe jou reaksies is soos ook jou antwoorde en antwoorde jou opinies is. Nou, waarom reageer jy so op die vlakte op die twak wat soms aan jou geskryf word? Al neem jy ‘n brief in die ritsbrief op sodat ander die standpunt ook verneem, wou ek graag hê dat jy in jou antwoord aan hom duidelik sal aandui waar dit op aankom. Jou repliek op Leon van den Berg se teregwysing oor Standaardafrikaans was vir my verheugend, nie omdat ek Standaard-Afrikaans nes jy spel nie, maar omdat jy duidelik jou mening laat blyk het. Net jammer dat dit ‘n waardevolle taalstryder soos Leon is wat jy spits van repliek bedien het, en nie taalsaboteurs soos wat Enver, Koos (en nou ook Gerrit) in my oë is, nie.

Gerrit het mos aan jou geskryf oor sy hekel aan taalchauvinisme en elitisme. Nou toe nou! Waarvan praat hy tog? Laat hom asseblief ‘n paar voorbeelde daarvan gee! Gerrit het só ‘n gly gevang aan taalpuriste dat hy glad oorweeg het om ‘n Assosiasie vir Promosie van Anglisismes op te rig! Ek lei af : a. Aan die soort Afrikaans wat ek besig het hy ‘n hekel, en… b. die Engelse ondertoon van ons Afrikaanse kultuur sou dan nou al so Engels wees dat dit daarsonder nie sou wees wat dit is nie. Hoewel sy uiting natuurlik oordrywings vir die effek daarvan, is dit beslis so dat daar swak plekke in is, swak plekke, slegs baie selde verrykings, as gevolg van Engels se invloed daarop.

Gerrit, in netjieser taal as Koos, gee ook blyk van ‘n bittere vyandigheid jeens suiwer-taal liefde (doelbewus só gespel) , maar sy op die oog af besadigde beredeneerder (komende van ‘n akademikus, en dus vir die minder ingeligte oortuigender) betoog is funester vir ons taal as Koos en Enver se gepraat. Die skrywers wat hulle anti-taalpurisme luidkeels of soms meer subtiel in hulle briewe uitbasuin, neem geen doekie voor die mond as hulle hulle gal wil uitstort oor die taal wat in die alledaagse gebruik in amptelike dokumente en in die media (behoudens onbeduidende verskille oor die korrektheid van enkele woorde en idiome) feitelik wel Standaard-Afrikaans is nie. En dis alles onnagevorsde en ongetoetste bewerings, in my oë wetenskaplik ongegrond. En laat my nie sommer geseg dat ek ‘n onkundige leek is nie want hierdie sake bestudeer ek al my lewe lank (en dit ís lank) en ek maak my sterk dat ek die tale wat hierby betrokke is net so goed ken en gebruik as Gerrit, Koos en Enver. Apologeties: My proefskrif het ek byvoorbeeld in Nederlands geskryf en in 1963 in Amsterdam verdedig en daarvoor lof ingeoes in die Nederlandse pers. Dáárom voel ek my ook daartoe geregtig aan my hieroor ‘n mening aan te matig en aan jou bekend te maak.

Die meeste van jou korrespondente gebruik die briefwisseling met jou as ‘n geleentheid om hulle siening van die taalsake wyer te versprei as net tot by jou. Sekerlik is ek ook skuldig hieraan. Daar word breeduit gegorrel oor waarin Afrikaans se krag lê en hoe hy moet lyk. Met die dat ons briewe juis aan jou is, mag ons seker maar skinder ook? Wel, ek fluister aan jou dat Gerrit Brand myns insiens daar in Nederland aangetas is deur sy omgewing, onder andere die teologiese een waar hy sit, waar losbreek uit die tradisionele tot tradisie geword het. Tensy ek dit mis het en dat sy mening soos vigs eers jare na die aansteek te voorskyn kom. Waarom sou hy wat van beter weet met die onjuiste bewering kom dat Afrikaans nie ‘n afleiding van Nederlands is nie? As dit waar is, dan was die taal wat Van Riebeeck-hulle gepraat het ook nie Nederlands nie en is Nederlands van vandag ook nie van Nederlands afgelei nie. Ag nee, wat, Gerrit meen tog seker nie dat jy dit nie raaksien of weet nie?

Die neerhalende onbewese taalsosiologiese stellings wat so vlot uitspreek word, is klaarblyklik nie gerig op die behoud van ‘n ABA (Algemeen Beskaafde Afrikaans) vir toekomstige geslag nie. Nie een van die antipuriste is besig om die prosa en digkuns waartoe ook die Standaard-Afrikaans in staat is, hul eie te maak nie. Afrikaans moet dan as enigste beskaafde taal op aarde slordig en ongestruktureerd voortbaster terwyl die massas hom vrolik gebruikend tot verdwyning transformeer!!

Dis ons wat die standaardtaal lief het, wat bereid is om vir ons taal op te offer en vir sy behoud te stry. Die saboteurs se bydrae bestaan daarin dat hulle met kapitale onjuistheid sê, laat maar loop, dis tog ‘n bastertaal. Ek beveel aan dat jy die kletsikaners aanraai om weer dr. J.C. Steyn se uitstekende verhandeling “Tuiste in Eie Taal” te lees. Hy en ons “puriste” ook, het groot waardering vir die egte dialekte…. egte dialekte, nie sommer swak taal wat vol Engels en anglisismes sit omdat die gebruiker te beroerd of onkundig is om die bestaande Afrikaanse woord te gebruik nie. Inderdaad word diep dinge soms in die streektale, ook die wat vol Engelse woorde sit, gesê en selfs ware digkuns daarin gelewer, maar dit doen niks af aan die waarde van die standaardtaal nie.

Hoe minder Afrikaans die Afrikaans aan die word is, hoe meer sal juis die gebruikers van daardie soort Afrikaans hulle van Afrikaans afwend en Engels as hulle taal aanvaar. Hier herinner ek aan die mooi brief van Peter Louw teen gedeeltes waarvan Gerrit dit ook het. En as Afrikaans as standaardtaal sou verdwyn, wat noem ons al die dialekte? Hulle is dan met hulle dik Engelse komponente, in wese dialekte van Engels! En sal nes enige kreools van Engelse kant net so uit die hoogte bejeën word soos wat hulle Afrikaans neusoptrekkend “kitchen dutch” genoem het. En moenie vergeet dat “dirty Dutch” ‘n geliefkoosde Engelse uitdrukking was (is?) nie.

Regtig, Helena, ek sal my siel geweld aandoen, en dit sal reine huigelary wees as ek nou sou toegee aan die eise om nou soos ‘n ongeletterde te probeer praat en skryf, chauvinisme of te nie.

Waarmee ek maar wil sê, Helena, dat ek graag sou sien dat (of is dit óf) jy teenoor sulke in my oë verkeerde argumente, te velde sal trek soos teen Leon se nadruk op die AWS se spelwyse. Vergewe my asseblief as ek jou hiermee te na kom. Dit is nie wat ek wil doen nie. Ek het dit nie teen jou nie, maar teen die taalrysmiere.

Nogtans met groot waardering vir die standpunte wat jy wel stel, en met hartlike groete,

Paul Eloff

NS. Ek vra my nou af of jy ook van ander ouens sulke wiel binne in ‘n wiel briewe kry? Laaste groet vir hierdie keer.  ‘k Belowe.

<S>

Beste Paul

Ek reageer so met die paragrawe langs op jou boodskap:

Baie dankie vir jou vervolgverhaal waarvan ek die drie aflewerings aaneengehaak het. Julle, die briefskrywers, wat bereid is soveel tyd te spandeer aan sinvolle gedagtes oor Afrikaans, verdien ritse dankies van ons, die lesers en genieters daarvan.

Ek terg as ek sê ek is amper seker dat bostaande brief tien keer teruggebons is net sodat jy die geleentheid kon kry om te sê dat hoewel dit lyk of ek gepak word, dit darem net effens waar is!

Die naam Taalsekretariaat impliseer dat taal tersaaklik is, en as werknemer hou ek my hierby. Dat politieke en patriotiese aspekte ten nouste by taal aansluit, ontken ek nie, maar hierdie sake het wel hul eie e-adresse en forums.

Aan die gesonde oordeel en algemene kennis van die honderde taalbelanghebbendes en -belangstellendes op ons e-lys twyfel ek hoegenaamd nie; daarom weet ek dat net soos jy, hulle ook die sosio-historiese en ander taalkaf van die taalkoring skei.

Waar iemand my egter in persoon aanspreek, het ek geen keuse nie as om hom, of haar, ook so aan te spreek. En wie weet, dalk is daar in die volgende AWS ‘n alternatiewe skryfwyse vir Standaardafrikaans … !

Koos Kombuis onttrek hom met hierdie ritsbrief aan alles ter plaatse, dus bly net Gerrit en Kie. oor om op jou brief te reageer.

Ek herhaal my eie beskouing wat in ritsbrief 6 verskyn het; veel meer hoef ek seker nie te sê nie:

1. “Ek is heel gekant teen mense wat voor die voet (maklik) uit Engels leen omdat hulle te woordlui is om in Afrikaans Afrikaans te dink.”

2. “Die Taal wat self én baie kreatief (moes) voorsien in die behoeftes wat hierdie … land en landskap daaraan gestel het, is inderdaad ‘n vonds van onskatbare waarde. En ja, Afrikaans het wat sy woordeskat betref, van die pragtigste ontlenings uit die inheemse tale, wat ons taal geweldig verryk en dit nog daagliks doen met nuutskeppings en -ontlenings.

Omdat eensgesindheid in getalle tog ‘n deurslaggewende krag [kan] vorm, is dit geweldig teleurstellend dat soveel ‘Afrikaans’-sprekers hulle tans skuldig maak aan die doelbewuste verloëning van hul moedertaal ter wille van veral politieke korrektheid; hulle besef blykbaar nie in watter mate hulle hulself te na kom en verarm nie.”

Met vriendelike groete

Helena

<E>

<S>

<S>

<S>

<S> Ritsbrief 9

Groete Helena,

Ek het verlede week se ritsbrief gemis, maar was dit nou vir my ‘n groot verlies want ek het uitgesien na die denke van die Afrikaner mense. Dit is maar darem nie lekker sonder my weeklikse ritsbrief nie.

Hier is ons besig met ‘n groot ding wat ek aanskou as deel van ons genesing as burgers binne ‘n land wat ons vreemdelinge gemaak het. Dus goed dat ons kan praat oor dit wat ons raak as burgers van die land, want hier is ons taal Afrikaans. Dit is so mooi om te sien hoe verskillende Afrikaners sy mening uitryk om die taal te beskerm en te bedek. Hierdie liefde sal die taal se toekoms verseker want dit sal nie net dekking gee tot een kant nie maar sal kyk na die hele huis.

Dit sal ons baie help om jong Afrikaners bloot te stel aan hierdie soort debat want dit sal onmiddellik hul fokus bring op die waarde van die taal. Verder sal dit help om die waarde van die Afrikaner kind te beskerm want hy moet besef dat hy nie minderwaardig is omdat hy Afrikaans praat nie. Die Afrikaner kind moet kan saam gesels met die ouer mense sodat hy kan inneem dit wat histories belangrik is vir die Afrikaner hierdeur beskerm ons die toekoms rondom die taal en kultuur.

Hoeveel waarde het ons weeklikse gepraat sonder dat ons dit oordra of bloot stel aan ons kinders of die breë publiek. Hier sal die gemeenskap radio na vore toe moet kom want hulle kan dekking gee aan die briewe binne die forum.

Ons sal dan die beperktheid van die ritsbrief oorkom. As ons met mekaar praat oor die Taal is dit goed maar ons met die kinders praat oor die taal is dit vooruitgang.

Lekka

Enver Buys

<A>

<A>

<A>

Ons het nie baie tyd nie, laat ons werk asof die tyd verby is.

<S>

Groete Enver

Nee, jy het nie van die ritsbriewe gemis nie; daar was gelukkig darem nie ‘n 8(b) ook nie! Omdat ek julle nie totaal lam wil maak met al die woorde nie, probeer ek die briewe nou eerder met ‘n tussenpose van ‘n week of twee versprei.

Wat jy sê oor die kinders is baie waar, want by hulle berus die toekoms van Afrikaans inderdaad. Ons, die volwassenes, het egter die voorreg om aan ons kinders oor te dra wat vir ons van waarde en belang is. Eendag doen hulle weer so met hulle kinders. Solank een van daardie waardes die instandhouding van die moedertaal is, is daar reeds baie gewen.

In wat jy wou sê, was jy in hierdie brief suiwer van woord en van sin.

Tot ‘n volgende keer

Helena

<S>

Geagte Eddie

Hartlik dankie vir die baie insiggewende pos wat ek van u ontvang het. Sonder dat u dit besef het, is onderstaande artikel aan presies die regte adres gerig, aangesien die bevordering van Afrikaans en die behoud van ons taal as belangrikste boodskap in en deur die ritsbriewe gedra word.

Ek nooi u om uit te brei op die inhoud van die dokument. U is ook welkom as u meer wil sê oor wat u tydens ons telefoongesprek gemeld het van Afrikaans as tweede taal van die Sothosprekers.

Met vriendelike groete

Helena Liebenberg

<E>

<S>

<S

<S>

<S> Mother Tongue

Helena

Ek kry u e-posadres wat aan my gegee is as moontlike belangstellende in opvoeding.   Ek het ‘n artikel (aangeheg) vir die aandag van Engelssprekendes geskryf, en bring dit onder u aandag.

Regards/Groete

Eddie van Dijk

<A>

<A>

<A>

<E>

<E>

<E>

<E>

<E>

<E>

<E>

Eduard van Dijk

E>

<E>

<E>

<S>

<S>

<S>

<S> navraag uit Wenen

Beste Helena,

Baie dankie vir die inligting. Ek waardeer dit werklik baie. Ek sal nog in dié week vir julle ´n ondersteunende brief opstel en stuur. Die mense hier is baie positief oor Afrikaans en vind alle inligting daaroor baie opwindend.

Ek sal ook graag julle omsendskrywes wou ontvang om so op hoogte te bly met wat alles met Afrikaans aan die gang is.

Aangeheg iets oor die webblad wat ek onlangs gepubliseer het — vir moontlike bekendstelling in julle omsendbriewe, links, ens. indien

moontlik. Sou julle belangstel, kan jy vir my ‘n berig oor julle werksaamhede laat kry vir die webblad (miskien met ‘n paar interessante foto’s). Hier in Europa weet min mense van julle werk en kan mens hulle op dié wyse oriënteer.

Met vriendelike groete,

Rina

EURO-AFRIKAANS

AFRIKAANS IN EUROPA

<A>

Besoek gerus dié nuwe webblad vir bedrywighede rondom Afrikaans in Europa, moontlik gemaak deur die Nederlandiste van die Departement Germanistiek van die Universiteit van Wenen

Die doel van die webblad is:

 om die Afrikaanse taal en letterkunde uit te bou

 akademiese en kulturele wisselwerking tussen Afrikaans in Europa en Afrikaans in Afrika te bevorder

 as inligtingsforum te funksioneer

 ‘n kontaknetwerk op te bou tussen geglobaliseerde belangegroepe

In die blad kan u lees oor Afrikaans in Suid-Afrika en Namibië en hoe Afrikaans in ander dele van die wêreld geglobaliseerd geraak het, Europese universiteite waar Afrikaans ´n rol speel, die buitelandse inisiatiewe van die SBA (Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans/Stiftung für Bildung durch Afrikaans), EWAfrEM en ander akademiese geleenthede in Europa. Daar is studiehulp, stories en ‘n foto-album met onder andere foto’s uit die Afrikaanse argiewe. Euroforum bied ‘n kaleidoskoop van akademiese en algemene artikels. Interessante en nuwe Suid-Afrikaanse boeke (vir volwassenes en kinders) sal algaande belig word met resensies en/of skakels na ander webblaaie waar dit reeds bespreek word. Die dagboek berig van interessante gebeure rondom Suid-Afrika, Suid-Afrikaners en Afrikaans in Europa. U sal  verder interessante adresse vind waarop u kan inskakel. Daar is geleentheid om saam te praat en te help vorm aan die karakter van die blad. U mening en medewerking sal hoog op prys gestel word.

Stuur asseblief u voorstelle en bydraes aan Rina Loader: catharina.e.loader@univie.ac.at

Die moontlikheid bestaan dat ‘n seleksie van artikels wat nog nie elders verskyn het nie, met die verloop van tyd in boekvorm gepubliseer kan word. Dui dus asseblief aan of u bydrae reeds elders gepubliseer is of nie.

<A>

<A>

<S>

Daar is Afrikaners oor die aardbol gesaai na die Tweede Groot Trek. Ons moet saam praat en argumenteer en dig en skryf en onsself laat geld. Wat gebeur as almal se kinders as Australiërs, Kanadese, ens, grootword met geen kennis van of belang in Afrikaans nie — oor ‘n eeu of twee is Afrikaans ‘n universiteitskursus in die Geskiedenis Departement. Ek is seker daar is baie Afrikaners daar buite wat vere voel vir die oorlewing van Afrikaans — al wat ek kan sê, is dat sonder Afrikaans ‘n deel van jou sal doodgaan. Hoe kan ‘n mens NP van Wyk Louw lees of na Valiant Swart luister of vir ‘n goeie vriend ‘n sonsondergang van Tafelberg beskryf sonder om dit in jou beendere te voel? Ek skat ek praat uit die perspektief van iemand wat al die taal en die mense gehaat het en gewens het ek was iemand anders, maar op die ou end altyd daarna terugkeer, want ek kan net sowel my arm probeer afkap.

Ganjamist

<A>

Ek het hierdie stuk op een of ander e-blad gelees en dit so treffend gevind dat ek, teen die gewoonte in om die skrywer se toestemming te vra nou seker oortree deur die stuk te plaas sonder die ja. Ek vra dus verskoning, maar sê terselfdertyd baie dankie, Ganjamist. — Helena

Beste Daan

Inligting wat benodig word is:

1. ‘n volledige lys van foneme in Afrikaans

2. Watter van hierdie foneme het die meeste voorgekom in ‘n groot stuk

foneties getranskribeerde teks (met persentasies)

3. Watter difone het die meeste voorgekom (persentasies)

4. 800 Afrikaanse sinne (nie te kort nie, nie te lank nie, verstaanbaar,

leesbaar bv.  Wilde diere jag liewer in die nag as herder-oor-dag.) in

ortografies en foneties getranskribeerde form (IPA indien moontlik)

5.Die sinne in (4) moet foneties getranskribeer wees.

6.Die sinne in (4) moet al die foneme van Afrikaans bevat, nie noodwendig in

elke sin nie, want dit is onmoontlik, maar erens in die databasis van 800

sinne moet ‘n spesifieke foneem ten minste een keer voorkom

7.Dieselfde geld vir die mees frekwente difone soos in (3) bepaal.  Hulle

moet ook ten minste een keer in die lys van 800 sinne voorkom.

8.Dan het ons ook ‘n lys van 800 woorde nodig waarin al die foneme ten

minste een keer voor kom en ELKE FONEEM ten minste een keer in ‘n BEGIN

posisie en in ‘n EIND posisie voorkom bv. Die r in rooi en die r in onder.

(dis natuurlik as daar ‘n woord bestaan met die spesifieke foneem in ‘n

eindposisie.  

9. Die lys woorde in (8) kan maklik opgespoor word in d.m.v. patana.  Wat ek

nodig het is die foneme soos in (1) in IPA asb.  en as ek die lys sinne het

wat reeds foneties getranskribeer is soos in (4).

Uit die aard van die saak kans ons nie PATANA vir (9) gebruik as ons nie die

grafeem-na-foneem reels het nie.  Jy het gese^ julle is al klaar daarmee.

Kan ons dit dalk al kry om dit in Patana in te bou?

Ek sal vanmiddag probeer bel, maar het nou eers klas.

Mooi bly vir eers

Pippa

Hallo DP

Ek weet dit gaan waarskynlik baie rof met jou veral so met die een voet op

die vliegtuig – geniet die “uitstappie” – en moenie te veel stres oor wat

hier aangaan nie..!

Pippa is soos jy weet op pad na julle toe vir die opleiding – Gerhard neem

skynbaar die verantwoordelikheid – in orde so.

Aan die een kant druk my Bestuurskomitee my oor die kontrakte wat ons moet

sluit – en ek sal dit asb so teen einde Junie wil afhandel.  Ek stuur

intussen vir jou `n effens gewysigde kopie deur (per e-pos) – julle het nog

nie gereageer op my vorige draft nie – sowel as die Addendum wat die

besondere take spesifiseer met teiken – datums.  Ek sal bly wees indien jy

net dringend daarna sal kyk wanneer jy terug is.  Aan die ander kant is ons

alreeds byna twee maande agter die “informele” ooreenkoms wat ons aangegaan

het na julle besoek hier en dit begin nou effens kritiek raak (veral vanuit

die hoek van die moniteerders van DACST wat my dophou deur ons

kwartaalverslae en die vordering met die daarstel van Afrikaanse

leesblaaie).  Miskien moet jy maar vir Gerhard vra om na die beoogde datums

te kyk (ek sal vir Pippa `n stel gee om met hom te bespreek)en na oorleg met

julle asb sekere verbintenisse te gee.

Hoop jy geniet die  reis en alles wat daarmee saamhang…..

Groete

JC

Mag jou gesondheid bevestig word deur jou tandarts, jou

gastro-endokrinoloog, jou uroloog, jou psigiater, jou ginokoloog, jou

oogkundige en jou proktoloog; en mag die fisioterapeut, die chiropraktisyn,

die sielkundige en die verslankingskliniek sê jy hoef nie weer te gaan nie.

Mag jou dokter weet waar om te begin en jou masseuse waar om op te hou.

Mag jou inkomste, jou behuisingsubsidie, jou huis se waarde en jou aandele

styg; en mag jou bloeddruk, gewig, huislening, erfbelasting en cholesterol

daal.

Mag ou vriende jou onthou en die belastinggaarder van jou vergeet.

Mag skakers, motordiewe en verkragters jou miskyk en die

bevorderingskomitee en jou wederhelf jou raaksien.

Mag jou heining te hoog wees vir jou buurt se

Hello Uli,

Eerstens, eks baie baie jammer dat dit my so lank

gevat het om jou to mail.  Ek het jou kers boodskap

gekry en daarvoor se ek dankie.  So nou die eerste

kontak van my af vir veels te lank.

Wel soos jy weet sit ek in die UK en werk en probeer

geld spaar sodat ek kan gaan reis.  Ek sou einde Feb.

Duitsland toe gaan om my penvriend gaan sien maar dit

lyk my iets het aan haar kant nie reg gegaan nie en

nous dit nie meer die plan nie.  (Ek moet haar netnou

bel – sy wil vir my laat weet hoekom…) Maar nou

ja…

Verder bly ek in ‘n dorpie aan die kus genaamd

Worthing.  Ek pak telefoon goed in pakkies tot einde

Feb. en dan hoop ek om werk te kry in ‘n kroeg naby

Birmingham.  Dis in krot wat ek maak.  Verder raak ek

gewoond aan die weer en verlang baie na al my vriende

in ou SA.

Jy’s seker weer besig met al die swot dinge – ek hoop

dit gaan OK.  Hoe is die ou PUK dan ??

Dis maar al nuus wat ek nou het – gee my ‘n pos adress

en ek sal vir jou ;n poskaart stuur.

Moet nou gaan.

Groetnis,

James.

EKSAMENFLATERS:

Waarvoor word beesvelle gebruik?

A: Om die bees binne te hou.

Wat is outobiografie?

A: dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar.

Waarvoor staan t.o.v?

A: tot onder die voete.

Wat is die doel van die kies-en oogtande?

A: Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk

goed doen.

Voltooi die volgende idoom: Hoe meer haas…………

A: Hoe meer haas, hoe groter die haaspastei.

Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?

A: kleinteef.

Wat is die meervoud van kabeljou?

A: kabeljulle

Hi daar

Die eerste kontrak ontwerp is Thabo Molaoa. Hy het reeds laasjaar sy tjek ontvang, maar is aangesê om dit nie te wissel voor die 15’e Januarie nie – en ons moet hom eers bel voordat hy dit kan doen. Al sy besonderhede is ge-attach as ‘n besigheidskaartjie, maak dit net oop en al sy nommers is daar. Maak ASSEBLIEF seker dat ons hom Maandag betaal, indien enigsens moontlik – hy wag nou al sedert Mei laasjaar en dit klink of hy REGTIG die geld nodig het.

Die ander kontrak ontwerper is Pieter Grobler, selfde storie as Thabo, hy wag ook al seder Mei laasjaar vir sy geld. Daar is nognie ‘n tjek vir hom uitgemaak nie, so Billy moet dit asseblief Maandag doen (R 650) indien enigsens moontlik. Hy moet dan geskakel word en gesê word dat hy maar sy tjek kan kom oplaai. Sy kontak inligting is ook hierdonder vervat.

Baie dankie Yolanda!

Die Minister van Gesondheid het pas wette deur die parlement gevoer

waarvolgens iemand tronk toe kan gaan as hy/sy in ‘n openbare plek  rook –

en dit in ‘n land waar 70 moorde per dag plaasvind!!

Met Dr. Nkosazana Zuma se rookwette wat kom, het verskeie mense al gewonder

hoe dit toegepas gaan word.

‘n Spesiale eenheid gaan daarvoor geskep word. En in die lig van die

lewensgevaar wat rook inhou, sal die eenheid bekend staan as die

moord-en-rook-eenheid.  Dit blyk ook dat daar verskillende kategoriee van

die nuwe misdaad gaan bestaan :

· Naas die basiese oortreding van rook, sou iemand wat byvoorbeeld sigare

met ‘n sterk reuk rook, iemand wat ‘n rokende stompie in ‘n asbak laat of

iemand wat sy rook doelbewus in iemand anders se gesig blaas, aangekla kan

word weens rook met verswarende omstandighede.

· Iemand wat Gunston rook, moet hom of haar gereed maak vir ‘n aanklag van

gewapende rook.

Ook die misdadigers sal in verskillende kategoriee val.

· Iemand wat op kantoor agter ‘n potplant probeer wegkruip terwyl hy of sy

‘n dampie slaan, sal bekend staan as ‘n struikroker.

· ‘n Ou wat ‘n sigaret opsteek terwyl hy in die tou staan om geld te trek,

sal gebrandmerk word as bankroker en;

· Enigiemand wat in ‘n bus, ‘n trein of ‘n vliegtuig oortree, moet

voorbereid wees op die etiket van transitoroker.

Ons kan byvoeg: Vir iemand egter wat ‘n Stompie doodmaak, is daar groot

beloning en geen straf nie.

Dr. Wouter Basson, projekoffisier van die weermag se vroeëre chemiese-en-biologiese-oorlogprojek, sal na verwagting volgende maand in die Pretoriase hooggeregshof getuig oor die 46 oorblywende aanklagte teen hom.

Dít kom nadat regter Willie Hartzenberg hom Maandag ontslaan het op 15 aanklagte. Basson het aanvanklik sowat 18 maande gelede tereggestaan op 67 aanklagte van onder meer moord en bedrog. Ses aanklagte is vroeër laat vaar omdat dit buite die landsgrense plaasgevind het.

Basson se regspan het oor die afgelope weke verskeie aansoeke gebring vir sy ontslag op 43 aanklagte van onder meer bedrog, moord en dwelmhandel.

Hartzenberg het nie Maandag redes gegee vir sy beslissing nie, maar gesê hy sal dit tydens die verhoor doen. Basson het buite die hof gesê hy is “redelik tevrede, dankie”. Hy én dr. Torie Pretorius, een van die staatsaanklaers, kon geen verdere kommentaar gee nie omdat die saak voortduur.

Onder die 15 aanklagte wat van die tafel gevee is, hou nege verband met geweldsmisdade, drie met bedrog en nog drie met die besit van of handel in dwelms.

Dít sluit onder meer in ‘n aanklag van poging tot moord in 1989 op eerw. Frank Chikane, voormalige voorsitter van die SA Raad van Kerke en tans direkteur-generaal in die kantoor van pres. Thabo Mbeki. Tydens dié beweerde voorval is ‘n giftige stof glo aan Chikane se klere gesmeer.

Basson het voorts ontslag gekry op die aanklag van sameswering tot moord op mnr. Dullah Omar, minister van vervoer. Die staat het aangevoer daar is glo met Omar se hartmedikasie gepeuter en dat daar glo planne was om ‘n “wit poeier” wat skadelik is vir hartlyers, oor sy kos te gooi.

Die aanklag van poging tot intimidasie nadat ‘n bobbejaanfetus in ‘n boom voor aartsbiskop Desmond Tutu se huis gehang is, staan steeds teen Basson.

Ander aanklagte wat laat vaar is, is dié oor aanstigting tot moord op die vyf Renamo-lede wat glo verantwoordelik was vir die sluipmoord op mnr. Orlando Christina, voormalige sekretaris-generaal van Renamo. Basson staan ook nie meer tereg dat hy glo dié vyf Renamo-lede aangerand het deur hulle “chemies” te ondervra nie.

Basson word nie meer verdink van sameswering tot moord op mnr. Roland Hunter deur ‘n mambabyt te “simuleer” nie en ook nie meer van die moord op Victor de Fonseca, ‘n lid van die weermag se spesiale magte, nie. Die staat het beweer De Fonseca is giftige tee en lemoensap ingegee.

Die drie bedrogklagte waarop Basson ontslag gekry het, sluit bedrae van sowat R490 000 in en handel onder meer oor reiskoste na Iran.

Basson moet nog kom “verduidelik” oor die miljoene rande wat in die oorblywende 27 bedrogklagte ter sprake is.

Die drie dwelmklagte gaan oor die beweerde besit van ecstacy wat in trommels gevind is en die handel van sowat 100 000 Mandrax-tablette. Basson staan steeds tereg weens drie ander dwelmklagte.

Pres. Thabo Mbeki se staatsbesoek aan Brittanje verlede week was volgens alle aanduidings ‘n sukses – vir Suid-Afrika sowel as Afrika. Die omvang van die sukses hang natuurlik af van wat vorentoe in die praktyk geskied wat betref die wedersydse ondernemings wat gegee en ooreenkomste wat onderteken is.

Tog kan Mbeki daarmee tevrede wees dat sy samesprekings met die pas herkose Britse leier, mnr. Tony Blair, substantiewe ondernemings oor die voormalige koloniale heerser se toekomstige betrokkenheid by Suid-Afrika en die res van die vasteland opgelewer het.

Die Britte het, soos net hulle dit kan doen, behoorlik die rooi tapyt uitgerol vir Mbeki en sy gewigtige afvaardiging van kabinetslede, amptenare en sakelui.

Dit was egter uit die staanspoor duidelik dat die sukses van die besoek nie gemeet sou word aan die gulheid van ontvangs of die luisterrykheid van onthale nie.

Mbeki is hard deur die Britse media en sakelui gepols oor omstrede kwessies soos sy standpunte oor MIV/vigs en Suid-Afrika se benadering van die situasie in Zimbabwe. Hy is ook plek-plek deur betogers wat ongelukkig is oor sy hantering van dié kwessies gekonfronteer. Hy het taamlik ongeskonde uit dié situasies getree.

Mbeki het groot lof ontvang van onder meer die Konfederasie van Britse Nywerhede, wie se direkteur-generaal die Britse sakegemeenskap se volle steun toegesê het aan sy benadering van “stille diplomasie” jeens Zimabwe. Dié positiewe sentimente uit die sakewêreld is onderstreep deur mnr. Niall FitzGerald, invloedryke voorsitter van die globale konglomeraat Unilever, wat onder meer gesê het daar is geen rede vir pessimisme oor Suid-Afrika nie.

Mbeki het ook ‘n groot indruk gemaak op Blair en die Britse politieke establishment. Hy word duidelik beskou as dié Afrikaleier deur wie die internasionale gemeenskap se betrokkenheid by die vasteland gekanaliseer moet word.

Blair het onderneem om saam met Mbeki te werk vir die uitbou van die demokrasie, maatskaplik-ekonomiese opheffing, beleggings en vrede in Afrika. Hy gaan ook sy aansienlike invloed gebruik om te verseker dat Afrika prominent op die radarskerms bly.

Die sukses in Brittanje is ‘n regstreekse gevolg van Suid-Afrika se eie verbintenis tot demokrasie en sinvolle ekonomiese praktyk. Mbeki se rol hierin as staats- én regeringsleier kan nie te gering geskat word nie.

Die besluit deur mnr. Tito Mboweni, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, om die repokoers te verlaag is ‘n berekende kans om Suid-Afrika op die pad van hoër ekonomiese groei te plaas.

Laer rentekoerse het in die verlede tot hoër ekonomiese groei aanleiding gegee. Maar die remme moes gewoonlik so ‘n jaar of wat later weer aangedraai word om te verhinder dat die ekonomie oorverhit.

Mboweni se oogmerk is om, saam met die regering se beleid van fiskale dissipline, hierdie wisselvallige groeipatrone om te swaai na meer volhoubare groei. Daarom dat rentekoerse die afgelope 17 maande stabiel gehou is.

Die Reserwebank kan nie sy eie inflasieteikens haal as binnelandse vraag te skerp toeneem deur ‘n situasie van laer rentekoerse nie.

Die feit dat rentekoerse verlaag word, toon dat Mboweni vertroue het in die Reserwebank se eie vooruitskattings dat inflasie onder beheer is. Sommige ekonome verskil met hom hieroor en sê dat die hoë petrolpryse en swak rand nog wesenlike risiko’s inhou vir groter toekomstige inflasiedruk.

Maar daar is niks waarvan Mboweni meer hou as om die ekonome verkeerd te bewys nie. Daarom dat nie een van die 22 ekonome wat aan Reuters se konsensus-voorspellings deelgeneem het, voorsien het dat hy rentekoerse gaan verlaag nie.

Net die tyd sal leer of Mboweni reg het. Tans sal min ekonome waarskynlik verskil met die uitgangspunt dat die ekonomie ‘n rentekoersverlaging broodnodig het. Hopelik sal dit nie tot te groot kredietverlening en onverantwoordelike verbruikersbesteding lei nie. Daarvan is daar gelukkig nog min tekens.

Mboweni se berekende kans kan dalk net werk.

Bloemfontein. – ‘n Nuwe skok het boere getref deurdat R140 miljoen, wat as kommissie deur die Johannesburgse varsproduktemark vir die mark self gehef is, eenvoudig deur dié metropolitaanse raad opgeslurp is.

Dit is surplusgeld wat net by één mark weg is. Nóg ” ‘n aansienlike klomp geld” kan by die ander markte op dieselfde wyse ingesluk wees omdat dié markte steeds onder die plaaslike regerings val.

Stomgeslane aartappelboere, wat pas R32 miljoen deur die maatskappy Naspal verloor het, het verlede week op Aartappel Suid-Afrika (ASA) se kongres in Bloemfontein gehoor dat dié bedryf alleen sowat R47 miljoen net by die mark in Johannesburg verloor het.

Mnr. Louis de Kock, ‘n boer van Barkly-Wes, het gesê met Naspal het die boere nog voordeel getrek. “Die R140 miljoen is uit ons bedryf uit weg.”

Die metropolitaanse raad het die premier se handtekening gekry omdat ‘n ou wet bepaal dié geld mag slegs vir ander gebruike as die mark ingespan word as die administrateur (of deesdae die premier) se handtekening daarvoor verkry is.

Hy het gesê stokou munisipale regulasies moet deur ‘n handelshandves vervang word. Boere moet weet dat ‘n vennootskap met markte ‘n vennootskap met die staat is. Dit is nie ‘n pad wat lei na sukses nie, maar ‘n doodloopstraat.

Die Johannesburgse mark het boonop R34 miljoen op ‘n nuwe rekenaarstelsel bestee, maar dit is deur die J2K-virus verlam en ná bykans anderhalfjaar nog nie reg nie. Altesame R11 miljoen van dié geld kom uit die boere se sak.

Tenders is al gekry vir verbeterings by die mark en die kontrakteurs wou al begin, maar skielik was daar niks geld hiervoor nie. “Alles kom neer op doeltreffende bestuur. Ons is in ‘n stadige stelsel terwyl ons ‘n vinnige bedryf is.”

Mnr. Johan Kruger van die Instituut vir Markagente (Imsa) het gesê ander partye het geen inspraak in die mark nie en die marksurplus word eenvoudig deur die raad opgeslurp. Sy voorstel is dat ‘n advieskomitee vir markte opgestel word en ‘n onafhanklike regspersoon gevorm word.

Adv. Kammie Strydom, ‘n boer van Vryburg, het gesê die vraag is of die premier terugwerkend sy goedkeuring mag gee. Die kwessie moet by Agri SA aangemeld word.

Mnr. Mike Ludwig van die Johannesburgse mark het gesê talle pogings is aangewend om die R140 miljoen terug te kry, waaronder ‘n mening van ‘n senior advokaat.

Dit is slegs boekinskrywings en dié geld is nie beskikbaar nie. Op ‘n regsgrond is daar nie veel hoop nie, maar dit moet op “die hoogste vlak” geveg word, het hy gesê.

Ek het nou die dag ‘n telefoonoproep gekry van my ou vriend mnr. Morris Banda, wat by ‘n makelaar werk en reken dit is nou tyd om goudaandele te koop.

Hy is ‘n Malawiër wat hom dekades gelede hier in Suid-Afrika gevestig het en hom as ‘n tegniese ontleder – een wat grafieke baie goed lees – voorhou.

Hy het nogal ‘n gevolg onder klein beleggers en sê hy is namens hulle besig om vir ‘n vale goudaandele vir ‘n appel en ei op te raap.

“Waarom sal ek goudaandele koop as die Amerikaners, wat op hope goud sit, nie wil hê die goudprys moet styg nie omdat hulle dit as ‘n teken van stygende inflasie – ‘n onding – beskou?” wou ek weet.

“Hier by ons verwag hulle dat selfs Amerika nie stroom op sal kan swem nie as die vraag na goudaandele regtig op dreef kom,” was sy antwoord.

Ek wou ook weet waarom ek goudaandele sal koop as die produsente gretig is om ‘n hoë prys te kry vir die goud wat hulle nog gaan ontgin en ander mense se goud leen om daarmee die mark te oorstroom.

“Dit is ‘n probleem, maar daardie myne het eintlik ‘n tekort aan goud en as die goudprys regtig begin beweeg, sal hulle moet vinnig speel om hul kortposisies te dek,” was sy antwoord hierop.

Die vraag is ook waarom ‘n mens sal goudaandele koop as die argumente wat deur vooraanstaande goudbulle soos Gold Fields, wat al die jare glad nie goud as verskansing teen dalende pryse vooruit wou verkoop nie, telkemale verkeerd bewys is?

Dit is al te veel kere bewys dat die goudmark nog nooit bestand was teen die vloedgolf van goud wat deur goudgroepe soos American Barrick en Anglo American mark toe gestuur word om hoër pryse te benut nie.

Banda verwag egter steeds dat goud teen dieselfde tyd aanstaande jaar teen $350 per ons gaan verhandel.

Daar is ook die vraag of goudaandele die moeite werd is as myne nie meer op ‘n kontantgrondslag werk nie en geld leen pleks daarvan om by aandeelhouers aan te klop en kapitaal bekom deur nog aandele uit te reik.

Banda sê egter dat Harmony se aandeelprys nie noemenswaardig verswak op grond van die dalende goudprys nie, omdat die effekte wat hy gaan uitreik om kapitaal te bekom, as positief en ‘n baanbrekerspoging beskou word wat binnekort deur ander myne gevolg sal word.

Ek is ook bekommerd oor die feit dat goudaandele se dividendopbrengs te klein is om te verseker dat ek oor die lewe van goudmyne my kapitaaluitleg en rente sal delg.

Maar Banda antwoord hierop dat indien die goudprys styg, die myne genoeg inkomste sal verdien om binne ‘n paar jaar hul dividende aansienlik op te stoot en soos platinummyne spesiale dividende te betaal.

Ek wou ook weet wat met goudaandele gaan gebeur as die goudprys nie reageer soos wat verwag word nie. “Jy sal eers agterna uitvind dat dit nou die regte tyd is om aandele soos dié van AngloGold, Goudvelde en Hamony te koop,” was sy antwoord.

As ‘n mens aanvaar Banda is reg en die goudprys styg wel tot $350, sal dit vir AngloGold beteken dat die waarde van sy jaarlikse produksie van 4,8 miljoen onse goud vanaf $1,3 miljard tot $1,7 miljard sal styg en sy verdienste per aandeel van R16,50 tot R25 sal toeneem.

AngloGold sal dan wel in staat wees om sy dividenduitkering aansienlik te laat styg tot R25, maar die dividendopbrengs sou dan steeds minder as 10% van die huidige aandeelprys van R300 wees.

Banda wys egter daarop dat die prys van AngloGold-aandele in die afgelope week erg van R240 tot R300 geskommel het. “As jy die golf kan raaksien, kan jy groot geld maak,” sê hy.

Myns insiens is die moontlikheid om vinnige winste te maak, die enigste rede waarom goudaandele aantreklik kan wees. As dit van die goudprys gaan afhang, kan die goudafdeling van die JSE Sekuriteitebeurs nog erg wispelteurig voorkom.

Maar beleggers het die afgelope drie jaar reeds ‘n klomp geld met die inligtingstegnologie-borrel en die swak vertoning van kleinkapitalisasie-aandele verloor en min gaan die moed hê om in goudaandele, wat niks anders as ‘n dobbelspel is, te belê nie.

Diegene wat die bulfase in platinum misgeloop het, moet twee keer dink voordat hulle geld in goudaandele belê om verlore geleenthede te vergoed. Los dit uit, dit gaan nie maklik gebeur nie.

Die regering se IT-agentskap (Sita) sal teen die einde van die jaar op al ses silinders loop, terwyl ‘n virtuele private netwerk (VPN) vir die regering wat sowat twaalf bestaande wye areanetwerke (WAN’s) sal saamvoeg, teen Junie aanstaande jaar in bedryf sal wees.

Voorts sal Sita voortgaan om die koopkrag van die regering – die grootste aankoper van IT-programmatuur en -apparatuur in die land – saam te voeg en daardeur besparings te beding, het mnr. Colin van Schalkwyk, hoof van Sita, gesê.

Sita bestuur onder meer die IT-aankope van die regering en hoewel die agentskap aanvanklik rigtingloos gelyk het, het Van Schalkwyk en sy nuwe bestuur sedert die einde van verlede jaar ‘n dramatiese ommekeer in die agentskap meegebring.

Van Schalkwyk sê Sita sal teen November uit drie filiale bestaan waarvan die e-dienste-afdeling die IT-benodighede van die regering sal koop en Sita se kernfunksies sal toepas.

Sita is verantwoordelik daarvoor om die regering se IT-vaardighede op te knap, die IT-aankoopproses te bestuur om te verseker dat die regering se koopkrag doeltreffend aangewend word, tegnologie te gebruik om dienslewering te verhoog en om duur IT-hulpbronne doeltreffend te gebruik.

Die agentskap het in April ‘n ooreenkoms van R468 miljoen met Microsoft gesluit waardeur die regering sowat R300 miljoen oor drie jaar aan lisensiegelde sal bespaar.

Van Schalkwyk sê hy is reeds besig om soortgelyke ooreenkomste met Lotus, IBM, Oracle en Novell te beding.

“Sita voorsien dat hy deur dié kontrakte besparings van sowat R500 miljoen oor ‘n tydperk van drie jaar sal bespaar. Soortgelyke besparings sal spruit uit ooreenkomste wat ons met apparatuurvervaardigers sal sluit.”

Van Schalkwyk het ook gesê Sita sal terselfderdyd na telekommunikasiekoste kyk. Die regering se maandelikse telefoonrekening beloop tussen R60 miljoen en R80 miljoen en Sita sal met telekommunikasiegroepe daaroor beding.

Hy sê die proses om die regering en sy vele departemente deur tegnologie meer vaartbelyn te maak en om dienslewering te verhoog, is vinnig besig om vorm aan te neem.

“Ons mik daarna om teen Junie aanstaande jaar ‘n VPN in bedryf te hê wat twaalf bestaande WAN’s sal konsolideer.

“Op die oomblik kan dié netwerke nie met mekaar gesels nie.

“Dit is baie belangrik dat ons kommunikasie in die regering kan verbeter omdat dít noodsaaklik is om dienslewering te verhoog. Sodra verskillende departemente met mekaar kan kommunikeer, sal dienslewering aan die publiek verbeter.”

Hy sê die eerste prioriteit is om die elektroniese kommunikasie tussen die polisie en die departemente van justisie en korrektiewe dienste te verbeter. “Wanneer ons dít kan regkry, sal dit beslis dienslewering deur dié departemente verbeter.”

Die regering se projek om deur tegnologie diensleweringsvlakke te verhoog, is egter nie tot Sita se inisiatiewe beperk nie.

Verskeie departemente soos die SA Inkomstediens het reeds of is besig om interne prosesse op te gradeer van waar diensleweringsvlakke verhoog sal word.

Van Schalkwyk het gesê daar sal wesenlike aandag aan klein en medium-ondernemings (KMO’s) en geografiese ligging geskenk word wanneer Sita aankope moet doen. “Ons beweeg egter weg daarvan om bloot produkte van KMO’s te koop en probeer om dié KMO’s te gebruik wat diens kan lewer wat waarde toevoeg.”

Een van die grootste veranderings wat Sita aangebring het, is die IT-aankoopsentrum (ITAC), waardeur die tradisionele tenderproses ingrypend verander word. Dié proses konsolideer alle IT-verwante aankope deur die verskillende staatsdepartemente. Sita beding dan terme met die goedgekeurde verskaffers waarna departemente ingevolge die riglyne van die ooreenkoms van die verskaffers koop.

Sita kan dus deur dié stelsel reuse-kortings deur die regering se totale koopkrag bedring. Daar sal net tenders nodig wees vir goedere of dienste wat nie deur bestaande ooreenkomste gedek word nie.

Dié proses verlaag dus nie net die koste vir die regering nie, maar ook die tyd wat dit neem om projekte af te handel.

Harry Belafonte, sanger, rolprentster en aktivis vir menseregte, was verlede week in die land as ambassadeur van Unicef wat veral gemoeid is met kinders met vigs.

Maar dit was met ‘n toespraak oor die kunste in ‘n saal stampvol hoofsaaklik swart kunstenaars by MuseumAfrica, dat hy die gehoor op sy voete gehad het.

Hy het onder meer ‘n aanval op globalisering geloods en hom ook uitgespreek oor die “vyand” wat die kunste manipuleer.

“Kuns en kultuur is die magtigste wapen in die wêreld. Hy wat kuns en kultuur beheer, beheer die wêreld. Dit is geen verrassing dat kuns en kultuur nog altyd aan die snykant van gebeure was wanneer nuwe bewegings tot stand gekom of momentum gekry het nie.”

Maar Belafonte het gewaarsku teen die “vyand” wat kuns en kultuur vir eie gewin gebruik. Soos die kerk

EDINBURGH. – Akademici en sekuriteitskenners het gewaarsku dat bek-en-klouseer en ander dodelike virusse as wapens in toekomstige oorloë gebruik kan word.

Dié waarskuwing het gekom by ‘n konferensie hier waar die bedreigings wat biotegnologiese- en omgewingsveranderings deur meer as 200 afgevaardigdes bespreek sal word.

Mnr. Robert Hall, direkteur van ‘n wêreldforum vir wetstoepassing en nasionale sekuriteit, het gesê bek-en-klouseer kan as ‘n ekonomiese ramp vir baie mense in Brittanje beskou word.

“Dit verg nie veel verbeelding om te sien wat georganiseerde misdaad of ‘n kwaadwillige land met só ‘n biologiese agent sal kan doen indien hy die ekonomiese sekuriteit van ‘n land wil vernietig nie. Die ekonomie is een van die maatstawwe waaraan ons deesdae die stabiliteit van ‘n land kan meet,” het Hall gesê.

Prof. Malcolm Dando, van Bradford-Universitiet, het gesê ander natuurlike virusse word reeds vir ‘n geruime tyd as biologiese wapens beskou.

“Bek-en-klouseer is een van die ooglopende agente wat gebruik kan word om ‘n land se lewende hawe mee aan te val. Dit word sedert die jare veertig in ‘n ernstige lig as ‘n moontlike wapen beskou. Die natuurlike uitbreek van dié siekte onlangs was erg genoeg. Dink net wat die gevolge sal wees indien die virus opsetlik versprei word en hoe moeilik dit onder beheer gebring sal kan word.”

Bek-en-klouseer het in Februarie in Brittanje uitgebreek op meer as 1 760 plekke en het daartoe gelei dat bykans 3,5 miljoen diere van kan gemaak moes word.

BLOEMFONTEIN. – Alfa Romeo se sportiewe nuwe Alfa 147 het pas sy Suid-Afrikaanse debuut gemaak, enkele maande nadat hy as die 2001 Europese Motor van die Jaar aangewys en ook Duitsland se gesogte Goue Stuurwiel-toekenning ingepalm het.

Die nuwe 147 is, in die beste Alfa Romeo-tradisie, ‘n volbloed Alfa met baie meer geronde lyne as die 145 wat dit vervang.

Die nuwe 147 lyk meer na die tradisionele luikrugmotors as sy voorganger wat so ‘n effense stasiewa-voorkoms gehad het.

Twee modelle is aanvanklik bekend gestel, die Alfa 147 1.6 Twin Spark met ‘n vyfgang-handratkas, en die Alfa 147 2.0 Twin Spark Selespeed, met Alfa Romeo se koppelaarlose transmissiestelsel. ‘n Handratweergawe van die 2.0-model sal glo later kom.

Die Alfa 147 sal die Alfa se teenwoordigheid in Suid-Afrika verder versterk met die jongste 156, 166 en die Sportswagon wat reeds hier beskikbaar is.

En dat daar ‘n 1,6-model nou beskikbaar is, sal Alfa in dié hoogsmededingde C-segment van die motormark laat meeding.

Ontwerp deur die direkteur van Centro Stile Alfa Romeo in Arese, Milaan, Andreas Zapatinas, beskik die Alfa 147 oor eiesoortige stilering en karakter, beginnende by die voorkant van die motor waar ‘n prominente Alfa Romeo-sierrooster met die luginlate aan weerskante kombineer om die drieledige Alfa-motief te vorm.

Hierdie bekende eienskap herinner aan klassieke Alfas soos die 6C 2500 Villa d’Este van 1949.

Onmiskenbaar Italiaans

Die kantruite en glansswart B-pilaar skep ‘n algehele voorkoms wat aan ‘n koepee herinner, terwyl die agterruit ‘n V-vorm het, nou ‘n bekende kenmerk van Alfa Romeo-stilering.

Die passasierskajuit van die Alfa 147 is onmiskenbaar Italiaans, met sy geronde lyne en driedimensionele vorms.

Die geboë vorm van die instrumentepaneel pronk met drie ronde meters vir die vernaamste instrumentasie.

Die 1.6 Twin Spark lewer maksimumkrag van 88 kW by 6 200 r/min en maksimum-wringkrag van 146 Nm by 4 200 r/min, om die Alfa 147 met ‘n topsnelheid van 195 km/h te bedeel. Hy versnel binne 10,6 sekondes van 0-100 km/h en draf ‘n kilometer vanuit ‘n stilstaande posisie in 31,8 sekondes kaf.

Die Alfa 147 2.0 se maksimumkrag van 110 kW word by 6 300 r/min bereik, en die piek-wringkrag is 181 Nm by 3 800 r/min. Hy bereik ‘n topsnelheid van 208 km/h en neem 9,3 sekondes om van 0-100 km/h te versnel.

Selespeed-stelsel

Die Selespeed-stelsel beheer die koppelaar-aksie (daar is nie ‘n koppelaarpedaal nie) en skakel ook die ratte oor.

Die “City”-modus word geaktiveer deur ‘n knoppie op die transmissietonnel te druk, waarop Selespeed omskakel na ‘n ontspanne outomatiese transmissie.

Die allerjongste elektroniese hulpmiddels word ingespan om die motor se padgedrag te beheer, insluitende remming- en vastrapstelsels.

‘n Gevorderde ABS-stelsel (sluitweerremme) word aangevul deur elektroniese remkragverspreiding (ERV), wat seker maak dat die remkrag optimaal tussen al vier wiele verdeel word en daar is ook ‘n outomatiese wieltolbeheerstelsel (WTB) keer dat die voorwiele tol.

Die Alfa Selespeed is ook toegerus met DVB (Dinamiese Voertuigbeheer), ‘n stelsel wat voertuigstabiliteit om draaie verseker. Wanneer die bestuurder skielik op ‘n gladde pad afrat, tree die enjinremmingbeheer (ERB) in werking deur die enjintoere effe te verhoog en sodoende te voorkom dat die aandryfwiele weens enjinkompressie sluit.

Luukshede sluit onder meer in ‘n klimaatbeheerstelsel, gesofistikeerde klankstelsels met satellietkontroles, sentrale sluiting, stadig-dowende hoflikheidsligte en kopligte wat steeds momenteel lig verskaf nadat die motor afgeskakel is, elektries beheerde kantruite en truspieëls, en ‘n ritrekenaar.

Die Alfa 147 het ook talle veiligheidskenmerke, insluitende ses lugsakke as standaard: twee voor, twee aan die kante en twee wat van voor na agter aan die bokante van die ruite strek, om in ‘n botsing die koppe van beide die voorste en agterste passasiers te beskerm.

Die 1,6-model kos R138 500 en die 2,0-model kos R159 500.

KAAPSTAD. – Die staat en die verdediging in die Rashaad Staggie-moordsaak het mekaar gister van onderskeidelik intimidasie en ‘n apartheidsvervolgingstyl beskuldig.

Dít kom nadat die beskuldigdes verlede week uit die hof gestorm het toe regter John Foxcroft die verdediging se besware van die hand gewys het toe die staat ‘n kameraman (mnr. B), van wie die verdediging nie vroeër ingelig is nie, wou roep.

Mnre. Abdussalaam Ebrahim, Salie Abader en Moegsien Mohammed (Pagad-leiers) en mnre. Abdurazak Ebrahim en Nadthmie Edries (voormalige leiers) wat teregstaan op aanklagte van openbare geweld en die moord in 1996, meen die verhoor is onregverdig.

Adv. Willie Viljoen, vir die staat, het gesê die beskuldigdes se gedrag was minagting van die hof. Hy het gesê adv. Paul Eia se “misleidende argumente” het die beskuldigdes en mense op die galery beïnvloed en met “bewerings oor onregverdigheid” emosies laat opwel.

Viljoen het gesê mnr. B se getuienis is formeel en noodsaak nie veel voorbereiding nie. Hy het gesê die verdediging moes geweet het die staat sou ‘n kameraman roep.

“Hoeveel vooraf waarskuwing is werklik nodig, indien nie vir die doel van intimidasie van die getuie nie? Almal het geweet die staat se saak berus op media-getuienis. Almal het geweet die media is gedagvaar en dat hulle ernstige besware het.”

Volgens Viljoen is die essensie van die media se besware vrees en dreigemente, wat verband hou met Pagad-bedrywighede.

“Die verdediging het hom blykbaar in ‘n bepaalde rigting voorberei en was verras toe die staat die kameraman roep. Dit beteken daar is staat gemaak op intimidasie van getuies en dat die media nie sou getuig nie.

“Toe hulle besef daar is ‘n gat in die dyk, het die verdediging en die beskuldigdes hul speelgoed uit die wiegie gegooi,” het Viljoen gesê.

Eia het gesê Viljoen se bewerings is “onaanvaarbaar en onbedag. My kliënte beskou die verhoor as onregverdig en bevooroordeeld. Hulle glo Viljoen hanteer die saak soos ‘n terroristeverhoor in die tyd van apartheid, waar hy geregtig is om beskuldigdes in ‘n hinderlaag te lok. Hulle glo die hof het dié gedrag goedgekeur deur nie die verdediging se besware oor mnr. B met groter erns te bejeën nie.”

Bendelid getuig

Die staat se volgende getuie, slegs as mnr. C bekend, is toe geroep.

Mnr. C, ‘n swaar getatoeëerde oud-lid van die Hard Livings-bende, was een van sowat agt mense wat tydens die aanval in Staggie se huis by Londenweg 20 gewoon het. Hy het daar dwelms verkoop en het getuig die daaglikse omset van die smokkelhuis was tussen R80 000 en R100 000.

Mnr. C dien tans tronkstraf uit weens huisbraak.

Hy het getuig hy het die middag voor die skietery baie oproepe en dreigemente gekry van mense wat hom teen ‘n Pagad-optog gewaarsku het.

Volgens mnr. C het “alle soorte mense, Moslems, wit, bruin en studente”, daar dwelms gekoop.

Mnr. C en die ander inwoners het hulle in die huis toegesluit toe hulle die swaar gewapende Pagad-betogers sien aankom. Hy het egter eers sy twee onwettige vuurwapens en dwelms in die veld oorkant die huis gaan versteek, omdat hy vermoed het die polisie sou die perseel deursoek.

Mnr. C het getuig daar is nie uit die huis geskiet soos die verdediging beweer nie.

 Joernaliste het buite die hof betoog ter steun van Die Burger se redakteur, Arrie Rossouw, en ‘n fotograaf, Christo Lötter, wat gedagvaar is om fotomateriaal van die voorval hof toe te bring. Die Burger se argumente teen dié dagvaarding sal later aangehoor word.

 Die nuusagentskappe Reuters en Associated Press het nie geappelleer teen die beslissing van ‘n Londense hof dat hulle oorspronklike bandmateriaal aan die staat moet gee nie. Die agentskappe het egter ‘n hersiening gevra van die regter-president se versoek aan die Britse owerhede om internasionale samewerking aan die staat te verleen. Die hersieningsaansoek word Donderdag aangehoor.

KAAPSTAD. – Hy kan nooit die voorval waarin me. Winnie Madikizela-Mandela in die openbaar deur pres. Thabo Mbeki afgejak is, regverdig nie, maar dit moet in konteks gesien word.

Só het mnr. Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier en minister van binnelandse sake, gister by navraag gesê oor die voorval Saterdag in die Orlando-stadion, wat sedert die naweek wyd opslae gemaak en waaroor Mbeki onder skerp kritiek gekom het.

Buthelezi het langs Mbeki gesit tydens die voorval waarin Mbeki vir Madikizela-Mandela van hom weggestoot en woorde toegesnou het. Buthelezi het die ANC-pet wat in die proses van haar kop gestamp is, opgetel.

“Ons is ‘n nasie in oorgang met twee kulture, naamlik ons eie asook ‘n Westerse kultuur. Dit is daarom ‘n vraag of dit gepas was van Winnie om in die middel van die verrigtinge die staatshoof op dié wyse te nader.

“Daarby is daar ‘n bietjie geskiedenis tussen die twee. Winnie het aantygings van rokjagtery teen die president gemaak, wat erge spanning tussen hulle veroorsaak het. Boonop is dié kwessie nog nie bygelê nie,” het Buthelezi gesê.

Volgens hom is dit nie gepas om volledig op die voorval kommentaar te lewer terwyl die ANC, van wie albei hooggeplaaste partye lid is, nog nie kommentaar gelewer het nie.

Hy wil eerder stilweg skadebeheer vergemaklik, want hy het goeie verhoudinge met albei partye. Feit is egter dat mense geskok is oor wat gebeur het, het Buthelezi gesê.

ANC-LP’s het gister in die gange van die Parlement druk gegis oor die naweek se gebeure. Hulle was traag om te praat, maar het aangedui dat hulle tot Donderdag wil wag wanneer Mbeki na verwagting die ANC-koukus self daaroor sal inlig.

Van die LP’s het weer vrae geopper oor die interne leierstryd in die ANC wat kort-kort opvlam. Enkele van hulle was verslae omdat twee senior ANC-leiers in so ‘n “onnodige en negatiewe” voorval betrokke is.

Luidens plakkate en pamflette wat wyd versprei is, sou die kwaito-superster Mandoza op Jeugdag in die Baai kom optree het by ‘n groot makietie op die kampus van die Universiteit van Port Elizabeth.

Vir ‘n klompie opkomende groepe uit die Baaise townships wat daarin geslaag het om deur volgehoue onderhandelings by die program ingesluit te word, sou dit ‘n hoogtepunt in hul jong loopbane wees om ‘n verhoog met Mandoza te deel.

Die kwaito-ster se “Nkalakatha” het immers die topposisie bereik op byna al die land se trefferparades.

Maar die Baai se grootste swart popgebeurtenis in verskeie maande het heelwat anders uitgedraai as wat verwag is.

Die teleurstelling was groot toe dit vier dae voor die tyd bekend word dat Mandoza nie meer kom nie. Twee dae voor die tyd is die perseel verander van die UPE na die Grand Hotel in Sentraal.

Hul bes gelewer

Ondanks alles is die bash baie goed bygewoon en Sammy-T van Radio Metro het veral die skare in vervoering gehad.

Die opkomende groepe uit die Baaise townships het hul bes gelewer, al was dit ‘n terugslag om nie meer ‘n verhoog te kon deel met Mandoza nie. ‘n Bash is terloops die swart eweknie van wat jong wittes en bruines ‘n rave noem – ‘n groot heelnag-partytjie waarop elektroniese dansmusiek gespeel word.

By ‘n swart bash is die elektroniese ritmes egter heelwat rustiger en minder hiperaktief.

Die Baai se Jeugdag-bash het agterna die voorblad van die stad se enigste Engelse dagblad gehaal onder die opskrif: Outrage after Central hotel youth bash hooliganism.

   Die koerant se dekking van die bash het ongelukkig slegs gefokus op hoe rof dit gegaan het in die strate reg langs die hotel waar dit gehou is.

Verskeie betreurenswaardige dinge het wel gebeur – openbare dronkenskap, die stukkendgooi van drankbottels en gevaarlike jaagtoertjies. Maar dit was al aspek van die bash wat beklemtoon is.

Die berig het nie ‘n woord gerep oor watter groot aand dit was vir jong swart en bruin musiekmakers uit van die Oos-Kaap se armste gebiede nie. Dis regtig baie jammer.

Te midde van dikwels haglike omstandighede is die townships van Port Elizabeth en die omliggende dele van die Nelson Mandela Metropool vol jeugdiges wat hul energie en hoop op musiek vestig.

Baie van dié jong mense bestee hul vrye tyd aan die skryf van liedjies en die oefen van danspassies pleks daarvan om hulle soos ander tot misdaad te wend.

Hulle probeer popmusiek maak wat oor maatskaplike probleme soos vigs en misdaad handel, eerder as om mee te doen aan die oppervlakkige partytjie-slagspreuke van die Johannesburgse worsmasjien-popmusiek wat die nasionale musiektoneel oorheers.

Maar ondanks hul edele motiewe kry dié jong Baaise groepe min kanse om te ontwikkel of in die openbaar op te tree.

Die implisiete boodskap van dit waarmee hierdie groepe hulle besig hou, is dat daar beter maniere is as misdaad om uit te styg bo ‘n oënskynlik betekenislose bestaan van armoede. Nòg die plaaslike media, nòg konsertorganiseerders gee hulle die respek en aanmoediging wat hul verdien.

Vir jong kunstenaars soos KMT, Tolo, Unauthorised en Phithizela (almal voorheen benadeeldes) was die Jeugdag-bash ‘n skaars optree-geleentheid waarna hulle en hul bestuurders weke lank uitgesien het. Daar is hard gewerk om optredes te beplan en voor te berei.

Dit gebeur net een keer elke paar maande dat nasionale sterre soos Sammy-T in die Baai kom optree. Vir die Baaise kwaito- en hip-hop groepe was die Jeugdag-bash ‘n broodnodige kans om die wêreld te wys watter talent in Port Elizabeth weggesteek is.

Maar die Baaise groepe wat vir die geleentheid bespreek is, is nie eens deur die organiseerders ingelig dat die perseel van die UPE na die Grand Hotel verander het nie.

Hulle moes maar self rondbel om vas te stel of die gerugte waar was of nie.

Genoeg applous gekry

By die bash het die plaaslike groepe soos altyd ‘n gemengde reaksie gekry. Terwyl sommige hulle entoesiasties toejuig, is daar altyd ‘n klompie wat boe omdat hulle nie wil kyk na onbekende groepe nie.

Hulle sou verkies om net te bly dans op die oorwegend Amerikaanse musiek wat die platejoggie speel.

Ondanks die kille ontvangs deur sommige media se skewe dekking het die Baai se opkomende talent genoeg applous en aanmoediging gekry om hulle te inspireer vir die paar maande wat hulle sal moet vasbyt voordat hulle weer die kans kry om by ‘n groot geleentheid op te tree.

skietwond aan die kop ná ‘n motorkaping in Kruispad by die bybringsaal van die Groote Schuur-hospitaal se trauma-eenheid ingestoot. Sentimeters van hom staan X, ‘n sekerheidswag in die hospitaal se ongevalle-eenheid, wat pas deur een van sy vriende ontbied is om te “kom kyk”.

Stomgeslaan deur dié verlekkering in ‘n ander se pyn, vra ek hom wát dan so aanskoulik is.

“As daar ‘n erge geval is, dan bel hy my om dit te kom kyk. Dan kom ek so vinnig soos ek kan en kom staan hier. Ek’s lief vir daai. Dis lekker om te sien hoe mense se binnedele lyk,” sê X blosend terwyl hy ‘n treetjie verskuif sodat die pasiënt op die grond langs sy voete kan bloed opbring. “Kyk daar op die grond – dis lekkerrr, man,” skerts hy deur ‘n vlaag van adrenalien.

‘n Entjie van hulle toets dokters en verpleërs of ‘n vrou van Nyanga met ernstige kopbeserings breinstamdood is. Kort daarna word die ventilator wat haar hart en longe kunsmatig aan die gang gehou het, sonder omhaal afgeskakel.

Nog voordat die vrou gehaal kan word na die Maitlandse lykshuis, stoot ambulanspersoneel ‘n man van Manenberg wat in die maag geskiet is, die bybringsaal in. Langs hom lê sy buurman met ‘n bloeiende meswond wat vroeër die aand ingebring is. Albei is in aparte voorvalle beseer. “Lyk my nie daar’s vanaand kans vir domino’s speel nie,” skerts ‘n verpleër terwyl hy hom regmaak om “nog ‘n gat toe te stop”.

Vir baie inwoners van die boomryke voorstede van die Kaap klink dié tonele waarskynlik na ‘n gruwelfliek waar geweld goedkoop en bloed soos tamatiesous is. Vir die dokters, verpleegpersoneel en sekerheidswagte van Groote Schuur is dit egter doodgewoon om daagliks dié vergestalting van die Wes-Kaap se hemelhoë geweldstatistieke te sien. In so ‘n mate dat hul werk vir hulle roetine geword het en emosie ‘n weelde.

Kyk jy na die statistieke in die hospitale self, is dit byna verstaanbaar. Volgens dr. Pradeep Navsaria, ‘n chirurg in Groote Schuur se trauma-eenheid, sien traumasale van staatshospitale hier meer geweld as die meeste ander plekke ter wêreld. “In Europa gaan mense ná ‘n motorongeluk of nadat hulle in die bad gegly het na ‘n traumasaal – dokters daar ken nie werklik die betekenis van gewelddadige trauma nie,” sê hy.

Dié geweld is egter nie tot pasiënte beperk nie. Hoewel die veiligheidsituasie tans beter is in al drie dié hospitale, waag dokters en verpleegpersoneel steeds hul lewe wanneer hulle werk toe kom.

Dit is begin vandeesmaand weer bevestig toe dr. Ebrahim Hansa, ‘n neurochirurg wat al in trauma-eenhede oral in die Kaap gewerk het, op pad werk toe geskiet is toe twee mans sy motor probeer kaap het. Dat hy geklee was in sy doktersjas met ‘n stetoskoop om

KAAPSTAD. – Die oud-Springbok-rugbyspeler James Small is gister in ‘n hospitaal hier opgeneem nadat hy glo ‘n oordosis van een of ander middel geneem en ook sy linkerpols gesny het.

Volksblad het betroubaar verneem dat Small se voormalige verloofde, die supermodel Christina Storm, op hom afgekom het waar hy in sy huis in Frerestraat, Seepunt, op die vloer gelê het. Hy was nie by sy bewussyn nie en daar was ‘n diep snywond aan sy linkerpols.

‘n Ingeligte het gesê dat Small ‘n “oordosis van iets geneem het en dat ‘n dokter by die Somerset-hospitaal hom ingespuit het om die uitwerking daarvan te kanselleer. Hy (Small) was heeltemal ‘uit’ toe hy by die hospitaal aangekom het”. Teen gistermiddag laat was Small steeds nie by sy bewussyn nie en het hy “af en toe iets gemompel”.

Storm het glo ‘n private ambulans en sy ma ontbied. Hulle is saam met hom na die trauma-eenheid van die Somerset-hospitaal.

Dit is nie bekend wat tot die ineenstorting gelei het nie.

Dr. Murray Rushmere, die Smalls se huisdokter, het gistermiddag gesê Small het ‘n “senu-ineenstorting” gehad. Rushmere is omstreeks 12:00 deur Small se ma na sy huis in Seepunt ontbied. “Vanweë die vertrouensposisie tussen ‘n dokter en pasiënt kan ek nie meer besonderhede bekend maak nie,” het hy gesê.

Hy het wel bevestig dat Small beseer is, maar hy wou nie oor die aard van die beserings uitwei nie. Rushmere het gesê Small is buite gevaar en sy toestand is stabiel. Die hospitaal het gistermiddag bevestig dat Small by die noodgevalle-eenheid behandel word, maar wou nie meer besonderhede verstrek nie. Na verneem word, het die familie hulle verbied om enige besonderhede bekend te maak.

‘n Lid van die publiek het na bewering die polisie ontbied nadat hy onraad by die huis opgemerk het. Die polisie is na die huis, maar is toegang geweier. Geen klag is ingedien nie.

Storm en Small was vroeër vanjaar in die nuus nadat hy erken het hy het haar soms in ‘n woedebui geslaan. Volgens hom het Storm nooit liggaamlik seergekry nie. Die twee het volgehou hulle is op goeie voet uitmekaar.

Small se familie kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.

JOHANNESBURG. – Behalwe vir die beserings aan André Venter (ribbes) en Joost van der Westhuizen (enkel), kan Mark Andrews homself gelukkig ag dat hy eerskomende Saterdag op sy tuisveld vir die Springbok-rugbyspan beskikbaar sal wees.

Die Bokke se dissipline in die algemeen sal met rasse skrede moet verbeter as hulle nog ‘n sê in die reeks wil hê.

Andrews is op die nuuskonferensie ná die wedstryd hier op Ellispark deur die Hane as ‘n sondaar uitgewys en daar is spesifiek na hom as ‘n kopstamper verwys.

Hy het na bewering sy opponent, Olivier Brouzet, se neus met ‘n goedgemikte kopstamp afgestamp.

Andrews se onwilligheid om hom by die spel te bepaal, was maar net een van ‘n paar gevalle waar die Bokke hulself aan swak gedrag skuldig gemaak het.

Mnr. Harry Viljoen, afrigter van die Springbokke, se bestuurspan van 16 lede toon ‘n groot gebrek aan iemand wat sielkundig met die spelers kan werk.

Naas Andrews het die sterkgeboude Japie Mulder ook geen ontsag vir die reëls gewys nie en hy kan maklik sy plek in die beginvyftiental vir Saterdag se wedstryd in Durban as gevolg daarvan kwyt wees.

Die laatvat op die Franse heelagter Nicolas Jeanjean was onnodig en Mulder kan baie bly wees dat hy nie in daardie stadium ‘n geel kaart gewys is nie.

Dit was maar ‘n enkele geval waar Mulder se ouderdom gewys het.

Viljoen sal mooi moet gaan dink oor dié speler se betrokkenheid omdat Mulder se afwesigheid vir ‘n oortreding op die veld nie bekostig kan word nie. Dan eerder ‘n speler soos Marius Joubert uit die o.23-geledere inbring met De Wet Barry wat na die binnekant moet inskuif. Joubert se spoed is deur Viljoen onder verdenking geplaas, maar dié Bolander sal waarskynlik vir elkeen in die huidige Bok-agterlyn weghardloop. Van doellyn tot doellyn.

Viljoen het dit baie duidelik laat verstaan dat Mulder se dissipline vir hom ‘n kopseer is. Hy was ná die nuuskonferensie egter onbewus daarvan dat die Franse teen Andrews wou optree. Maar hy was ook merkbaar ‘n verligte man nadat hy die nuus ontvang het dat daar nie met die uitwysing volhard is nie.

Wat die beserings betref, kan spelers soos Craig Davidson en Johan Ackermann hulself dalk reeds Saterdag in die Bok-span bevind. Van der Westhuizen het geen tekens van sy beserings op die veld getoon nie, maar was by die spelersonthaal merkbaar mank waar hy die nuwe vrou in sy lewe omhels het.

Van der Westhuizen se huwelik met sy vrou, Marlene, is soos afgelei op die rotse.

Venter het ná die wedstryd gesê sy ribbesering is nie erg nie, en hy is hoopvol dat hy wel Saterdag weer in Durban teen die Franse kan uitdraf om minstens die reeks te red. “Dit is ‘n bietjie ongemaklik, maar ek voel orraait,” het hy gesê.

Hy het egter gister met die Bokke se swemsessie baie ongemak verduur en dit is duidelik dat sy besering in dié stadium vir Viljoen nog ‘n nagmerrie of twee gaan veroorsaak.

Viljoen was onwillig om kommentaar te lewer oor die spelers se beserings en het gesê dat daar duidelikheid sal wees wanneer die span later vandeesweek aangekondig word. “Ek kan nie vir jou sê wat sal gebeur nie. Ek moet eers presies weet hoe ernstig die beserings is. Tot dan is Joost en André deel van die groep,” het hy gesê.

Van der Westhuizen het vroeër vanjaar ook ‘n besering aan sy enkel opgedoen en dit het hom uit twee Supertwaalf-wedstryde gehou. Sy plaasvervanger op die bank, Neil de Kock van die Westelike Provinsie, het nie Saterdag sy kans op die veld gekry nie, maar hy is oorgehaal om die mantel oor te neem.

WISKUNDE dryf mens nie tot raserny nie, maar daardie ietwat gespanne of irrasionele persoonlikhede voel aangetrokke tot die vak, sê die 31-jarige dramaturg David Auburn van sy Broadway-treffer Proof wat onlangs met die Tony vir beste toneelstuk op Broadway bekroon is.

En nou kan Suid-Afrikaners Proof, wat ook met die Pulitzer-rpys bekroon is, van 5 – 7 Julie op die Standard Bank Nasionale Kunstefees in Grahamstad sien. Die fees begin op 28 Junie.

Die stuk wat wiskunde as ‘n kernmetafoor gebruik, handel oor twee wiskunde-genieë (‘n pa en dogter) wat Auburn se argument van oorsaak en gevolg bewys.

Hulle bewys ook dat karakters met ‘n groot intellek en onvoorspelbare persoonlikhede lei tot briljante dialoog.

Voeg hierby ‘n raps romanse (‘n jong belustige professor), oomblikke van slim komedie en ‘n tergende raaisel en jy het die formule vir opwindende vermaak.

Michael Atkinson regisseer dié opvoering van Pieter Toerien Productions en speel ook die rol van die patriarg, Robert. Sy dogter Catherine word gespeel deur Bianca Amato (van Isidingo-faam). Catherine is vreesbevange dat sy haar geliefde pa se swaksinnigheid saam met sy intellek geërf het.

Debbie Brown is in die rol van Claire, haar makelaar-suster wat regstaan om alles te betaal vir ‘n psigiatriese kliniek, net vir ingeval. Die belofte van liefde van Hal (Daniel Browde) bied ‘n beter oplossing.

Dan kom die verliefde bleeksiel op ‘n geheim af wat die sielkundige drama in ‘n riller omskep.

Kritici was vol lof vir Proof sedert dit in 2000 in Manhattan geopen het. “‘n Yslike wenner,” het New York se pruttelrige Clive Barnes gesê. “Betowerend,” ” ‘n Vreugde,” “Ryk en boeiend. Vol lewe, plesier en hoop,” het van sy kollegas bygevoeg.

‘n Omvattende besprekingspakket vir die fees is gratis te kry by gekeurde Standard Bank-takke, of bel die feeslyn <A>.

Die minister van openbare ondernemings, mnr. Jeff Radebe, is die kabinetslid belas met Transnet en dit is hy wat politieke verantwoordlikheid moet aanvaar vir die buitensporige vergoedingspakket van mnr. Coleman Andrews, voormalige SAL-baas.

Radebe was die een wat in die parlement bekend gemaak het dat Andrews se vergoeding onder meer bestaan het uit ‘n salaris en bonusse van R99,8 miljoen, ‘n kontantbetaling vir toegekende aandele van R56,6 miljoen en ‘n bedankingspakket van R73,8 miljoen.

In sy aankondiging in die parlement het Radebe gesê die kabinet was woedend toe dié hiervan hoor.

Waarom is die kabinet nie oor die vergoedingspakket geraadpleeg nie?

Mnr. Alec Erwin, minister van handel en nywerheid, sê in randwaarde klink Andrews se vergoeding buitensporig, maar dit is die geld wat Amerikaanse topsakelui van Andrews se kaliber verdien.

Vir die Suid-Afrikaanse kieserspubliek is dit egter onaanvaarbaar.

Mnr. Saki Macozoma, voormalige besturende direkteur van Transnet, sê ook die salaris is nie buitensporig nie en hy het die regte kanale gevolg met die onderhandelinge en die vasstelling van Andrews se vergoedingspakket.

Hy is dit aan alle Suid-Afrikaners verskuldig om bekend te maak watter kanale gevolg is en wie dit goedgekeur het. Radebe sê dan Macozoma het sy mandaat oorskry en die raad van Transnet in die duister gehou oor presies wat die vergoedingspakket behels.

Volgens Macozoma het die raad van Transnet, onder die voorsitterskap van prof. Louise Tager, twee “elementêre” foute begaan deurdat hulle Andrews se toegekende aandele teruggekoop en sy kontrak 14 maande te vroeg opgeskort het. Die twee foute het onderskeidelik R74 miljoen en R56,6 miljoen gekos.

Hoe kan hulle ongestraf bly as hulle in sulke verantwoordelike posisies “elementêre” foute maak wat Suid-Afrika meer as R130 miljoen kos?

Die antwoord is eenvoudig: Hulle moet summier met mense vervang word wat nie sulke astronomiese “elementêre” foute maak nie.

Dit is tog elementêr om die regte aanstellings te doen.

DIT is net ‘n spikkeltjie op ‘n kaart. As ‘n mens jou vinger druk op Maputo, die Mosambiekse hoofstad, en die boggel-kuslyn noordwaarts volg, kry jy ‘n stukkie land, omring deur die blouste see.

Dit is Benguerua-eiland of Ilha de Santo Antonio soos die Portugese dit gedoop het.

Saam met sy grootboet, Bazaruto, wat op sy kop sit, ‘n stuk of drie kleiner eilande met ewe welluidende name – Magaruque, Ilha Santa Carolina of Paradys-eiland en Pansy – en die dorpie Vilanculos op die vasteland, vorm dit die Bazaruto-eilandgroep.

Ons het op die drukkendste deel van die dag in Vilanculos, sowat 750 km noord van Maputo, van die negesitplek-Cessna Caravan afgeklim – nogal met baadjies aan omdat dit twee en ‘n driekwart uur tevore na winter in Johannesburg gevoel het. Marlin Lodge, ons verblyfplek, se bussie met George, ‘n oud-Nataller, agter die stuur, het op ons gewag.

Die stofpad na die klein hawetjie gaan verby die skool met sy halfwas mure sodat ‘n luggie die ergste hitte kan verlig, hutte met grasdakke, palmbome, die Banco Commerciale Mozambique, die nuwe telefoonsentrale en uiteindelik die vergane Donna Anna-hotel wat soos ‘n ou dame met ‘n verslete aandrok nog haar plek probeer volstaan by die hawe.

Daarvandaan is dit 30 minute se ry met ‘n motorboot na Benguerua – ‘n eiland wat sowat 11 km lank en 5,5 km wyd is. Die strande is lank en spierwit, terwyl grasveld, tropiese woude en twee varswatermere mekaar in die binneland afwissel. ‘n Blik van ‘n reuse-sandduin af oor ‘n groen ruigte maak dit maklik om te glo waarom dit ‘n paradys vir voëlkykers is. Sowat 164 verskillende voëlspesies is glo al hier opgemerk.

Verblyf op ‘n eiland soos dié laat ‘n mens tred met die tyd verloor. Dit is net die getye wat aandui dat ‘n groot horlosie êrens aan die tik is. Elke minuut word egter deur allerhande belangrike take in beslag geneem, soos slaap, eet, om die bloute in te staar of ‘n meneer van ‘n krap dop te hou wat genoeg moed bymekaar geskraap het om uit sy gat te kom – of om in die louwarm water rond te dryf en te kyk hoe die son ondergaan.

Dan is daar nog die soektog na mooi en interessante skulpe. Gedagtig aan die “groen” vermanings om nie reuse-skulpe van die inwoners te koop nie, moes ons die plaaslike kinders se aanbiedinge keer op keer weerstaan.

‘n Viertrek-verkenningstog het die prentjie van die eiland in my kop afgerond – van die suidpunt waar kasuarisbome met hul naaldvormige blare, geplant deur gevangenes tydens die Portugese bewind, ná jare nog ‘n buffer teen wind- en brandererosie is tot by die noordpunt waarvandaan Bazaruto-eiland ‘n klipgooi ver lyk. Die westekant van die eiland behoort aan die mens. ‘n Tweespoorpad verbind Marlin Lodge met Benguerua Lodge en dan is daar nog Gabriel’s Camp vir die wêreld se rugsakreisigers.

By laasgenoemde het ‘n man in ‘n Frelimo-T-hemp en ‘n radio onder die arm ons meegedeel hul biervoorraad is op, maar ons is welkom om rond te kyk of onder ‘n boom te sit. Jan, ons gids, het ná ‘n vinnige omskakeling van metical na rand uitgewerk ‘n gas by Gabriel betaal sowat R120 per nag, “longdrop” en al.

Terug by Marlin Lodge kon ek nie die prentjie van José se gestreepte kroeg waar ons verbygery het, uit my kop kry nie. ‘n Verspeelde foto-geleentheid, het dit vir my gevoel. Ons moes terug en die enigste manier was te voet, want die Marlin-viertrekvoertuig was bestem vir ‘n toerisme-konferensie wat aan die gang was. Ons het die foto gekry en meer, want langs die pad kon ons kyk na die inwoners se mielies en boontjies en die netjiese tuintjies voor die hutte bewonder.

José, eienaar van die reeds genoemde kroeg en ook kroegman by Marlin Lodge, het netjies op ‘n papier vir my geskryf: “The people from the island they speaking Matsonga. But is different from the people which are from mainland because they speaking Xitsha or Portuguese.”

Snorkel was ook op ons lysie van dinge om te doen. En volgens almal op die eiland is dit onvergeeflik om nie by die Akwarium ‘n draai te maak nie. Met laagwater is dit letterlik ‘n swembad wat deur koraalriwwe op Two Mile Reef, sowat 30 minute per motorboot Madagaskar se kant toe, gevorm is. Maar as ‘n mens die eerste keer in jou meer as drie dekades op aarde snorkel en die see het net effens te veel golwe, steur jy jou nie veel aan wat onder op die seebodem gebeur nie. Dit was eers in die stiller water dat die wonderwêreld voor my oopgegaan het – regte visse wat met neonkleure geverf is, helderrooi koraalvingers en kleurige “blomme” wat ek vermoed seeanemone moet wees. As dit nie was vir die mondstuk wat ek verbete vasgebyt het nie, het my mond oopgehang.

Visvang is een van die groot redes waarom mense die Bazaruto-eilandgroep graag besoek. Hulle kom vir die grotes, soos marlyne en almal praat reeds oor die groot kompetisie wat in September begin wanneer $1 miljoen vir die rekordmarlyn op die spel is.

Een van die eilandverhale wat met groot smaak vertel word, is dié van die onmoontlike botsing. Die bestuurders van die enigste twee voertuie op die eiland kon mekaar een aand glad nie misry nie en het tromp-op gebots.

Die laaste aand het ons tussen flikkerende fakkels ‘n koningsmaal van kreef op die strand geëet, terwyl die see hier neffens ons spieëlglad in die halwe maan se lig gelê het.

Spikkel of te nie, dit kon wat my betref die hele wêreld gewees het.

TULSA (Oklahoma). – Retief Goosen van Suid-Afrika het gister hier op die Southern Hills-buiteklubbaan in sy uitspeel-kragmeting van die 101ste Amerikaanse Ope-gholftoernooi oor 18 putjies teen die Amerikaner Mark Brooks ná ‘n aanvanklike agterstand van ‘n hou, pragtig herstel en hy was ná 10 putjies vyf houe voor.

Druktyd was Goosen ná 14 putjies 2 houe minder as die baansyfer en was hy 5 houe voor Brooks, wat 3 oor die baansyfer gespeel het.

Goosen het geen verduideliking vir sy drie sethoue op die 18de putjie gehad nie, wat hom Sondag reeds van ‘n oorwinning in die toernooi weerhou het.

Goosen moes nádie setwerk gister oor 18 putjies teen Brooks uitspeel. Die Suid-Afrikaner het natuurlik gehoop die geskiedenis herhaal homself nadat sy landgenote Ernie Els (1994) en Gary Player (1965) hul uitspeelstryde gewen het. Els het Loren Roberts en Colin Montgomerie by die Oakmont-buiteklub geklop, terwyl Player met Kel Nagle by die Olimpiese buiteklub afgereken het.

Els was geensins op sy beste nie en hy het ‘n toernooi-telling van 294 houe behaal.

Goosen het Sondag in die laaste ronde van die Amerikaanse Ope twee sethoue benodig om sy eerste grote te wen. Hy kon dit nie regkry nie en hy het soos Brooks op 276 houe, vier houe minder as baansyfer, geëindig.

Voor die 18de putjie was Goosen en Stewart Cink van Amerika se telling vyf houe minder as baansyfer. Goosen het ‘n puik naderhou met sy sesyster geslaan en sy bal vier meter van die vlag laat beland. Cink het op sy beurt sy bal oor die setperk en in die lang ruveld geslaan. Cink het sy naderhou vier meter van die vlag laat eindig en sy sethou het daarna oor die randjie van die blikkie gerol.

Dié Amerikaner het nie koelkop gebly nie en sy volgende sethou ook verbrou, wat sy doppie geklink het. Brooks kon sy oë nie glo toe Goosen sy sethou van minder as ‘n meter vir ‘n oorwinning mis slaan nie. “Ek het reeds my sak gepak en was gereed om te vertrek. Ek voel jammer vir Retief,” het Brooks gesê.

“Ek het geen verduideliking nie. Ek weet nie wat met die tweede sethou verkeerd gegaan het nie. Die derde sethou was miskien die moeilikste,” het Goosen gesê.

Tiger Woods van Amerika se merkwaardige vertoningslys van vier grand slam-gholftitels agtereenvolgens is ook beëindig toe dié superster in die bondel klaargemaak het.

Woods het sy laaste rondte in 69 houe vir ‘n telling van 283 voltooi, maar sy hoop om met ‘n aanslag die voorlopers onder druk te plaas is deur nog ‘n terugslag by die moeilike negende putjie gefnuik.

Op dié putjie het Woods ‘n hou aan syfer afgestaan nadat hy ook in die vorige drie rondes hier teenspoed gehad het. “Dit is moeilik vir my om te sê dit was ‘n frats,” het Woods van sy vier agtereenvolgende grand slam-titels gesê, wat juis met sy sege in die Amerikaanse Ope

Pres. Thabo Mbeki het mev. Winnie Madikizela-Mandela gister met sy hand in haar gesig weggestamp toe sy hom probeer omhels het in Soweto. In die proses is haar pet met die ANC-kenteken daarop van haar kop afgestamp.

Mbeki het op die verhoog gesit toe dit gebeur. Die voorval, wat deur ‘n geskokte skare in ‘n volgepakte Orlando-stadion dopgehou is, het politici gisteraand met verbasing laat reageer nadat TV-beelde daarvan op sowel die SABC as e.tv se nuusuitsendings gewys is.

Mbeki was vermoedelik nie in ‘n goeie bui toe hy op die verhoog gesit en wag het dat die toesprake afgehandel word nie. Vroeër in die dag is hy deur ‘n groepie plakkaatswaaiende hekelaars uitgejou ter wyl hy saam met ander hoë politici deelgeneem het aan ‘n gedenk-optog deur die strate van Soweto.

Madikizela-Mandela, president van die ANC se Vroueliga en ‘n sleutelfiguur in die 1976-opstande in Soweto, het ‘n uur laat in haar silwerkleurige BMW opgedaag by die byeenkoms waar die uitbreek van die opstande 25 jaar gelede herdenk is. Haar aankoms het so ‘n beroering veroorsaak dat die verrigtinge ‘n ruk lank onderbreek is weens die luide toejuiging wat sy ontvang het. Die aanwesiges het slagspreuke tot haar eer gedreunsing.

Mnr. Jabu Mbalula, voorsitter van die nasionale jeugkommissie, moes sy toespraak onderbreek, want niemand het meer na hom geluister nie.

Geklee in ‘n swart leeruitrusting, het sy na die verhoog gestap waar Mbeki en nog ministers, insluitend mnr. Mangosuthu Bu thelezi, IVP-leier en minister van binnelandse sake, gesit het. Sy het aan die linkerkant van die sittende Mbeki verby beweeg. Daarna het sy van sy regterkant af oorgebuig om hom te soen.

Die president het teruggedeins en haar met sy hand in haar gesig weggedruk sodat haar swart pet afgeval het.

Hy was duidelik hewig ontsteld en het iets aan haar gesê, maar ‘n mens kon nie in die mediasitplekke hoor wat dit was nie.

Agterna het die media op Madikizela-Mandela toegesak. Sy het bevestig die president het haar weggedruk. Toe sy gevra is wat sy daarin lees, het sy gesê: “Ék weet nie. Vra hóm.”

Mense wat die voorval gesien het, was geskok. Een vrou het gesê: “Ons weet almal Winnie is ongedissiplineerd en altyd laat, dat sy verrigtinge ontwrig omdat sy laat kom, maar ‘n mens verwag nie van die president om tot haar vlak te daal nie. Sy ergernis was geregverdig, maar hy het oorgereageer.”

EUGENE GUNNING berig uit Kaapstad mnr. Tony Leon, leier van die Demokratiese Alliansie, het gisteraand gesê hy kon nie glo wat hy sien nie. “Sulke twee openbare figure wat so by ‘n baie belangrike politieke geleentheid optree, het verreikende implikasies vir die ANC.”

Uit Mbeki se liggaamstaal het dit nie gelyk of hy optree teenoor iemand wat die president van sy organisasie se Vroueliga is nie. Dit het eerder gelyk of hy teenoor sy grootste vyand optree.

Die optrede is simbolies van Mbeki se presidentskap: dit lyk of hy omring is van vyande.

Dit is nie die gedrag wat jy verwag van die president land nie. Veral nie tydens een van die belangrikste politieke gebeure van die jaar nie.

Mnr. Marthinus van Schalkwyk, onderleier van die DA, het gesê dit is deel van die groter gistingsproses en ongedurigheid in die ANC. “Mbeki het opgetree soos ‘n partyleier wat genoeg gehad het van ‘n halsstarrige en ongedissiplineerde lid.

“Haar berekende en beplande laatkom by openbare geleenthede om die kalklig te steel, moes een of ander tyd te veel vir die ANC-leierskap geword het om te sluk.”

* Die verhouding tussen Mbeki en Madikizela-Mandela is geruime tyd al gespanne, veral nadat sy adj.pres. Jacob Zuma in ‘n brief gevra het om tussenbeide te tree en die kloof tussen haar en die president te probeer oorbrug.

In die brief het sy ook na sy beweerde rokjagtery verwys.

Mnr. Bheki Khumalo, woordvoerder van Mbeki, het gisteraand by navraag gesê die president het niks oor die voorval te sê nie.

‘n Boer kan ‘n plan maak, word graag geglo. En in die apartheidsjare is dikwels as argument teen die kommunisme aangevoer dat g’n regering in staat is om ‘n sakeonderneming te bedryf, of te boer nie.

‘n Week in China laat ‘n mens met nuwe oë kyk na sulke opvattinge.

Jy keer terug Suid-Afrika toe diep onder die besef dat Suid-Afrika se regeringsleiers gerus groepe politici en kundige mense China toe kan stuur om te gaan kyk hoe dié ontwakende reus met sý ekonomiese hervorming besig is, en hoe die Chinese hul land ontwikkel. Hulle behaal welslae wat benydenswaardig is.

Die Chinese werk begeesterd aan die toekoms. Die bewyse van suksesse wat reeds behaal is, is volop.

‘n Mens moet trouens erken: indien die vorige Suid-Afrikaanse bewindhebbers net naastenby ewe veel verbeelding en harde werk aan die dag gelê het, sóú sommige apartheidsplanne beter resultate gelewer het.

Daarmee praat ‘n mens nie apartheid goed nie. Maar as die beste van ‘n slegte saak gemaak is, kon Suid- Afrika vandag beter daaraan toe gewees het.

Ja, Suid-Afrikaners wat ly aan hul kenmerkende (valse) gevoel van meerderwaardigheid, het baie te leer by die sogenaamde Rooi Chinese wat veronderstel is om so arm en agterlik te wees dat hulle net fietse kan bekostig.

‘n Mens moet natuurlik dadelik erken dat jy nooit in net agt dae ‘n kenner oor hierdie ontsaglike groot land kan word nie. Jy moet ook daarvoor toelaat dat net die blink kant deur die Chinese regering gewys sal word aan ‘n gas soos ek.

Maar selfs dán kan ‘n mens met oortuiging sê China sal ‘n aangename verrassing wees vir elke Suid- Afrikaner wat die kans kry om soontoe te gaan. So ‘n besoek kan hulle selfs laat besef om hul gekla oor hul eie land te staak en die Chinese hul prestasies te probeer nadoen.

Goed, ‘n mens kan nie China en Suid-Afrika met mekaar vergelyk nie. Tog het die twee lande baie gemeen. Ook daar is duidelik twee nasies – die een brandarm en die ander meer welvarend. Ook daar is ‘n groot aantal etniese groepe, plus ‘n duisternis tale. Albei lande het lang ervaring van ‘n geslote ekonomie, en van ‘n Big Brother in die regeringsgestoeltes wat die hele lewe vir jou probeer beheer. En albei worstel met die pyne van hervorming.

Maar omtrent daar hou die oor eenkomste op.

Dít wat China vermag ten opsigte van ontwikkeling, hulp aan armes, waterbewaring, deeglike beplan ning, elektrisiteitverskaffing, opleiding, die vasvat van misdaad en om die bevolkingsgroei in toom te hou, laat Suid-Afrika soos ‘n sukkelende amateur lyk.

Om van ‘n vermoë om hard te werk, nie eens te praat nie.

Die klem wat deur die owerheid op oefening geplaas word, is navolgenswaardig. Daar is daagliks twee kwartier lange verpligte oefeningsessies vir die hele bevolking. Voeg daarby dat ‘n groot persentasie Chinese inderdaad per fiets werk toe ry, en jy besef waarom daar feitlik geen gesette Chinees onder die bevolking van 1,2 miljard te sien is nie.

Soos in Suid-Afrika, is die Chinese regering besig om sy ekonomiese houvas te verslap. Laasgenoemde is uiteraard baie langer met die proses besig. En hy spog ook met baie beter resultate.

‘n Ekonomiese groeikoers van gemiddeld 8,3% is in die afgelope 21 jaar deur China gehandhaaf. In 1978 was China wat buitelandse handel betref in die 32ste plek ter wêreld, nou is hy in die 9de plek.

Maar die vraag is of Suid-Afrikaners inderdaad bereid is om die Chinese dit te probeer nadoen.

Wil Suid-Afrikaners soveel sosiale ingryping hê? Sal hulle aanvaar dat hul lewe so vir hulle gereël word? Sal Suid-Afrikaners weer eens instem tot die soort beperkings op bewegingsvryheid wat in China geld? Sal welvarende provinsies inder daad bereid wees om die agtergeblewe provinsies geldelik te steun soos die geval in China is?

Ja, sal wit én swart bereid wees om hul nuutgewonne vryheid prys te gee in ruil vir ‘n stelsel waar hulle nie kan maak soos hulle wil nie?

Oor die antwoord op die meeste vrae soos hierdie, hoef daar geen twyfel te wees nie. Die Chinese stelsel kan eenvoudig nie net so hier oorgeplant word nie.

Oor China behoort die houding dus te wees om alles daar te gaan beproef. En dan die goeie te behou.

Want een ding is seker: ‘n besoek aan die nuwe China is ‘n prikkel om nuwe drome te droom oor jou eie land se probleme.

Hy sit met spelers wat nie goed genoeg voorberei is op toprugby nie, lê Springbok-afrigter Harry Viljoen sy vinger op die grootste leemte in Suid-Afrikaanse rugby.

“Die afgelope Springbokkamp in Plettenbergbaai was veronderstel om ‘n afrondingskool te wees, maar dit is nie. Ons rugbystrukture is nie genoeg gespesialiseer nie, sodat daar nog heeltemal te veel werk is as die speler bo uitkom.”

Nee, hy kla nie, glimlag hy so skeefweg. Dis bloot die harde feit waarvoor Springbokrugby in ‘n nuwe internasionale era te staan gekom het. Dit maak die proses op die veld “soveel moeiliker as wat ek gedink het. Boonop, as daar nie onmiddellik resultate is nie, gaan ‘n ou tweede kom.”

Soos al sy voorgangers.

Ons sit in ‘n stil hoek in ‘n Sandtonse hotel. Hy’t pas sy eerste toetsspan teen die Hane aangekondig.

Sy perskonferensie was professioneel, emosieloos, bedaard – in totale teenstelling met sy plofbare voorganger. Nie ‘n haar van daai kenmerkende kuif uit sy plek nie.

Vir hierdie warm stoel het hy ‘n baie suksesvolle loopbaan as ‘n finansiële makelaar prysgegee.

Die rede is eenvoudig, sê dié wat Harry ken: Hy kan ‘n uitdaging nie weerstaan nie.

“Maar die rugbywêreld is ánders as die finansies. Daar’s soveel agendas en menings en rugstekery.”

“As ‘n Springbok-afrigter se werk maar net rugbyafrigting was, sou dit baie makliker gewees het. Maar hy is nie meer net die ou met die fluitjie nie . . .

“Kyk, daar’s ‘n paar maniere hoe jy dit kan doen,” sê hy filosofies. “Ek het besluit om my eie kop te volg. Dan kan ek ten minste niemand anders later die skuld gee nie.”

In sy vyf vorige afrigtingsjare, “vier van hulle was baie goeie jare – tot in die Curriebeker-eindstryd. Een jaar was baie swak. En as ek na daardie jaar terugkyk, het ek baie daaruit geleer, en dis hoekom ek nou my eie kop volg.”

Hy glo in instink, gut feel, wat geslyp word soos jy ervaring optel.

“Ek was vroeg in my lewe onafhanklik. Nog maar altyd doelwit- georiënteerd.”

Waar ander ouens in die finansiële wêreld hulself dryf deur maandelikse doelwitte te stel, was Viljoen s’n op ‘n daaglikse basis. Later selfs per minute, bieg hy. Hy’s ‘n drywer-drywer.

Nou dryf hy die Bokspan.

“Geen afrigter het die ideale span as hy net begin nie. Dis ‘n proses. Jy leer die spelers ken. Dan kom die toetswedstryde, en jy moet jouself en die spelers meet, die tekortkominge raaksien en dit aanvul tot jy op die einde ‘n finale produk het. Ek sê nie ons het nog nie die spelers nie, maar vandag is rugby so gespesialiseerd.”

   Op ‘n skaal van een tot tien, hoe ver is jou span van ideaal?

“Met my proses? Drie. Maar ek is bly om te sê die houding van die spelers is reg. Ons het hard gewerk tydens die kamp. Omdat van hulle al lank in die stelsel is, het ek gedink dat ons ‘n bietjie negatiwiteit sou kry. Maar niks was te veel vir hulle nie, dis asof hulle nou weer honger is, asof hulle besef ons rugby is nie waar dit behoort te wees nie.”

   Wat het hulle gemotiveer?

“Ek dink die omgewing en kultuur wat jy skep in die organisasie, motiveer mense.”

   Wat het verander?

“Niks. Al ding: jy lei deur die voorbeeld wat jy stel. Dit sê genoeg.”

Die drie weke op Plettenbergbaai was ‘n sukses?

“In enigiets wat ek beplan, moet daar avontuur wees. Dis hoe ons le we, op adrenalien. Ek het geprobeer om my in die spelers se skoene te sit, en probeer dink aan wat hulle sal stimuleer. En toe probeer ek dit skep.”

‘n Een-tot-een-onderhoud met Harry Viljoen is seldsaam. Hy’s uiters privaat. Voor hierdie afrigterspos het hy nie eens ‘n selfoon gebruik nie, want dit meng in met sy “private tyd”.

Met sy aanstelling, vertel hy, was die eerste vraag wat hy vir homself moes antwoord: wat stimuleer hom in SA rugby. “Ek het myself afgevra: is ek opgewonde? En as ek gevoel het daar’s iemand wat my kon stimuleer en daar’s opwinding, dan sou ek daardie mense gebruik het.

“Ek het dié wat vir ons ‘n ander dimensie kon gee, nadergetrek. En ek het twee Suid-Afrikaanse afrigters saam met my!

“Plaaslik het Jake White vir my in die laaste ses maande soos ‘n halwe broer geword. Jake is ‘n baie harde werker. Niks is vir hom te veel nie. Hy stimuleer my.”

   En André Markgraaff?

“André, weer, is van ‘n heel ander kultuur. Maar sy kennis van voorspelerspel is baie goed – dis die waarde wat hy kan toevoeg tot die span. Wat persoonlikhede betref, dink ek ons het mekaar ontmoet.

“Ek dink ook die Australiërs het weer vir ons afrigters gewys wat is afrigting en wat is kommunikasie. Ons leer by mekaar.”

In die afgelope Super-12 -reeks, sê Viljoen, het die knapste span bo uitgekom. Die Brumbies is tegniek-georiënteerd.

“Mense vra my altyd hoekom ek Australië as voorbeeld gebruik. Maar dis eenvoudig: Australië is vandag die maatstaf in wêreldrugby. As jy vinnig wil vorder, moet jy tog ‘n maatstaf hê. En as jy daar uitgekom het, dan neem jy jou visie verder.”

Hy het groot respek vir afrigters John Hart en Rod McQueen. “Dis die afrigters wat my motiveer, waarteen ek myself meet. Vir Eddie Jones het ek op ‘n ander manier respek.

“Ek glo ons is agter in tegniek, maar nou het ons nie tyd om deur die ervarings te gaan nie. Tim Lane is al deur daardie ervarings, dit versnel die hele proses.

“En ook: in Suid-Afrikaanse rugby gaan baie van die nuwe stelsels en strukture nou vir die eerste keer deur na die unies toe. Ons het vir die eerste keer afrigters op die kamp gehad. Ons wil ‘n nuwe kultuur skep waar ons afrigters saamwerk, en inligting kan deurwerk ondertoe. Dit het nooit gebeur nie. So dis ‘n baie wyer prentjie as wat mense dink.”

Die prentjie sluit, vir hom, ook al hoe meer gekleurde spelers in.

“Voor my aanstelling het ek beslis nie besef hoe groot hierdie verantwoordelikheid is nie. Nou is ek blootgestel daaraan, en dit is wat my dryf. Dis die toekoms van Suid-Afrika.

“En”, sê hy met passie, “dis ‘n groot uitdaging. Daar’s swart spelers wat ons in die Springbokspan kan gebruik, maar wat nooit die geleenthede gehad het nie. Kyk maar na hul geskiedenis. Lawrence Sepaka het ‘n beurs gekry om na ‘n Afrikaanse hoërskool te gaan. In matriek het die leerlinge hom tot hoofseun verkies. Hy praat agt tale vlot.

“Die potensiaal is daar, en dit maak die uitdaging soveel groter. Mense vra my of ek dieselfde vir wit spelers sou doen. Hulle ken beslis nie die volle prentjie nie.”

Hoe hanteer jy hierdie “betrokke” rugbypubliek?

“Rugby behoort aan die nasie, en jy moet maar net luister, hoewel dit nie altyd maklik is om dit te verwerk nie. Ouens kom met hul menings op jou af, die foon lui en daar’s pakke en pakke briewe.”

Jy is oop vir kritiek?

“Kyk, jy word heeltyd gekritiseer, as jy nie oop is vir kritiek nie, gaan dit baie moeilik raak.”

Het dit jou al gevang?

“Daar is elke dag ‘n krisissie. Dis meer krisis-beheer as iets anders. Jou grootste werk is eintlik van die veld af.

“En as ek nie wen nie, is ek nie daar vir Wêreldbeker 2003 nie. Dis maar hoe die lewe is: dis ‘n balans tussen die verwagtinge wat jou base van jou het, wat jy wil bereik en wat jy glo is reg. Ek verskil soms van hulle, maar dit gaan ook oor die manier hoe jy verskil. Jou houding is baie belangrik.”

Omdat hy doelwit op doelwit leef, sê Viljoen, was hy in ‘n stadium ‘n bietjie uitgebrand. “Toe het ek vir ‘n jaar probeer niks doen nie, daar op Hermanus. Maar ‘n ou kan ook net soveel koffie drink! Ses maande later het ek my batebestuursmaatskappy Edge Investments begin.

“Ek gaan maar deur sulke siklusse.”

Hoekom, weet hy nie. Hy kom uit ‘n gelukkige, middelklas-gesin in Florida, vertel hy. Goed gevaar in sport, liggaamsopvoeding geswot op universiteit.

By Edge Investments werk hy saam met 48 mense – mense wat al tot vyftien jaar saam met hom kom, en “met baie meer grade as ek!”

Hy glo in selfbemagtiging, sê hy. “Ook in rugby. As jy die regte omgewing vir die regte spelers skep, met die regte voorbereiding en die regte leierskap, dan gaan jy dit maak.”

Hy weet.

Die hand wat hóm opgetrek het tot waar hy vandag is, was immers sy eie.

In die kolom langsaan – skaars 3 cm verwyder: <*>

Twee totaal botsende sienings van onderskeidelik Dawie Jacobs, tot onlangs SA ambassadeur in Griekeland, en Attie van Niekerk, ‘n sendingwetenskaplike aan die UP.

Voeg hierby min. Steve Tshwete se aardskuddende “onthullings”, die president se siening oor vigs en sy oortuiging van twee nasies in Suid- Afrika . . . genoeg om die gewone mens te dwing om minder optimis ties te wees.

Van Niekerk se opsomming spreek ten minste van realisme en versiendheid. Ons wens hom sterkte toe.

Aan Tshwete kan ons maar net sê: Emosie is ‘n goeie ding: op die slagveld en in die bed, nie in die kabinet nie.

Vir die president sal ons bid.

Aan Dawie Jacobs: Optimisme is doodnoodsaaklik, veral in Suid-Afrika, maar dan is dit net so doodnoodsaaklik om realisties te wees.

En, terloops, moenie ons volkgenote wat die

Ek is Marietjie Cilliers, (Smit) ‘n boorling van Namibië, Keetmanshoop. Ek woon al 20 jaar in Philippolis, want ek is met ‘n boer van die distrik getroud wat tans ook die slagpale bestuur.

Nadat my laaste kind skool toe is, het ek weer begin studeer in skoonheidstegnologie, en behaal die graad CIDESCO met my deelname aan die Internasionale Eksamens wat altyd in Novembermaand plaasvind.

Ek is dus ‘n rondreisende skoonheidstegnoloog en bedien tans dorpe in die Suid-Vrystaat. soos Trompsburg, Springfontein, Gariepdam, Luckhoff en Philippolis. My werk is geweldig bevredigend want elke keurige vrou wat by die salon uitstap, het meer selfvertoue, voel goed oor haar liggaam en haarself. So maak ek ook nuwe vriende en werk met verskillende tevrede vroue!

Chris Geel, eienaar van die bekende Suid-Vrystaatse motorhawe, in die dorpie Philippolis – C & J Motors – het sy opleiding as duikklopper (panelbeater) en spuitverwer in Klerksdorp ondergaan vanwaar hy in 1964 gekwalifiseer het.

Daarna werk hy vir een jaar by Greyhound busdienste as bakbouer.

Sy nering as duikklopper en spuitverwer beoefen hy vanaf 1966 tot begin 1973 in diens van NCD, waarna Chris weer een jaar bakbouer is by Coppolen Frauhoff.

In 1974 begin die Geelbroers die motorhawe, C & J Motors in Philippolis.

Behalwe die bekendheid wat C & J Motors verwerf het as uitstaande duikkloppers en spuitverwers, is die motorhawe ook gewild vir die goeie diens deur sy motorwerktuigkundige, ‘n seun van Chris, Schalk Geel.

Verder beskik die motorhawe ook oor Engenbrandstof.

Oor C & J Motors se gehalte diens, getuig die volgende persone soos volg:

Helenco Computers is gestig om families en klein besighede te help met al hulle rekenaar behoeftes.

Dit neem ‘n klomp tyd in beslag om op hoogte van die tegnologie te bly en u het belangriker ding om met u tyd te doen .

Sal u nie daarvan hou om ‘n rekenaar spesialis byderhand te hê nie? Wel dit is wat ons is, iemand wat u kan skakel as u ‘n kundige benodig.. Ons bied ‘n wye verskeidenheid van dienste, wat ons ook na-ure en naweke doen of net wanneer dit vir u gerieflik is. Ons tyd pas in by gesinne wat nie kan bekostig om tydens werks-ure af te neem nie, of klein besighede wat nie kan staan tydens kantoor-ure nie. Ons werk by u huis, u besigheid of ons werkswinkel, net waar dit vir u die gerieflikste is.

Jou produk verdien ‘n plek op die plaaslike sowel as die wêreldmark -op jou EIE werf!

Reën of mooiweer – of dit in SA, die VSA, Kanada, Engeland of Japan is –

met jou eie werf word jou dorp, jou provinsie jou land en die wêreld jou mark!

Maar hoe gebeur dit?

Met oppimark.com kan miljoene voornemende kopers nou 24 uur per dag jou produk deurkyk of jy êrens aan ‘n skou deelneem of nie, en of jou produk weens onvoorsiene gebeure op ‘n sekere dag nie by jou besigheid besigtig kan word nie.

Vir dieselfde prys as ‘n klein advertensie in ‘n dagblad word jou ware en/of dienste aan miljoene bekendgestel. (In SA alleen is reeds een en ‘n halfmiljoen ‘websurfers’ en oor die vyfmiljoen selfoon gebruikers. Volgens voorspellings sal 948 miljoen mense teen 2002 Internet gebruikers wees.)

Jy kan selfs jou staanplek op die werf vir ‘n volle jaar verniet kry en nog ‘n ekstra inkomste ook verdien.

Lees punt 4 hieronder.)

MOENIE DAT SO ‘N GELEENTHEID BY JOU VERBYGAAN NIE!

Die hoofdoel van oppimark.com is nie net om vir jou produk/diens ‘n werfblad te bou nie maar om jou werfblad te bemark en behoorlik in stand

te hou. ‘n Werfblad wat nie in stand gehou word nie, skep ‘n swak indruk van jou besigheid. Moenie dat dit met jou besigheid gebeur nie!

oppimark.com bied jou:

2 werfblaaie een Afrikaans, een Engels, wat jy elke drie maande kan verander sodat jou werf byderwets kan bly.

Hiervoor verwag ons van jou:

4 A4 bladsye teks, dubbelgespasieër, 2 Afrikaans en 2 Engels.

4 Volkeurfoto’s wat by die Afrikaanse en Engelse werf gebruik kan word.

‘n Spesiale aanbiedingsblad waarop jy jou produk/diens teen ‘n spesiale prys kan aanbied. Hierdie aanbieding word met jou werfblad gekoppel.

Spesiale aanbiedings

Elke besigheid het van tyd tot tyd iets wat hy as ‘n spesiale aanbieding wil adverteer.

Indien jy ‘n werfblad by oppimark.com het, kan jy ook, soos die geleentheid hom voordoen, op ons Spesiale aanbiedingsblad jou eie spesiale aanbiedings plaas. Die koste beloop R40 per aanbieding, vooruit-betaalbaar by bespreking. Dit sluit 1(een) foto + 60 woorde (Afrikaans en/of Engels) per aanbieding in. So ‘n spesiale aanbieding sal vir 1(een) maand verskyn. Hierdie spesiale aan-bieding word dan met jou werfblad gekoppel.

4 opsies:

‘n Jaarlange kontrak teen R50 pm, di net R1,67 pd (Vergelyk hiermee gewone advertensie- en huurkostes!)

Driejaar-kontrak teen R50 pm – wat beteken dat jou kontrakgelde op dieselfde  tarief bly sou verhogings nodig word.

Jy kan ook verniet ‘n werfblad kry! Werf vyf produkeienaars/dienste wat ‘n kontrak vir een jaar aangaan, of drie wat ‘n kontrak vir driejaar aangaan, en jou eie werfblad kry jy vir een jaar GRATIS!

Ons bied jou ook ‘n sake-ooreenkoms:

Vir elke jaarkontrak wat jy werf vir oppimark.com, betaal ons jou ‘n eenmalige bedrag van R30 per kontrak. Werf 10 en verdien R300. Werf 100 en verdien R3000, en so aan.

Vir elke driejaarkontrak wat jy werf vir oppimark.com, betaal ons jou ‘n eenmalige bedrag van R50 per kontrak. Werf 10 en verdien R500. Werf 100 en verdien R5 000!

Foto’s en kopie wat driemaandeliks vervang moet word, moet oppimark.com minstens 30 dae voor publikasie bereik. Die onus rus op die adverteerder, en nie op oppimark.com nie, om kopie en foto’s driemaandeliks voor te lê vir verandering.

Die Blinds Factory BK is ‘n goed gevestigde besigheid en die voorste vervaardiger en verspreider van blindings in die Suid-Kaap. Ons brei vinnig uit na ander dele van die Kaapprovinsie en die res van die land te danke aan moderne tegnologie deur middel van Internet posbestellingsfasiliteite. Ons spesialiseer in die vervaardiging en verskaffing van alle tipes vensterbedekkings aan die handel sowel as die publiek van  korporatiewe kontrakte tot privaat ondernemings

Gevestig in die vroeë 1990’s, het die maatskappy deur die jare ‘n sterk reputasie opgebou, gebaseer op uitstaande diens en hoogs bekostigbare pryse in ‘n streng mededingende mark terwyl ons terselfdertyd voortdurend tred hou met die jongste ontwikkelings en produkte deur persoonlike interaksie en samewerking met die voorste vervaardigers van vensterbedekkings in die buiteland.

Eienaars en bestuurders, Jack & Elna van der Spuy, word ondersteun deur ‘n hoogs toegewyde en bekwame span. Hierdie goed toegerugste fabriek (wat ook die hoof adminstratiewe kantore huisves) beskik oor baie effektiewe verspreidingsfasiliteite. As gevolg daarvan lewer ons ‘n uitgebreide verspreidingsdiens aan goedgekeurde afsetplekke in elke dorp vanaf Bredasdorp na George in die Suid-Kaap tot so ver as Plettenbergbaai en Port Alfred in die Oos-Kaap, sowel as Oudtshoorn en De Aar in die Karoo Gebied.

Ons posbestellingsfasiliteit, waar ons blindings aan die publiek in enige deel van Suid-Afrika en Afrika teen uiters kompeterende pryse lewer, blyk hoogs suksesvol en gerieflik te wees. Omdat ons kliëntgerig is, poog ons ook om waardevolle inligting te bied omtrent die onderhoud van blindings, installeringswenke en gedeeltes oor hoe om te bestel en hoe om te meet.

Al ons vriende beskou Caravan Cove as hulle gunsteling Vakansie Oord!

<E>

Miskien is dit die Karakter van Caravan Cove,  miskien die vriendelikheid of miskien maar net omdat dit Caravan Cove is, maar wees gerus, Caravan Cove is die Oord om by te wees!

Reg voor Caravon Cove is  500meters  swemstrand en rotspoele – die netjieste strand ooit gesien!

<E>

Pret word op die strand gereël. Ons hou ‘slippy-slide’ pret en krieket word gespeel, mooi meisies baai maar net orals waar jy kyk, of jy kan maar net rondloop in die brandertjies.

<E>

<E>

Ontspan in die son.

<E>

Hou lekker pret

<E>

Geniet Ontspanning op sy beste by Caravan Cove.

<E>

U kan net hier bly, of as u lus is, ons verder besoek. Die keuse is joune.

Bybel-Media is ‘n netwerk van Christelike bedienings onder een dak wat dieselfde infrastruktuur deel, met die doel om die goeie nuus van Jesus Christus deur alle media wêreldwyd te versprei. Ons bied die volgende dienste aan: Bybelkorrespondensiekursusse, boeke, video’s, CD’s, klankkassette, blaaiboeke en persoonlike raadgewing oor die pos en deur die internet.

Ons visie kan saamgevat word in die woorde van Kolossense 1:28 in die Bybel:

“*”

Gratis Gebedskaart Met Elke Aankoop van Jabes Se Gebed

JABES SE GEBED deur Bruce Wilkinson

Afslag Prys Slegs Op Webblad Aankope: R29.95

Het jy ‘n behoefte aan God se oorvloedige seën? Bid jy, maar bly onvervuld? Maak jou dan gereed om na die buitengewone te reik. Ontdek hoe ‘n eenvoudige daaglikse gebed jou uit jou alledaagse sleurbestaan kan laat opstaan en laat deurbreek na die lewe wat Hy vir jou bedoel het. JABES SE GEBED is die evangelieboodskap wat mens se lewe radikaal verander soos ‘n mens bedoel is om dit in Christus te doen. Ontdek hoe die merkwaardige gebed van ‘n byna onbekende geloofsheld God se guns, krag, en beskerming onsluit.

Stil Oomblikke Vir Moeders

Stil Oomblikke Vir Moeders deur Joyce & H. Norman Wright

Was: R49.95 / Afslag Prys: R39.95

‘n Elende aanraking, ‘n rigtinggewende woord, ‘n hartverwarmde drukkie, sulke terheid kom van een van die lewe se kosbaarste geskenk: ‘n god-vresende moeder.

GEESTELIKE VERRYKING

Die Geheimenis Van God Se Wil

Afslag Prys: R69.95

Die meeste Christene worstel op die een of ander tydstip met die begeerte om God se wil te ken. Met hierdie deurstaande boek wend die skrywer ‘n daadwerklike poging aan om die onsekerheid uit die weg te ruim oor wat God se wil nou eintlik behels. Tog kan dit nie klinklare antwoorde gee nie. Die Geheimenis Van God Se Wil bied praktiese insigte, humor en onvergeetlike verhale. Dit inspireer elke leser om te ontdek wat God se wil is vir sy lewe.

Geskenkboek – Oordenkings Van ‘n Dankbare Hart

Oordenkings Van ‘N Dankbare Hart Afslag Prys: R79.95

Hierdie aangrypende reis na ‘n wereld van eenvoudige skoonheid en ewigdurende plesier eggo die tydlose boodskap dat ‘n dankbare hart waarlik een van die lewe se grootste skatte is. Met genotvolle stories en verfrissende waarnemings moedig Oordenkings Van ‘n Dankbare Hart jou sagkens aan om ‘n gees van dankbaarheid te kweek vir die dinge wat die meeste saak maak: ;n toegewyde gesin, getroue vriende en ‘n liefdevolle God.

Bybels – Die Eenjaarbybel

Die Eenjaarbybel

Was: R95.95   Afslagprys: R79.95

God openbaar Hom in die Bybel aan ons. Talle Christene soek na ‘n manier waarop hulle God se lewende Woord sistematiese en doelgerig kan deurlees, want die gevaar bestaan dat ‘n mens bloot oppervlakkig kan lees, of sekere dele kan oorslaan. Die EENJAARBYBEL voorsien aan al die behoeftes.

BERADING

Waarom Laat God Lyding Toe deur John MacArthur

Afslag Prys: R39.95

“Waar Is God wanneer ek seerkry?” Almal wat hulle middel-in ‘n krisis bevind, vra die vraag. In WAAROM LAAT GOD LYDING TOE? toon die skrywer aan dat pyn en beproewings ‘n onvermydelike deel van die lewe van elke Christen is. Hierdie boek gee perspektief in die rol wat lyding speel in God se plan vir die lewe van elke gelowige. Dit sal die leser nie net help om die sin van lyding te kan verstaan nie, maar hom ook toerus om ander te bemoedig wat onder dieselfde las gebuk gaan.

Is jou huis jou kuierplek?

Ons maak gordyne wat enige ambassadeur na sy asem laat trek,

Materiale, kussings en wat meer,

ons verskaf dit deur te maak na jou kleur.

Verftegnieke, giere en patrone,

kom vertel my jou drome,

 jou beursie, is gemaak om te re,.

Speelplek, ontspanning en werksplek,

donker, pienk en grou,

ons maak iets waarvan jy sal hou.

Enige mooi meubels wat jy wil hê?

dit moet jy tog vir my sê,

Ons sal krap, soek en rondry,

Jou hartsbegeerte sal ek vir jou kry!

Die mark is maar gedurig in beweging. Mense en maatskappye koop goedere, dienste en kundigheid. Een van die mees belangrike take by ‘n sakeverhouding tussen mense en maatskappye van verskillende lande is die vertaal van mondelinge en geskrewe kommunikasie. Vertalings van goeie gehalte is van baie groot belang. ‘n Goede vertaling is ‘n deurslaggewende faktor in ‘n handelstransaktie. Dink byvoorbeeld aan wanneer u ‘n bestelling moet maak!

Spaans, Portugees, Nederlands en Duits

Logos het jarelange ondervinding in (beëdigde) vertalings van kommersiële, tegniese tekste en regtekste vanuit Duits, Portugees en Spaans na Nederlands, en omgekeerd. Ons vertaal ook uit Engels na Nederlands, Duits, Portugees en Spaans, en van Duits na Nederlands, Portugees en Spaans.

Afstand is geen faktor nie. E-pos is baie geskik vir die stuur en ontvang van lêers en tekste vir vertaling. Wanneer ‘n vertaling gereed is, kan ons u dit dadelik vir u per e-pos stuur. Ons kan u teks in Word- of WordPerfect-formaat lewer.

Ons kan ook vir Afrikaanse maatskappye Nederlandse tekste skrywe.

Vír meer inligtings <A> of <A>

Kwaliteit, verskeidenheid en oorspronklikheid is wagwoorde by die skep en aanbieding van EroArt produkte en dienste.

EroArt spesialiseer in kwaliteit, pasgemaakte produkte – u eie foto’s, grafika of bewoording kan gebruik word om unieke groetekaartjies, kalenders of skryfbehoeftes van u keuse te skep.

‘n Volledige (vertroulike) skandering diens is beskikbaar vir die skandering van u waardevolle foto’s en dokumente.

Dokumente of artikels (tot A3 en maksimum 1mm dik) kan deur EroArt lamineer word.

EroArt produkte is uniek en nie in winkels beskikbaar nie.

<BY REGISTERING ON THESE PAGES AND/OR APPLYING FOR ANY PRODUCTS OR SERVICES OFFERED ON THESE SITES/PAGES, YOU ARE DEEMED TO HAVE AGREED TO THE DISCLAIMER.

Copyright (c) 1999 – 2000 by EroArt. All rights reserved. No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means without written permission from the authors.>

REGISTRASIE OP ENIGE VAN HIERDIE BLADSYE OF ‘N AANSOEK VIR ENIGE DIENS OF PRODUK WAT IN HIERDIE BLADSYE AANGEBIED WORD, DUI AANVAARDING DEUR U EN INSTEMMING TOT DIE WETLIKE ONTKENNING.

Kopiereg (c) 1999 – 2000 deur EroArt. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie webruimte mag reproduseer of versend word sonder die skriftelike toestemming van die eienaars nie.

Ralida Leerskoene maak reeds die afgelope 11 jaar hoë kwaliteit sagte, gemaklike leerskoene vir ontspanning. Ralida is ervare vervaardigers van egte skaapvel-pantoffels, sandale, stewels en skoene.

AJV Belts is ‘n onlangse toevoeging tot ons reeks produkte! Ons maak ‘n 40 mm- slender- en ‘n 30 mm- deftige gordel (belt).

Veters

Dames toerygskoen.

Elegant, ‘n sagte gemaklike skoen wat by lang- en kortbroeke gedra kan word.

Una

Hierdie insteekskoen kom in twee veskillende soorte: Een met ‘n oop toon en kante wat oop is, die ander een is heeltemal toe.

Strappie Sandaal

‘n Gemaklike somer-sandaal met ‘n leerbinnesool en sagte chrome-tan boleer.

Essie  Sandaal

‘n Oop, gerieflike sandaal, met ‘n leerbinnesool, ideaal saam met ‘n kortbroek.

Mansskoen

‘n Gemaklike sagte skoen wat gedra kan word saam met langbroeke en kortbroeke.

AJ’S

Rubbersole wat spesiaal gemaak is sodat modder nie daaraan kan vaskleef nie. Sterk veters en veterringetjies.

GPA’S

Gemaak vir mans en dames. Spesiaal gemaakte Ralida sool en sterk gespes.

Lyfbande in twee veskillende soorte, 30 mm band met ‘n nikkel-satyngespe en ‘n 40 mm band met ‘n antiek-silwer- of antiek-vergulde gespe. Word gemaak van die beste baslooileer.

Vlieëplakke wat gemaak is om vir altyd te hou, met ‘n draad handvatsel. Ongelooflike prys.

Bestel 30 of meer pare teen ‘n spesiale prys!

Hierdie bladsye is op 20 Junie 2001 op datum gebring

ProData Rekenaarstelsels is ‘n sagteware besigheid wat spesialieer in rekenaarsagteware aan kerke, munisipaliteite, kourierfirmas en ander klein tot medium-grootte sake-ondernemings. Van die sagteware is voltooide pakkette wat getoets kan word voor aankoop. Ander sagteware word per aanvraag spesiaal vir ‘n sake-onderneming geskryf. Die outeur het ongeveer 15 jaar ervaring in die skryf van rekenaar-pakkette en het reeds ‘n wye reeks totaal uiteenlopende stelsels geskryf. Enige stelsel kan landwyd (wêreldwyd) via die Internet afgelewer word. Kontak my gerus by <A> vir enige navrae.

Haai, hier is iets vir al die Suid-Afrikaanse besighede wat op die uitkyk is vir oorspronklike tekens. Ons reel aflewering oor die hele Suid-Afrika. Kyk na die voorbeelde en vra gerus ‘n kwotasie aan op dit waarna jy spesifiek soek. Stuur foto’s of fakse of e-mail vir ons die spesifikasies en ons stuur binne ‘n dag van ontvangs daarvan aan jou die kwotasie en verdere uitleg volg weer kort daarna! (bygewerk: 1999/02/18)

DIS so maklik soos ABC! Voltooi bloot die e-koepon bo-aan hierdie bladsy, druk STUUR en dis al! Binne 48 uur behoort jou advertensie in die advertensielys hieronder te verskyn.

Indien dit nie verskyn nie, het ons dit bes moontlik weens die een of ander tegniese probleem nie ontvang nie. Stuur dit dan asseblief tog maar weer.

Webswewers sal begryp dat die ruimte vir die plasing van advertensies beperk is. Wanneer of indien die ruimte min raak, sal Dugeot uit eie diskresie telkens van die oudstes moet skrap. Niks verhinder jou egter om weer ‘n e-koepon-advertensie(s) te stuur as jou artikel(s) ná

Aan de Vliet beskik oor 37 vyf- en sesbed selfsorgrondawels. 14 van die 37 selfsorgrondawels en 10 van die gastehuise beskik oor lugversorging en DSTV.

Daar is ook ‘n gastehuis (Bed en Ontbyt) met tien private

suites, omring deur inheemse bome met ‘n uitsig oor ‘n

murmelende stroom. Elke suite het ‘n sitkamer wat toegerus

is met ‘n yskassie en fasiliteite om tee/koffie te maak. ‘n Private binnehof, eie badkamer met toilet. Alle eenhede is met dakwaaiers, lugversorging en DSTV toegerus.

Ons bied ook akkommodasie vir rugsakreisigers teen sakpaspryse!

Beplan u dalk ‘n toer deur Suid-Afrika, het u verblyf in Port Elizabeth nodig?  Of u nou alleen of saam met u gesin reis, ons het ‘n kamer wat aan u vereistes voldoen.

Kom geniet die gasvryheid van die “Vriendelike Stad” met Leon Goosen as jou gasheer. 

Die Arkenstone Gastehuis is sentraal geleë en binne enkele minute se ry van die see, sport geriewe, winkelsentrums en hospitale.

Gebruik gerus die knoppies aan die bokant van elke blad om meer uit te vind oor die Arkenstone Gastehuis en Port Elizabeth.

Senekal was die laaste naweek in Mei letterlik in rep en roer. Dit was die 100 jaar herdenking van die Anglo Boereoorlog. Wat dié naweek so spesiaal gemaak het, is dat die skermutseling op Sandkop, wat plaasgevind het op 25 Mei 1900 en die daaropvolgende Slag van Biddulphsberg op 29 Mei 1900, herdenk is. Die Anglo Boereoorlog Komitee het ‘n volledige en vol program vir hierdie naweek beplan.

Die naweek het dan ook afgeskop op Donderdag, 25 Mei 2000 met ‘n boereontbyt by die Keethuis, wat aangebied is deur die Dameskring. Ansie Prinsloo het die verrigtinge geopen met skriflesing en gebed. Daarna het Danie Schutte ‘n gepaste lied gesing. Borrie Erasmus het ‘n stukkie interessante geskiedenis vertel. Volgens sy bronne het die Transvaalse en Vrystaatse regering ooreengekom om mekaar te help, sou een van dié republieke in ‘n oorlog gewikkel raak. Hierdie ooreenkoms is gesluit lank voor daar enige sprake van ‘n Anglo-Boereoorlog was. Na die vertelling van Borrie kon almal vir hulle kos gaan inskep. ‘n Heerlike ontbyt bestaande uit roereiers, regte egte mieliepap, sous, lewerpastei en vars tuisgebakte brood, is voorgesit.

Na almal aan die ontbyt weggelê het, het die verrigtinge verskuif na die NG Moederkerk terrein. Die Senekal Kommando het in volle drag aangetree. Die Vrystaat Vlag en die Union Jack het vrolik gewapper in die fris luggie. Dit het ook effens gereën, maar niemand het hulle daardeur laat afsit nie. Cilliers Human het ‘n kort uiteensetting gegee van wat met die skermutseling op Sandkop op 25 Mei 1900 gebeur het. Oud bevelvoerders en mense wie se voorgeslagte in die oorlog geveg en gesterf het, kon kranse lê by die Burgermonument. Daarna het almal verdaag na hul huise en gewag vir die volgende dag se gebeure.

Vrydagmiddag, die 26ste Mei, het al wat ‘n jongmens bymekaar gekom by die Laerskool sportvelde. Hulle was reg om mekaar die stryd aan te sê met regte outydse Boere speletjies. Daar het nege spanne ingeskryf met name wat gewissel het van die “Rooinekke” tot die “Kleiosse”. Die speletjies waaraan die spanne deelgeneem het, was: ver spoeg, kettie skiet, driebeen resies, sakresesies, kruiwastoot, eiergooi, klipgooi en naald en garing. Die naald en garing afdeling was dan ook baie spanne se ondergang. Verbasend genoeg het die seuns soms beter die garing deur die naald se oog gekry as die meisies! Terwyl die beoordeelaars die punte uitgewerk het, het Paul Erasmus Hoërskool se trompoppies ‘n vlagvertoning gelewer. Die span wat toe op die einde gewen het, was die “Kleiosse”. Elke deelnemer van die wenspan het dan ook ‘n klein trofeetjie ontvang.

Die aand was die Kultuuraand in die skoolsaal waar sang en items met ‘n Anglo Boere-oorlog tema gelewer is. Die Laerskool het stukkies opgevoer wat die kind se ondervinding in die oorlog weergegee het. Daarna was daar ‘n eenbedryf genaamd “Die Rooiduiwel se as”. Leentjie Viljoen het die rol as Petra, die Rooiduiwel se dogter uitmuntend vertolk. Louis Nel het die patetiese Joubertjie, Petra se man gespeel. Chrsto Swanepoel was die Rooiduiwel se broer, Otto Brandsmuller. Heibrie Schutte het die Rooiduiwel se vrou, Maria Brandsmuller gespeel en Sybrand Brink was Prokureur Vermaak. Henry Bredenkamp het hom ook goed van sy taak gekwyt as Hendrik, die “nerd” broer van Petra. Die rolverdeling was skitterend en dit was duidelik dat almal hulle gate uitgeniet het. Na die skreeusnaakse eenbedryf is die Fakkelvlam, wat van Bloemfontein af gekom het, oorhandig aan die Voortrekkers en word die Kultuur Man en Vrou aandgekondig. Groot was Rita Heyns se verbasing toe sy as kultuur vrou aangewys word en wou sy eers nie opstaan nie, omdat sy seker was sy het verkeerd gehoor. Cilliers Human is as kultuur man aangewys en was duidelik aangedaan oor hierdie verering.

Lekkerbreek Vakansie wildsplaas is ‘n private oord wat gaste tot en met 20 kan huisves. Dubbel Chalets met en sonder eie badkamers is gerangskik op ‘n groot grasperk met pragtige inheems sowel as uitheemse bome.

Vir die wegkomkans in die bosveld. Moeder Natuur is net die regte medisyne.

Ons het pas ‘n nuwe rolbalbaan voltooi. Afrigtingsklinieke word maandeliks aangebied met ‘n interesante program vir slegs R740.00 p.p. Hierdie pakket beloof om iets spesiaals te wees. Die pakket sluit in: Rolbal Wildbesigtiging, stapsessie in die vroee oggend, vars lug, voelkyk, en boom identifisering Heerlike etes, koffie en tee ingesluit en verder lekker kuier saans in die bosveld. Hierdie is ons openings pakket. 4 dae vanaf Sondae middag tot en met Donderdagontbyt vir slegs R740.00 p.p.w.d.’n Nuwe woonwapark is vir die gerief van die rolbalspelers/gaste daar gestel, sodat hulle heerlik kan kuier in die natuur Hier is ‘n spesiale tarief van slegs R40.00 p.p.p.d.

BESPREKINGS KAN GEDOEN WORD BY: ELIZE OPPERMAN

<A>

LEKKERBREEK is gelee 30 km oos van Naboomspruit in ‘n bosryke streek wat bekend is vir sy verskillende boom sowel as voelsoorte. Die naam LEKKERBREEK is afkomstig van een van die populere boomsoorte wat oral te sien is op die plaas. Wildsoorte soos Koedoes, Waterbokke, Blesbokke, Gemsbokke, Kameelperde, Sebras, Blou Wildebeeste, Rooibokke, Bosbokke, Vlak en Bosvarke en vele meer is oral te sien.

Konferensie fasiliteit is beskikbaar wat met gemak tot 40 persone kan hanteer. Bosberade in die natuur is vandag baie rustiger as in formele omgewings. Hier kan u na hartelus ontspan weg van die daaglikse rumoer. Egte boeredisse word voorgesit teen baie lae pryse.

‘n Kuier by LEKKERBREEK sal u onthou! ! ! !

Pragtige staproetes al om die rotse is asemrowend mooi.

BESPREEK NOU OM TERLEURSTELLING TE VOORKOM.

Vir enige navrae kontak my nou deur hier te druk <A>

In ‘n pragtige omgewing soos die Wes-Kaap, is nie net die toeropsies legio nie, maar ook toeroperateurs.

Waarom is Kontrei Toere u eerste-keuse toeroperateur?

1. Kontrei Toere is ‘n ongeëwenaarde eko-toerisme spesialis wattoere volgens u spesiale belangstellings beplan.  Deur te let op groepgroottes, vervoerbehoeftes (lug, spoor en luukse padvervoer), akkommodasie (van weelderige hotelle tot plase en selfs kamperign) en die tyd tot u beskikking, verseker ons u groep die beste reiservaring.

U keuse van die vlak van deelname (besoeke aan museums en plase, staptoere deur botaniese tuine en selfs avontuuruitstappies) en ook die moeilikheidsgraad daarvan, word in gedagte gehou.

Spesialisgidse word opgelei en gekies op grond van groepe se taalvoorkeur en kennis ten opsigte van u spesiale belangstellings.

2. Kontrei Toere bied ‘n wye verskeidenheid temas en toerprogramme aan kliënte:

i. Algemene temas sluit in:Antropologie

* Argitektuur

* Boerdery (blomme, graan, groente, vee, vrugte, wild)

* Botanie

* Fotografie

* Geologie en mynwese

* Geloof

* Geskiedenis

* Kultuur

* Opvoeding

* Sendingstasies en Sendingwerk

* Sport (branderplankry, duik, fietsry, grotkruip, golf, hengel,perdry, roei, staptoere en seil)

* Sterrekunde

* Voëlkyk

* Woestyne en halfwoestyne

* Wynproe

* Wildbesigtiging

ii. Spsiale temas word nagevors:

U spesiale toerbelangstellings kan nagevors en aangebied word in samewerking met veldspesialiste.  ‘n Voorbeeld hiervan is:

“Die Vergete Grootpad en die Ceres-Kontrei”.

iii. Tariewe vir Kontrei Toere programme:

Alle tariewe word verskaf op versoek omdat:

* -Temas en besoekpunte verskil van toer tot toer.

* Pryse wissel na gelang van gropgroottes, akkommodasie en vervoerbehoeftes.

* Pryse wissel na gelang van veranderinge in toerismeseisoene

iv. Gebruik van gidse:

Kontrei Toere se gidse word spesiaal opgelei en toegerus om die kliënt van ‘n insigtelike reiservaring te verseker.  By sekere bestemmings word gebrik gemaak van gidse uit die gemeenskap om eerstehandse inligting oor te dra.  So dien nie net die kurator van ‘n museum nie, maar selfs ‘n skaapskeerder, diamantduiker of kuiper as spesialisgidse in eie reg.

* Onbeperkte geleenthede vir persoonlike verryking

* Toegevoegde waarde vir geld uit inligting verskaf deur intensiewe navorsing.

* Gewetensvrye reise vanweë deelname aan volhoubare eko-toerisme programme.

Baie dankie vir jou belangstelling ons wereld.

Neem gerus ‘n toer deur ons omgewing van uiterstes, en mag dit ‘n besondere ervaring vir jou wees. Jy is welkom om ook ons gasteboek te teken.

Zandvlakte is ons heimat waar die lewe weegskaal ry tussen die groot natuurwonders van die wereld-ekosisteme, en die tegnologiese uitdagings van die nuwe eeu.

JDD poog om deur haar Nasionale Projek verkragtingslagoffers by te staan op verskillende wyses. Die slagoffer het elke bietjie ondersteuning wat sy kan kry dringend nodig – al is dit ook net om die plek waarin haar verklaring afgeneem word en waar sy ondersoek word “sagter” te maak.

Hierdie projek is een van JDD se grootste projekte ooit. Kyk ‘n bietjie wie is almal betrokke en wat het van ons takke al vermag.

Die impak van verkragting

Verkragting is een van die mees vernietigende persoonlike traumas. Verkragtingslagoffers voel asof hulle lewe uitmekaar val. Hulle psigologiese en fisiese privaatheid word erg geskend. Die emosionele seerkry neem baie lank om te genees.

Die tipiese reaksie wat ‘n verkragtingslagoffer beleef is: skok, ongeloof, vrees, skuldgevoelens, selfblamering en hartseer. Hulle onttrek hulle van die samelewing, beleef sogenaamde “moodswings”, ly aan post-traumatiese stres, voel skaam en vuil en as hulle in ‘n huwelik staan beïnvloed dit ook hulle verhouding en algemene verhouding teenoor die tenoorgestelde geslag.

Die bewering dat verkragters meestal onbekend aan die slagoffer is, is ‘n verkragtingsmite.

Dit is ook ironies dat wanneer ondersteuning die meeste benodig word, die verkragtingslagoffer op haar alleenste is en nie voldoende ondersteun word deur haar familie, vriende, instansies en die samelewing nie.

<E>

Reaksie / Wat doen ons?

By die SV Motiveringsnaweek in Oktober 1999 het Hoofbestuurslede en Streeksverteenwoordigers hulle sterk uitgespreek teenoor verkragting en kinders wat mishandel word.

Hieronder foto’s van ons streke en hul plakkate met slagspreuke teen die gruwel misdade.

(NB – Gautengstreek se foto het ongelukkig met ‘n versteurde beeld ontwikkel, maar wees verseker hulle het net so dinamies vertoon.)

(Vrystaatstreek)

(Gauteng/Noordelike Provinsiestreek)

(Weskaap/Ooskaapstreek)

(Noordwes/Noordkaapstreek)    Die rol van die SAPD in ‘n verkragtingsaak

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het geweld teen vroue en kinders as een van hulle prioriteitsmisdade geïdentifiseer – die hantering van sulke sake geniet hoë aandag. ‘n Polisiekantoor is een van die eerste plekke wat ‘n vrou besoek, nadat sy verkrag is aangesien sy die misdaad by die polisie moet aanmeld. Sy moet dus na ‘n openbare plek gaan en ‘n saak gaan maak.

‘n Vrouespeurder word gewoonlik uitgeroep om die slagoffer se verklaring af te neem. Daarna moet sy deur die distrikgeneesheer ondersoek word. Vele verklarings volg in die loop van die ondersoek ( daar word dus van haar verwag om die storie oor en oor te vertel).

Die slagoffer kan kies of sy na die verkragting ‘n verkragtingskrisissentrums wil besoek. Hierdie sentrums (wat gewoonlik net in die groot sentra’s geleë is) gee aan verkragtingslagoffers hulp en raad.

Tog moet ‘n vrou wat verkrag is, oor die eerste hekkie kom, naamlik om die saak te gaan aan te meld. SAPD-kantore is nie altyd toegerus om die verkragtingslagoffer alleen te ondervra en in “sagter” omstandighede verklarings af te neem nie.

Oor die algemeen is ‘n polisiestasie ‘n koue en onpersoonlike plek. ‘n Plek wat net twee tipes mense besoek: as jy ‘n slagoffer was en as jy ‘n misdadiger is. Verder is die publiek oor die algemeen baie onbetrokke en oningelig oor wat by ‘n polisiestasie aangaan. Dit is dus ‘n plek wat mens net besoek as dit werklik nodig is. Die SAPD het ook nie die fondse om die “eerste kontak” wat ‘n verkragtingslagoffer moet maak, drasties te verander nie. Dit is ook verder bekend dat die kantore van distiksgeneeshere ook nie die mooiste en beste toegerus is nie.

VERKLARING VAN TOEWYDING DEUR BLANKE SUID-AFRIKANERS

Ons erken dat apartheid swart Suid-Afrikaners diepgaande sosiale, ekonomiese, kulturele en sielkundige skade berokken het. Dit het ons gedeelde menswaardigheid ondermyn.

Ons erken die wit gemeenskap se verantwoordelikheid vir Apartheid want baie van ons het dié stelsel aktief en passief ondersteun. Sommige blankes was wel diep betrokke in die stryd teen apartheid, maar hulle was min in getal.

Ons erken ons verantwoordelikheid teenoor ons swart mede Suid-Afrikaners, want alle blankes is stelselmatig bevoordeel deur rasse-diskriminasie.

Ons besef dat die skade wat apartheid veroorsaak het nog nie oorkom is nie. Die gevolge van rasse-diskriminasie bly duidelik sigbaar in die ernstige armoede en sosio-ekonomiese agterstande wat deur meeste swart mense ondervind word, in kontras met die bevoorregte lewens van meeste blankes.

Ons erken dat rassistiese houdings van wit meerderwaardigheid en swart onderdanigheid voortgaan om ons lewens, gemeenskappe en instellinge te vorm.

Ons erken dat ons versuim om verantwoordelikheid te aanvaar vir apartheid, versoening en transformasie belemmer.

Hieroor het ons diep berou.

Daarom glo ons dat dit reg en noodsaaklik is om onsself toe te wy daaraan om hierdie ongeregtighede reg te stel. Ons verbind ons daartoe om ons vermoëns, middele en energie individueel en gesamentlik aan te wend om rassisme met wortel en tak uit te roei en ‘n nie-rassige gemeenskap te bevorder wat tot voordeel sal strek van alle Suid-Afrikaners. Met hierdie doel voor oë en met begrip vir die dringende noodsaak van restitusie sal verskeie aktiwiteite geloods word, insluitende ‘n Ontwikkeling en Versoeningsfonds.

‘n Bietjie Agtergrond

Die behoefte aan ‘n landwye koordinerende Afrikanerkultuurliggaam, het oorsprong gegee aan die stigting van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) in Desember 1929.

Sedertdien kon Afrikaanse en Afrikaner kultuurorganisasies, deur middel van inskakelinge by die FAK, inspraak op die nasionale en internasionale kultuurvlak geniet en sodoende hulle eiesoortige kultuurbelange bevorder.

Samestelling en Funksionering

Na bykans 70 jaar is die FAK vandag ‘n georganiseerde kultuurnetwerk van organisasies, vanaf plaaslike tot internasionale vlak, wat kultuurbehoeftes identifiseer en daarvolgens aksies inisieer.

Die FAK as Noodsaaklike Deel van die Toekoms

Die nuwe staatkundige bedeling het nie ‘n invloed op die Afrikanerkultuur nie, maar raak ook die algemene belange van Afrikaners en Afrikaanssprekendes.

As federale liggame plaas dit ‘n nuwe verantwoordelikheid op die FAK om die Afrikanergemeenskap te bemagtig om sy ideale binne en buite Suid-Afrika te verwesenlik.

Om hierdie visie na te streef, is die FAK se fokus geplaas op:

* Samewerking met alle belangeorganisasies om daadwerklik en gekoördineerd op te tree om Afrikaanse en Afrikanerbelange te bevorder.

* Leemtes en tekortkomings waar Afrikanerbelange nie na behore gedien word nie.

* Uitskakeling van dupliserende dienste om die FAK meer vaartbelyn en behoefte-gerig te maak.

* Lewering van verteenwoordigende bydraes op alle vlakke van landsbestuur.

* Die benutting van die verbruikerskrag van Afrikaanssprekendes en Afrikaners tot voordeel van Afrikaanse en Afrikanerbelange.

* Die bemagtiging van jeug, gestremdes en vrouens as spesifieke entiteitsgroepe.

Die FAK funksioneer by wyse van ‘n Hoofbestuur waarin nasionale kultuurorganisasies verteenwoordig word.

Dit sluit in:

Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV)

Afrikaanse Handelsinstituut (AHI)

Afrikanerbond (AB)

Dames Aktueel (DA)

Dameskring (DK)

Federasie van Rapportryerskorpse (FRRK)

Genootskap van Vryburgers van Suid-Afrika

Junior Rapportryerbeweging (JRB)

Maatskappy vir Immigrasie (MVI)

Natalse Christelike Vrouevereniging (NCVV)

Oranje Vrouevereniging (OVV)

Oranje Vrystaatse Onderwysersvereniging (OVSOV)

Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Suid-Afrkaanse Onderwysersunie (SAOU)

Suid-Afrikaanse Onderwysersvereniging (Kwa-Zulu Natal) (SAOV)

Suid-Afrikaanse Stigting vir Onderwys en Opleiding (SASOO)

Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF)

Transvaalse Onderwysersvereniging (TO)

Voortrekkers

en ad hoc- komitees oor kultuurbehoeftes.

Sommige lede van die komitees word benoem deur kultuurorganisasies, terwyl ander gekoöpteer word vir toegevoegde kundigheid.

Internasionale Verbintenisse

Die FAK het ook internasionale verbintenisse en ooreenkomste met kultuurvereniginge in Nederland en Vlaandere. Kontak op kultuurgebied geskied deurlopend.

Meewerkende Organisasies

As ‘n inklusiewe en onpartydige liggaam werk die FAK ook saam met ander Afrikaanse en Afrikanerorganisasies om gemeenskaplike kultuurbelange te bevorder. Onder meer met die Tussentydse Afrikanerberaad (TAB), Stigting vir Afrikaans en kerke.

Politieke Partye

Afrikaners behoort vandag aan alle politieke partye. Om hierdie rede en as ‘n nie-party politieke liggaam, skakel die FAK met alle politieke partye oor die kultuurbelange om daardeur die openbare mening en steun te verhoog.

Regering

As verteenwoordigende spreekbuis vir Afrkanerkultuur is die FAK as sulks deel van landsbestuur. Bydraes oor verbandhoudende wetgewing en gesprekke met portefeulje-komitees en beleidmakers geskied deurlopend ter bevordering van kultuurbelange.

Gemeenskappe

Net soos in die geval van ander gemeenskappe van die land, het Afrikaners die reg op die uitlewing van ‘n eie kultuur ook binne gemeenskapsverband. Nasionale kultuurgeleenthede word ook deur die FAK benut as deel van die bewusmakingsproses.

* Die party se visie is van ‘n welvarende oop geleentheidsamelewing waarin elke persoon vry, voor die reg gelyk en veilig is, en die kans gegun word om die gehalte van sy of haar lewe te verbeter.

* Ons is verbind tot die vryheid van gewete en geloof en glo dat die kernwaardes wat ons voorstaan ‘n morele grondslag vir samewerking tussen mense bied en aan geloofsuiteenlopenheid erkenning gee.

* Die party verbind hom tot geesdriftige steun vir die vestiging en behoud van ‘n oop samelewing in Suid-Afrika wat op die beginsels van liberale demokrasie en die waardes van individuele vryheid, geregtigheid en gelykheid asook die waardes van verdienste, individuele verantwoordelikheid, verdraagsaamheid teenoor menings- en ander verskille, regverdigheid en sorgsaamheid gegrond is.

* Die party glo dat die uiteenlopendheid van ons mense ‘n nasionale bate is en deur ‘n gees van onderlinge agting, insluitendheid en deelname bevorder moet word.

* Die party verbind hom tot die beveiliging van elke individu en gemeenskap se taal-, geloofs- en kultuurregte. Hy is verbind tot nasionale versoening en die bou van ‘n sterk, dinamiese en verenigde multikulturele nasie.

* Die meeste Suid-Afrikaners het lank die ontsegging van hul basiese menseregte verduur, en tans ervaar

Hallo julle!

Ek is MAAAAAAAAL oor die Internet of die Triple You (WWW) soos ek dit noem! Ek het my boude seker al 30 cm wyer gesit voor my computer sedert ek ernstig begin “Interneteer” het in Julie 1995.

Die Internet is soos Bonnie Tyler se hare –> dit lyk so groot en oneindigend dat dit mens kan intimideer – maar as jy stadig en rustig klein areas op jou tyd ondersoek, ontdek jy die wonderlikste dinge! Dit hou ook nooit op groei nie!

So wat dink julle van my web site se splinternuwe “baadjie”? Stuur vir my ‘n email of los ‘n boodskappie in my gasteboek – ek hoor graag van julle!

Dit het onder my aandag gekom dat vredeliewende mense per abuis dele van my WebPage aanhaal of gebruik sonder om eers toestemming te vra. Let daarop dat daar ‘n kopiereg boodskap (“(c) 1997 – 2001 Casper de Vries”) onder aan elke bladsy verskyn, en dit beteken dat jy my eers moet kontak (email) vir toestemming voordat jy enigsins enige deel van hierdie bladsye mag gebruik vir watter doel ookal.

Ek het goeie prokureurs. 🙂

Lawrence John Gabriel Bridges is op 22 Julie 1946 gebore en het op Viljoensdrif in die Noord-Vrystaat groot geword. Hy is op 24 Maart 2000 in ‘n motorongeluk dood en is op 03 April 2000 uit die NG Kerk Driehoek in Vanderbijlpark begrawe.

Bles Bridges, Suid-Afrika se vernaamde en veelbesproke sanger, was ‘n legende van sy tyd en terselfdertyd ook een van die grootste minnesangers wat die land nog geken het. Bles se Engelssprekende aanhangers het hom spontaan “Mr Showman” en “Mr Entertainer” gedoop.

Bles, so genoem deur sy Ierse oupa, omrede hy min hare gehad het op ‘n vroeë ouderdom, was in meer as een opsig geseënd. Hy het ‘n interessante en kleurryke musiekloopbaan met  volop hoogtepunte gehad. 

Hierdie vriendelike en goedhartige sanger met die breë glimlag en opgewekte geaardheid, het hom van meet af aan hart en siel in sy musiekloopbaan gewerp. ‘n Bewys van sy gewildheid het gespreek uit die bywoning van sy konserte en die rekordverkope van sy albums. Die musiekpubliek en aanhangers het as’t ware sy albums onmiddelik na vrystelling opgeraap.

Bles het een van die beste stemme in ligte musiek gehad wat die land nog opgelewer het. Bles se meer as 20 CD’s het almal goud (25 000 eksemplare elk), 4 platinum (50 000 eksemplare elk), 3 dubbelplatinum (100 000 eksemplare elk) behaal. Bles se albums het dus altyd goed gevaar, veral vir ‘n klein musiekmark soos dié in Suid-Afrika was dit ‘n unieke prestasie. G’n wonder dat Bles ook die “Midas” van Suid-Afrikaanse musiek gedoop was nie, want as hy gesing het verander alles summier in goud. Sy grootste verkoper was I am the eagle you’re the Wind.

Benewens sy Afrikaanse treffers was dit veral sy Ierse en countryliedjies wat besondere gewildheid geniet het. Bles het verder ook ‘n faset van countrymusiek bemeester, en dit was om te jodel. Baie musiekliefhebbers van Bles was gaande daaroor en het hom beskou as die beste Afrikaanse jodelsanger van alle tye.

Sy vrou Leonie was die groot stukrag in sy lewe en sangloopbaan. Sy was nie net die klankingenieur by al sy konserte nie, maar het haarself as ‘n bekwame komponis en liriekskrywer bewys. Meer as die helfte van al Bles se liedjies het sy self vir hom geskryf, onder meer Maggie, Onbekende weermagman, ‘n Aand om nooit te vergeet nie, Reik na die sterre, Laat my lewe, laat my liefhê en I am the eagle you’re the Wind is maar ‘n paar van sy bekendstes. 

Deur sy meelewing en sy vermoë om met almal tydens sy konserte te kommunikeer, het hy diep in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte ingekruip. Verder het hy ook veral die harte van die vroulike geslag gesteel deur rose uit te deel tydens sy konsertoptredes. Oral waar hy gekom het, het Bles Bridges vriende gemaak en as jy hom eenmaal ontmoet en leer ken het, het jy hom nooit vergeet nie. Bles het baie gepraat, baie gelag en met groot gemak ‘n geselsie aangeknoop met sy musiekliefhebbers. Vir sy bewonderaars en veral kinders het hy altyd ‘n tydjie gemaak. Byna nie ‘n konsert het verbygegaan waar hy nie ‘n kleinjie op sy skoot getel, ‘n roos uitgedeel en vir hom of haar gesing het nie.

Maar donker dae van beproewing het gevolg. Bles het in die mees traumatiese typerk van sy lewe gestaan toe limfoomkanker van die maag gediagnoseer is en daar vir hom min hoop op genesing was. Na ‘n groot operasie waartydens die grootste deel van sy maag weggesny was om die kanker te verwyder, gevolg deur intensiewe behandeling, het hy volkome herstel. Volgens Bles was dit ‘n keerpunt in sy lewe en uit dankbaarheid teenoor sy Skepper dat hy so wonderbaarlik herstel het, het hy ruimhartige skenkings aan kankernavorsing, SANTA en ander liefdadigheidsorganisasies gegee.

Onvergeetlike hoogtepunte in sy sangloopbaan was sy optredes in die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein en dié in die Goeie Hoop Sentrum in Kaapstad voor ‘n gehoor van 6000 mense. Die toppunt van sy loopbaan was steeds sy optredes in die Sonstad op 14 en 15 Mei 1987 in die Superbowl van Sun City. Hy was die eerste plaaslike Afrikaanse kunstenaar om as hoofster in ‘n uitverkoopte Superbowl op te tree. Dit was nie net ‘n groot triomf vir Bles nie, maar bowenal het Afrikaanse musiek hier geseëvier.

 Bles was baie gesteld op sy voorkoms en het geglo dat ‘n mens aan ander net respek kan betoon deur reg en ordentlik geklee (in sy spoguitrustings) voor hulle op te tree. ” ‘n Mens moet altyd ‘n ander se menswaardigheid respekteer en mense behandel soos jy wil hê hulle jou moet behandel.”

Bles wat onthou sal word as ‘n musikale reus, het diep spore getrap en orals blink bakens op die Afrikaanse musiekpad agtergelaat. Van ‘n nederige begin het hy gegroei tot ‘n reus in die Afrikaanse musiekwêreld. 

Bles laat sy ouers, Cecil en Maria, sy vrou, Leonie, sy dogter, Sunette, sy seun Victor en twee kleinkinders agter.

Bles Bridges sal beslis deur sy bewonderaars en aanhangers gemis word.

Riana van Wyk is woonagtig in een van die voorstede van Kaapstad, Brackenfell. Sy is al 14 jaar getroud met Louis en saam het hulle ‘n pragtige blondekopseun, Juan – 5 jaar oud..

Riana is in die Wes-Kaap meer bekend as sangonderwyseres. Buiten die sangskool, is Riana ook ‘n professionele sangeres. Haar eerste album, “n Tweede Kans” is in 1997 vrygestel en nadat sy pas ‘n kontrak onderteken het met die platemaatskappy Select, het haar tweede album Stand by your Lord, die lig gesien. Lees meer daaroor hier.

Riana was in 1989 reeds op die televisie-program “Kaapse Rondomtalie” op Mnet. In September 1990 was sy weer weer deel van ‘n “Lentekonsert” opname, ook vir MNet.

Sy was ook een van drie sangers wat in 1992 op “Gospel Gold” TV2 gekies is vir die finale van hulle Christelike sangkompetisie. Riana tree gereeld op by enige tipe funksie – van ‘n modeparade tot ‘n kerkdiens. Sy het nie ‘n fenominale lys van talentkompetisies gewen nie, maar sy glo dat ‘n mens kompeteer om op jou tone te bly en jou lig te laat skyn, nie soseer om te wen nie. Die wen is net ‘n bonus.

Sy skryf haar sukses as sanger en afrigter toe aan die feit dat sy ‘n pad loop met haar God.

In 1998 het sy ‘n Diploma ontvang in Geestelike Berading wat sy by die Instituut vir Christelike Berading, Genesing en Bevryding gevolg het. Sy voel baie sterk daaroor dat haar christenskap in haar werk en haar hele lewe na vore moet kom.

Karin is gebore op 21 Februarie in ‘n klein dorpie in die Kaapprovinsie genaamd Burgersdorp. Sy val onder die sterreteken Vis. Gedurende haar eerste lewensjaar verhuis haar ouers Frank en Carol na Oos-Londen waar hulle die familie aanvul met nog twee spruite – nou ‘n gesin bestaande uit drie dogters. Karin se ouers het geen moeite ontsien om haar by te staan in haar groeiproses as jong sangeressie nie en van jongs af word sy geskool in die sang- en vertolkingskuns.

Die hele gesin verhuis na Gauteng in Karin se standerd vier (oftewel graad 6 jaar) en Karin raak onmiddelik betrokke in die teaterbedryf en toer as solis vir twee jaar saam met TRUK en Brickhill Burke se Sound of Music. Dit behels lang tye weg van die skool en Karin word deur ‘n privaat tutor onderrig gedurende hierdie tye. Sy word ten spyte hiervan verkies as ‘n hoofprefek van haar nuwe laerskool.Haar Hoërskool loopbaan pak sy aan by die Nasionale Skool vir die Kunste in Johannesburg (toe bekend as Die Kruin), met sang en musiek as spesialiteite. In standerd nege skryf sy as 16-jarigedie musiek vir SUKOVS se Leipoldt gedenkfees en word sy as algehele wenner van die ATKV se Crescendo kompetisie aangewys. Die jongste wenner ooit!

Hoe het sy in die musiekbedryf beland? “Ek het op drie jarige ouderdom my indrukwekkende debuut ten tye van die Muizenbergtalentkompetisie – op die strand – gemaak, met die voordrag van daardie besondere treffer; ‘Pollie ons gaan Paarl toe’. Vandaar kon niks my stuit nie”. Op grond van hierdie indrukwekkende debuut het sy al agt albums vrygestel Sy word verder ook aangewys as Vise-Hoofdogter van die skool en tree al hoe meer op die voorgrond op televisie en by landswye optredes. Karin besluit om haar tersiêre opleiding aan die Universiteit van Potchefstroom te ondergaan.

Haar studierigting: Dramakunde en Engels – sy behaal dan ook later ‘n Honneursgraad in Dramatologie aan die Pretoria Universiteit. Loopbaanhoogtepunte sluit in: “The Sound of Music”, waarin sy in 1975/76 in die Brickhill en Burke produksie gespeel het, die algehele wenner van CRESCENDO 1980, die Sarietoekenning in 1983 vir die mees belowende nuweling en haar OKTV – nominasie in 1988. As dit kom by vryetydsbesteding is Karin obsessief oor haar rekenaar, die internet en die nuutste passie in haar lewe – scubaduik. Sy is ‘n gekwalifiseerde gevorderde oopsee scubaduiker en het al onder andere die Seychelle, Mozambiek en selfs Aliwal Shoal saam met “Raggies”, geduik! Maar haar gunsteling plek om vinne nat te maak is Plettenbergbaai, aangesien sy glo die beste duikskool in die land, Beyond the Beach, van daar af funksioneer!

‘n Lang loopbaan vir ‘n jong kunstenaar, ‘n loopbaan besaai met behaalde mylpale en die daarstel van standaarde vir die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Karin Hougaard ‘n kunstenaar in die totale sin van die woord.

Van my geboorte kan ek nie veel onthou nie.  Ek weet wel dat dit gebeur het kort  voor teetyd op 5 November 1954 in ‘n kraaminrigting in Duiwelspiek, Kaapstad.   André le Roux du Toit is ek gedoop, maar op skool reeds het ek die bynaam Koos gekry.    My ma was ‘n onderwyseres en my pa toe nog ‘n maatskaplike werker.  Daar was nog nie iets soos kleur-TV in Suid-Afrika nie, selfs die alledaagse lewe was swart en wit, nes in die movie “Pleasantville”.

My vroegste herinneringe is dié van ‘n removal van,  of, soos ek dit genoem het, ‘n “treklorrie”.    My pa het dikwels van werk verander en daarom het ons ook aanhoudend getrek  van dorp tot dorp.   Terwyl my pa ge-dabble het in obskure goed soos Golden Products en Sanlam,   het ek my  kinder- en skooljare geslyt in Riversdal, Paarl, Wellington, Kuruman en Bellville.   Uiteindelik het ons vasgehaak in Stellenbosch.

Skool was vir my baie boring,  veral omdat ek myself al op drie leer lees het – van die agterkante van cereal-bokse af.  Kytie, ons bediende en my grootste maat, het die leerdery aangejaag deur my elke dag te vra om vir haar die strokiesverhale in Die Burger  te verduidelik.   My vaardighede was egter beperk tot sekere gebiede.  Voor die ouderdom van tien het ek reeds  ‘n dosyn romans getik op my pa se Underwoord-tikmasjien, maar ek kon nog steeds nie my eie skoenveters vasmaak nie.   My onderwysers het vas geglo ek is baie dom.   In ‘n sin was hulle reg, want hoewel ek lief was vir lees en vir musiek, het ek geen ambisie gehad om ‘n akademiese loopbaan te volg nie.

Ek was mal oor die army en  was daar laas so vet soos ek nou weer is !   Toe al my  vriende na ‘n jaar in die army Stellenbosch Universiteit toe gaan, het ek begin rondswerf  van die een job na die ander.   Ek was die meeste van die tyd in Johannesburg.   Hierdie jare was baie donker en rigtingloos, maar ek het darem streetwise geword.   Ek het my hand aan alles probeer:   hoenders braai by Kentucky Fied Chicken, pizzas maak in restaurante, polisse verkoop, brande blus, klerk-speel in die staatsdiens en sulke goed.  Ek het  vir ‘n ruk selfs my lyf fortuinverteller gehou en vir  verveelde huisvroue voorspel wat die geslag van hulle babas sou wees  –   hierdie beroep het immers ‘n 50%  kans op sukses gehad, en ek was meer dikwels reg as verkeerd.

In 1976 het ek terug huis toe gegaan om te probeer  vrede maak met my ouers, van wie ek toe al lank vervreem was.   Ek het my pa-hulle heeltemal gek gemaak,  want ek het hulle oral deur die huis gevolg  om my nuutste (meestal swak) gedigte hardop vir hulle voor te dra.   Hulle het gedoen wat ek ook sou gedoen het met so ‘n kind:  hulle het my laat toesluit in die malhuis.    Ek was ‘n jaar lank ‘n pasiënt in Saal 6, Weskoppies, tussen ‘n klomp drug addicts en skisofrene, voor een van die sielkundiges my ondersoek het en agtergekom het ek makeer niks nie.  Tot my groot ontsteltenis het hy my dadelik ontslaan.   Toe moes ek van voor af begin werk soek.

Bennie-Fritz, die verhale-redakteur van Huisgenoot,   het uiteindelik tot my redding gekom.   Hy het ‘n kortverhaal aanvaar wat ek vir hom gestuur het, en my gevra vir nog.  Ek het af gehitchike Kaapstad toe en twee jaar lank op vryskutbasis vir Huisgenoot   stories geskryf.  Teen hierdie tyd was ek wel al  so mal soos ‘n haas.    Ek kon slegs met normale mense kommunikeer deur my skryfwerk;  in my alledaagse handel en wandel kon ek net die taal van junkies praat.   Ek sou geleidelik ook begin om saam met hulle drugs te vat, ‘n nare gewoonte wat ek eers in die middel-neëntigs sou afskud.

Gelukkig vir my, het my kortverhale in Huisgenoot  gelei na groter sukses.   Ek het my naam verander na André Letoit om verwarring met ander skrywers te voorkom en  ‘n hele paar boeke (romans, kortverhale en gedigte) gepubliseer gedurende die volgende paar jaar.  Toe ek  verveeld raak met die erns van die literêre wêreld,  het ek ‘n kitaar gekoop en begin liedjies skryf.    Die een ding het gelei na die ander, en vandag het ek sewe CD’s agter my  (nuwe) naam – Koos Kombuis.   Die verlange na skryf het egter ook weer te groot geraak; in 2000 voltooi ek uiteindelik ‘n lank beloofde novel (Seks en Drugs en Boeremusiek – Human en Rousseau).  Nou woon ek in ‘n nice huis, met ‘n dak wat lek, by die see, ek ry ‘n Nissan Sentra, en ek het ook ‘n vrou, ‘n baby,  ‘n grassnyer, ‘n weed-eater, en M-Net (ek spaar nog vir DSTV).   My ma,  wat nog leef (my pa is onlangs oorlede), is baie trots op my!

Margit Meyer-Rodenbeck, kort soos haar van lank is, is die vrou agter Dowwe Dolla.  Hierdie is nou ‘n mens wat nie weet hoe om stil te sit en for that matter ook nie hoe om stil te bly nie.   Miere in haar gat, is ‘n heel gepaste uitdrukking om haar te beskryf of dalk; dinamiet kom in klein pakkies.  Hoe dit ook al sy, energie het sy in oorvloed, maar vra jy haar sal sy haarself beskryf as bloot dom-astant.

Astrant is sy wel, te dom kan sy nie wees as ‘n mens kyk na haar akademiese agtergrond nie.  Margit word gebore op 29 Januarie 1970 in die Paarl.  Sy word groot in Durbanville en matrikuleer dan ook daar aan die Hoërskool Durbanville.  In 1988 begin sy met haar drama graad by die Universiteit van Stellenbosch en dis dan ook haar alma mater vir haar honneursgraad (Cum Laude) in 1991 en haar meestergraad in teaterbestuur in 1997.  Nooit sou Margit kon droom dat sy self op die verhoog sou staan nie, haar kop het meer skryf, bestuur en regie se kant toe gestaan, maar nou staan sy haar skoene vierkantig as komediant, seremoniemeester, omroeper, spreker, stemkunstenaar, ensovoorts vol.

As jy kortliks haar loopbaan wil volg:

In 1992 word Margit aangestel as artistieke bestuurder by die Breughel Gemeenskapsteater in Cloetesville waar sy haar dan ook fokus op kinder- en gemeenskapsteater.

In 1993 stig sy en Eugenie Grobler, Scenario Toneelmaatskappy waar hulle fokus op kinderteater, werkswinkels en kabarette.  In die loop van die volgende vyf jaar word talle skole met poppekas- en storieteateraanbiedings besoek.  Van die werk in die volwasse teater sluit in, Stardust, ‘n kabaret saam met Trix Pienaar en Eugenie Grobler, daarop volg Rouge waarin dieselfde geselskap die rolle van drie hoere vertolk, daarna volg eenpersoonvertonings soos 1652: Revisie, A Scorpio’s Tail en ‘n kabaret saam met Pedro Kruger, Blitzkrieg Brecht en die Rokkers. Pedro en Margit se paaie het reeds in 1990 gekruis toe hulle vir die Baxter Teater se Storyspinning Theatre Company gewerk het aan produksies soos Hansel  and Gretel, Alice in Xmas Wonderland, Goldilocks and the Three Bears.  Geen wonder dat hy dan ook Dowwe Dolla se pianis raak in 1998, bekend as haar doofstom nefie Sarel.

En verder:

In November 1997 begin Margit as “talkshow” aanbieder by Punt Geselsradio waar sy en Johan Prins elke weeksdag tussen middernag en drie uur die naguile entertain.  Saam jaar hulle vir tien maande menige luisteraar se bloeddruk op, voor sy na die middagete gleuf skuif en dan tot en met die 14de Februarie 2000 is Margit die agtermiddag gasvrou tussen twee en vier.  Margit het ‘n ongelooflike passie vir die radio, maar moes vanweë haar druk program dit eers ‘n bietjie agterlaat.   Haar gunsteling onderwerpe is beslis, vermaak, humor, aktuele en menslike sake.   Sy het ook ‘n wonderlike kinderprogram, Pikkiepunt, aangebied waar kinders hul menings kon lug.

Margit se privaat lewe, nou ja, die woord privaat sê dit alles.   Sy is baie geheg aan haar familie en vriende en sou sonder die ondersteuning beslis nie kon doen wat sy doen nie.  Die res…..privaat………

Haar planne vir die toekoms?  Hou die webruimte dop ……….

So baie dinge het al reeds die jaar gebeur, dat ek nie mooi weet waar om te begin nie. Ek het 2001 op ‘n hoe noot afgeskop deur myself vir 5 dae by die Hoogland Hydro (net so 30 minute se ry van my huis af) te laat bederf. Ek het dit eintlik gedoen om bietjie te ‘ontgif’ na al die verkeerde etery oor Kersfees en veral na my eerste chemo van 2001. Daar was mense wat vir 3 dae gevas het, maar ek het op ‘n ligte dieet besluit.

Na die vroegoggend stap om 6:30, neem ‘n mens deel aan al die aktiwiteite soos: verskillende soorte masserings, suurstofterapie, skoonheidsbehandelings, besoeke aan die stoomkamers, koue storte, warm en koue swembaddens ens. ens. Ek het op die vyfde dag op so wolkie huistoe gekom. Mens voel so geheel en al ‘helder en skoon’ en sien sommer weer vir alles kans.

Ek het nou besluit om elke Maandag te vas, en sover kry ek dit nog reg.

Oor my aktiwiteite vir die res van die jaar skryf ek later meer. Op die oomblik is ek met ‘n groot opruim-aksie in die huis besig, en boonop kom ons seun Danie terug van Londen af waar hy 2 jaar gewerk het. Maar so woel ons voort.

26 Desember 2000:

Ek is pas terug van Hartenbos waar ek 2 konserte gehou het. Die eerste een was op 15 Desember saam met die manne van “Drie van die beste” en die saal was gepak!

Die tweede konsert was die Liertoekenning wat op 23 Desember by die amfiteater, ook in Hartenbos, gehou is. Sowat 10 000 mense het dit bygewoon. Ek was een van die finaliste vir “Beste oorspronklike komposisie/liedjie”. Moenie dink ek het dus heeltyd vakansie gehou nie. Vir die “Lier-aand” moes ons nuwe lirieke en melodiee instudeer en dit was harde werk.

In die week tussen die 2 konserte het ek ‘n onvergeetlike paar dae op Danabaai deurgebring. Ek het nooit besef dis so ‘n mooi en stil plek nie. Die uitsig op die see was onverbeterlik en die gastehuis “Lilies and Leopards” waar ek tuis was, is aan te beveel!

Ek en Nic het op Oukersmiddag eers teruggevlieg en het gevolglik ‘n stil Kersdag tuis deurgebring. ‘n Geseende & vredevolle feesgety aan almal!

10 Desember 2000:

Ek is mos mal oor die reenweer, veral as dit koeler ook is. Ek stap nou ook weer gereeld soggens teen 06:30.

Die week se chemo was eintlik wonderlik – geen naarheid. Donderdag was veel erger toe my een voortand deur ‘n implantaat vervang is. Ek het soos iemand gelyk wat pampoentjies het. Dis deksels seer as daar so ‘n pen in die tandbeen ingeplant word. Eers oor 6 maande word die ware tand ingeskroef.

Ons arme Kolliehond, Detski, se hare is alles afgesny (weens die hitte) en hy lei nou aan ‘n ware identiteitskrisis. Cailo, die Dalmation, spaar ook nie juis Detski se gevoelens nie!

Die Brixton Moord en Roof Orkes het in 1999 begin toe Andries en Ockert, albei inwoners van Brixton, besluit het om saam musiek te maak – Andries as sanger en kitaarspeler, en Ockert as tromspeler. Hulle eerste optredes as die Brixton Moord en Roof

Ek werk nou al vir meer as 3 jaar by Town View High School, Krugersdorp (Suid-Afrika)  as ‘n onderwyser. Ek gee die vakke Wiskunde en Engels vir die junior sekondêre fase (graad 8 en 9). Dis ‘n groot uitdaging vir my as ‘n Afrikaanssprekende om by ‘n Engelse skool skool te hou vir meesal swart kinders!

Maar iemand moet die werk doen, en ek het myself verbind tot diens in die Nuwe Suid-Afrika. Glo my – ek het probeer om oorsee te gaan, jy weet, “vir ‘n jaar of so”, maar dinge het van die eerste dag af skeef geloop met my reëlings en ek het toe nooit in Londen geland nie. Nou werk ek maar in gedweë aanvaarding.

Ek is in 1999 aangestel as standerdhoof van die graad 8 leerlinge.   Dit is baie bevredegende werk.  Min mense verstaan die hartseer, vreugde en empatie wat ek ervaar in die hantering van my kinders se probleme.

Ek is ook die “disciplinarian” in die skool.  Moenie lag nie!  Ek is die onnie wat die detensie bestuur en ek is die TLO (teacher liaison officer) van die SRC (Student Representative Council).

Ek is gebore op 24 Oktober 1973 in Roodepoort Suid-Afrika. Ek het 1980 by Laerskool Roodepoort-Wes met my skool loopbaan begin. In 1987 is ek in St. 6 by Die Hoërskool Roodepoort. Ek neem aan sport soos middelafstande en skyfskiet deel. Ek was ook lid van die skool se koor en Die Voortrekkers waarin ek Hoofleierswag behaal het in 1991. Ek het in 1991 ook op die Leerlingraad van die skool gedien en slaag my matriek ook hierdie jaar.

In 1992 begin ek met my studies aan die Vaaldriehoekse Technikon in Vanderbijlpark. Ek was daar steeds lid van Die Voortrekkers en help in 1994 met reëlings vir twee kampe vir die Catherin Robsin kinderhuis in Vereeniging.

In 1995 is ek deeltyds deur Ingrid Hoffman, ‘n beeldhouer van Pretoria in diens geneem. Sy is gekommitteer om ‘n hotelkompleks by Sun City op te knap en het helpers nodig gehad. Ek het hoofsaaklik aan die dakpanele help verf.

In Maart 1996 verwerf ek my Nasionale Diploma in Beeldende Kuns aan die Vaaldriehoekse Technikon en is tans besig met vryskutwerk wat insluit illustrasies vir meenthuiskomplekse en kleinsake ondernemings. Verder het ek Corel Draw onder die knie en leer daagliks nog meer van die program.

Van my belangstellings sluit in aerobiese oefeninge, die kweek van Bonsai bome en Teater.

Welkom by ons webruimte !!.

Hierdie is die 3de weergawe van ons webruimte en ons hoop almal geniet die nuwe voorkoms. Die internet is ‘n uitstekende forum om nie net kontak te hou met familie en vriende nie, maar ook om nuwe vriende te ontmoet. Ons het noual letterlik honderde mede SAners van regoor die wêreld hier ontmoet.

Ons hoop dit gee vir almal ‘n kykie na ons ervaring in die USA.

Ek is HENRI, ‘n professionele leeglêer, wat my tyd verwyl met die opteken van verspotte storietjies, rooiwyndrink, en sportkyk (veral Rugby en Krieket).

Ek is ook betrokke by kultuuraktiwiteite deur die Rapportryers.

As ek tyd het, speel ek Sieketrooster.

Geboortedatum: 6 Junie 1957.

<* * *>

My vrou ENGELA is ‘n verpleegkundige, werksaam by ‘n algemene praktisyn. Sy bied ook voorgeboorteklasse aan, en hou van Muskadel (maar nie gelyktydig nie!)

Geboortedatum: 26 November 1962 (moenie sê ek het gesê nie!)

My naam is Johann, Johann Carstens om presies te wees. Ek is gebore in Keetmanshoop, SWA op 2 Januarie 1969. Toe ek 7 was het ons Pretoria toe getrek daar het ek grootgeraak, in die hart van SNOR CITY. (eintlik het ek nooit regtig grootgeword nie, ek wag nog daarvoor)

Op skool was my claim to fame net drama maar om die een of ander rede het ek toe ‘n in 1993 ‘n graad in Bedryfsingenieurswese by TUKS (die Universiteit van Stukkies) gekry. Nietemin, daai varsity dae was VREESLIK lekker en ek dink baie met verlange daarna.

<E>

<E>

<E>

<E>

‘n Besliste punt (hoogte of laagte) was toe ek en my goeie vriend Chris een nag ‘n plasie gekoop het na vroeë oggend hollands praat in die Republiek van Sonop (lekker Dassie)

Maar ons het darem geswot ôk……

Ode aan die Merensky

Waar grou graniet teen die groen uittroon

En bundels kennis jou met ‘n spotlag hoon

Daar dwaal die siel van ou Merensky

Met ‘n grynslag vol kennis, lok hy jou in

En slaan jou met die smart wat kennis moet bring

Sal ons later na tyd nog onthou ?

Die pyn van vingers stomp in boeke gegrou

Die sand in jou oë na ure se swot

Die lamheid na dae se sit op jou gat

(April 1990, Net voor Fisika 110 – DANKIE PROFF STRAUSS)

Tans werk ek as ‘n SAP R3 PP/PP-PI/CO-PC konsultant vir Siemens Nixdorf Information Systems (impressive titel nê). Dis ook nogal snaaks, ‘n Suid Afrikaanse Boer werk vir ‘n Duitse maatskappy in die VSA, mmmm…. Dis maar alleen hier in die VSA (nie regtig ons kerk se mense nie !), so as jy my ‘n mailtjie drop sal ek dit waardeer. En o ja, as jy enige SAP kennis het en hier wil kom geldmaak, mail my ook, ek kry dalk vir jou ‘n joppie by Siemens.

Dis dan nou ook oor genoeg oor my, en daarmee, terug na jou Sarel in die Hoëveld helikopter…..

PS – Stuur groete aan Sproete, en dankie vir die blomme

Hallo almal ! My naam is Renier Claassen, ek is 26 en ek woon in Oudtshoorn, Suid-Afrika.  Omdat Oudtshoorn so lekker sentraal geleë is, is dit maklik en vinnig om sommer vir ‘n naweek oor te ry see toe, bv. George of Mosselbaai.  Dit was juis so ‘n uitstappie  wat my lewe op die 1ste Mei 1998 drasties en vir ewig verander het. Ongeveer 19h00 daardie aand was ek in ‘n ernstige motorongeluk betrokke waartydens ek ‘n rugbesering opgedoen het wat my die gebruik van my bene laat verloor het.  Later is vasgestel dat ek ‘n T10 letsel het wat beteken dat ek vanaf my middellyf verlam was en nooit weer die gebruik van my bene sou hê nie a.g.v. my rugmurg wat by my 10de rugwerwel totaal afgesny was.

Ek is onmiddellik na Mosselbaai se provinisiale hospitaal geneem, waarvandaan ek na die Conradie Hospitaal in Kaapstad gevlieg is.  Ek was vir ongeveer 3 en ‘n half maande daar, waartydens ek verskeie tegnieke aangeleer het om by my nuwe lewenstyl as parapleeg aan te pas.  

As julle nog meer omtrent my wil uitvind, kom kuier of loer gerus na my ander fotoblaaie.   Sien julle daar !!

Vir die wat ons nie ken nie, ons is 2 Suid-Afrikaners van Pretoria wat vinnig besig is om die hele Amerika te sien. Ons is al hier sedert Februarie 1999. Ons het begin deur vir ‘n maand in Manhattan, New York te bly. Daarna was ons vir 2 maande in Atlanta, Georgia en daarna 6 maande in Clearwater, Florida. Tans woon ons in Fremont, San Francisco – Kalifornië.

Johan is ‘n SAP konsultant wat vir ‘n Amerikaanse maatskappy werk. Sy projekte stuur hom orals oor. Ek (Rona) help ook deeltyds uit by SAP projekte. Ons sal probeer om weer die website op datum te hou.

Ons mis egter ons familie, vriende, honde en land baie..

State waar ons al was en baie gesien het : New York, Philadelphia, District of Columbia (Washington DC), Virginia, North Carolina, South Carolina, Tennessee, Georgia, Florida (tot by Key West), Texas, California, Washington. Ons het in totaal al 18 state saam gesien en Johan ‘n verdere 3, sy totaal staan dus op 21.

Wil julle vir ons skryf?

E-Pos Johan Delport      of     Rona Delport

Ek is gebore op 19 Mei, 1982, in Pretoria. Gebore saam met my is my jonger tweelingbroer Llewellyn. In 1987 het ons verhuis na ons waar ons tans bly op ‘n plaas net buite Pienaarsrivier.

Aan die begin van Graad 1 het ek ingeskryf in Laerskool Pienaarsrivier. Omdat die gemeensakp baie klein was is die skool geforseer om sy deure te sluit aan die einde van 1988. Daarna het ek verskuif van laerskool na Laerskool Rust de Winter, nog ‘n klein plaasskool. Die skooltjie word toe gesluit aan die einde van 1991.

Weer eens moes ek ‘n nuwe begin maak in my kort laerskoolloopbaan. Hierdie keer was dit by Laerskool Klipdrift. Ek het my laerskoolloopban hier voltooi. Ek was ook onderhoofseun daar.

Aan die begin van 1996 het ek die tweede deel van my skoolloopbaan begin by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Aangesien ons nie naby Pretoria gebly het nie moes ek koshuis toe. Na vyf ongelooflike jare in die koshuis en die skool moes ek afskeid neem van daardie deel van my lewe en ek matrikuleer in 2000.

Ek het ingeskryf vir Rekenaaringenieurswese by die Universiteit van Pretoria. Tans is ek in die koshuis by Huis Boekenhout.

My noemnaam is Geo (Gideon jy sien…). Ek is op 31 Mei 1977 in Vereeniging gebore. (as jy te lui is om uit te werk, ek is 23). My pa is ‘n boer en my ma ‘n Afrikaanse onderwyseres. Ek het ‘n tweelingbroer en -suster wat 2 jaar jonger as ek is.

Ek was nog nie eens 5 jaar oud nie toe ons vir die eerste maal verhuis. Nogal na ons familieplaas tussen Fochville en Potchefstroom. In 1984 is ek vir die eerste keer skool toe (Laerskool Blyvooruitsig) waar ek in 1990 op die leerlingraad dien. In 1991 is ek na Hoërskool Wonderfontein toe maar in einde 1994 verhuis ons weer. Die keer na ‘n kleinhoewe naby Potchefstroom (soos jy kan sien is ons maar ‘n klomp Plaasjapies).

In 1995 voltooi ek my skoolloopbaan aan die Hoër Volkskool Potchefstroom en in 1996 begin ek my studies d.m.v. korrespondensie aan Technikon SA waar ek vandag nog Inligtingstegnologie studeer.

Ek is in die algemeen maar ‘n rustige, skamerige outjie wat nie daarvan hou om probleme en maak nie.

<…terug na bo>

Huidige projekte

* Die webwerf.

* Swot Inligtingstegnologie deur Technikon SA en gaan my studies vroeg volgend jaar voltooi.

* Ek ontwerp deeltyds webblaaie vir Metasoft Investment Holdings (Pty) Ltd. en hoop om volgende jaar daar te begin werk.

<…terug na bo>

Belangstellings

Ek hou van kleintyd af van goeters wat liggies en knoppies het en dit het ook nie verander nie. Ek hou van tegnologiese vooruitgang en ook om op die voortou te wees van die nuutste tegnologie. Hier volg nou ‘n beskrywing van dit wat my aan die gang hou…

Rekenaars

Ek is mal oor rekenaars, dit is soort van my stokperdjie. Ek hou veral van speletjies (op die oomblik het ek Age of Empires, Michelin Rally Masters, Unreal Tournament, Quake III Arena en Red Alert 2) maar ook van HTML, MP3’s en om in die algemeen meer oor rekenaars uit te vind. Ek haat programmering!

Ek kan jou nou al hoor vra watter rekenaar ek het… wel, hier volg ‘n kort beskrywing:

<Komponent>

<Fabrikaat>

<Model en verdere inligting>

<CPU>

<Intel>

<Pentium II Celeron 500MHz >

<RAM>

<128Mb>

<Moederbord>

<Gigabyte>

<GA-6VXC7-4X gebaseer op die VIA Apollo Pro 133A chipset>

<Hardeskyf>

<Seagate>

<6.4Gb UDMA33>

<CD-ROM>

<36X>

<Stiffie>

<1.44Mb>

<Grafika>

<Creative Labs>

<3D Blaster GeForce Pro>

<Klank>

<Creative Labs>

<Sound Blaster AWE64 Value>

<TV-kaart>

<LifeView>

<FlyVideo’98>

<Netwerkkaart>

<Genius>

<GF100TXRII PCI Fast Ethernet>

<Kas>

<ATX met 240V PSU>

<Monitor>

<Philips>

<105S (15″)>

<Luidsprekers>

<Kinyo>

<2 x sateliet (1.5W RMS) en 1 x subwoofer (7W RMS) >

<Muis>

<Logitech>

<Serial (ek haat PS/2) >

<Modem>

<3Com U.S. Robotics>

<56K Faxmodem>

<…terug na bo>

Musiek

Ek is ‘n ondersteuner van rock- en alternatiewe musiek maar ek luister na enige iets. Ek hou van Queen, The Cranberries, Dire Straits, R.E.M., Counting Crows, Red Hot Chili Peppers en nog vele meer. Ek hou ook van die meeste Suid-Afrikaanse groepe soos Springbok Nude Girls, Akkedis, Just Jinger ens.

<…terug na bo>

TV

Ek kyk nie so baie TV nie, maar dit wat ek wel kyk is vir my goed. Ek kyk meestal na sitkoms soos Frasier, Seinfeld (toe dit nog bestaan het *snik*), Friends ens., maar ek hou ook van ander programme soos Ally McBeal, X-Files, en ja, soms selfs Baywatch… As daar sport is (veral krieket) sal ek ook daarna kyk.

Algemeen

Omdat ek my hele lewe nog op die platteland bly is ek natuurlik ook lief vir die natuur en diere. Ons het agt honde. Drie is skaaphonde, een is ‘n malteser en die res is basters tussen die eersgenoemdes en fox-terriers.

Ek deel graag hierdie foto met julle,’n gewone foto,maar dit het ons 21 jaar geneem om weer almal so bymekaar te wees !! Geneem op die 2 de Junie 2001.

Agter soos julle aan die ouderdom kan sien is Ma Alta,Moeder van alle Moeders,Susan my ander helfte( Ek is net oor een rede met haar getroud,sy maak baie lekker kos !!! LIEF VIR JOU MY

DOL , ALTYD xxx ),Christie my oudste broer,amper tweeling gewees,verskil presies 3 jaar.Wonderlik om ‘n boet te kan bel en geluk te kan wens en hy doen dieselfde !! Die bottelblond is sy ander helfte LOL !!! Hettie,vergewe my seblief !!

Voor links sit my swaer Pieter,’n diep seun en die ou wat julle alles kan vertel van computers af,en kan die man vlieg !!! Piet jy sal ewig my pel bly !!! Dan is dit ek,wil julle my volle name weet ,Hennie Flinkdink van Wyk, ja dis nou ekke,die ou wat so wintie was om sy eie website te begin, ja ek is jou een voor Piet !!!! Dan is dit my sus Alma,Pieter se ander helfte,sus dankie vir jou,daars ook min susse soos jy.Daars die hele familie uitleg.

Hier is ons hele gesin, behalwe vir “Mickey Mouse”. Die foto is geneem in  Oktober 1998 by die Mouskou Sirkus se opterde in Nieuwegein, Nederland. Dit was herfs (nat & koud) by ons, vandaar die warm baadjies. Dit was ons eerste herfs in Nederland.

V.l.n.r. Kobie, Jaco, Schantell & Theo

Ek is Kobie, gebore in 1968, opgegroei aan die Wes-Rand in Krugersdorp, Suid-Afrika. Gematrikuleer aan H.T.S Nic Diederichs in 1985, B.Sc. Rekenaarwetenskap verkry te P.U. vir C.H.O in 1989. Na my Nasionale Diensplig begin ek as Programmeur/Systeem Analis by die Stadsraad van Krugersdorp te werk in 1991 tot 1998. Tans doen ek kontrakwerk op AS400/RPG 400/IV (ILE) as Programmeur vir Tshukudu B.V in Nederland.

Schantell is in 1972 gebore, haar eerste 2/3 jaar opgegroei in Zimbabwe (Rhodesië) en daarna ook in Krugersdorp. Sy het gematrikuleer aan Noordheuwel Hoërskool in 1990 en as Klerklike Asst. gaan werk by Trustbank, Krugersdorp. Ons het mekaar in haar matriekjaar leer ken (alle eer aan Tania Hamman/Kempenaars), en is in Januarie 1993 getroud. Na Jaco se geboorte het sy bevordering gekry tot “Tuisteskepper”. Ek persoonlik dink sy is onderbetaald en word nie waardeer nie.

Jaco is in Maart 1995 gebore. Op twee kon hy al ‘n bal goed skop, krieketkolf en golfstok swaai, en die bal slaan. Vandag is hy nog mal oor balspeletjies. Afgelope somer het hy leer sonder sy sywielietjies fietsry, ‘n groot prestasie vir hom (sy maatjies ouer as hy, en nederland waar almal fietsry, sukkel nog)

Die ondersoek van die Sagtevrugteprodusentetrust (SPT) na bewerings van uitvoerbedrog in die vrugtebedryf is pas afgehandel. Dit blyk dat dit etlike miljoene rande oor ‘n tydperk van jare kan beloop, sê mnr. Anton Rabe, hoof uitvoerende beampte van die SPT.

Hy sê enkele gevalle waar boere met heelwat meer as R250 000 per seisoen ingeloop is, is gevind. Die presiese omvang en aard van die beweerde oortredings sal deur verdere ondersoeke deur die Polisie bepaal kan word.

Om nou oor daaroor te bespiegel of elke uitvoerder van wanpraktyke te verdink, sal onbillik wees teenoor veranwoordelike uitvoerders.

Boere het gevra dat alles verder ondersoek word. Daarom het die SPT alle dokumente en verklarings aan Polisie en die SA Inkomstediens oorhandig. Hy sê die SPT het ook die Wes-Kaapse Minister van Landbou, mnr. Gerrit van Rensburg, ingelig.

Van die aspekte wat uit die ondersoek na vore gekom het, is: Fiktiewe kosteverhalings en die fabrisering van dokumentasie om uitgawes te verhoog; kortings op funksies en dienste wat nie aan boere verklaar word nie; agente wat lieg oor die omvang, oorsaak, datum en plek van beskadigde of geïnfekteerde vrugte; agente wat “kick backs” van oorsese agente en ander diensverskaffers kry benewens die kommissie waarop hulle geregtig is; en wanvoorstellings van potensiële pryse, verwagte uitbetalings en minimum waarborge aan boere.

Gevalle van agente wat hulle verpligtinge ontduik deur hulself te laat likwideer en onmiddellik daarna onder ‘n ander identiteit voortgaan om handel te dryf, is ook gevind, sê mnr. Rabe.

In ‘n tydvak waar emosie in die boeregemeenskap so dik loop oor plaasaanvalle soos nou, behoort die Adjunk-minister van Landbou, Dirk du Toit, van beter te weet as om ‘n gewraakte stelling te maak dat plaasmoorde niks meer as bendegeweld op die Kaapse Vlakte is nie.

Dit is bloot onaanvaarbaar dat ‘n man van sy intellek en posisie sy mond so uitwas oor sake buite sy terrein. Weet hy dan nie dat daar ‘n amptelike ondersoek na plaasmoorde aan die gang is nie? Of probeer hy bloot politieke punte vir homself aanteken?

Dit is maklik vir hom om ligtelik te praat oor so ‘n emosionele saak. Die mense aan die ontvangkant van hierdie tragedie in die landbou is egter lankal dik daarvoor. Hoe verduidelik jy só ‘n Regeringstandpunt aan die boeregemeenskap wat pas weer geruk is deur sinnelose moorde?

Ná elke plaasmoord is daar nuwe uitsprake en beloftes, maar niks gebeur nie. Hoe lank moet die boeregemeenskap hierdie slagting bly gade slaan? Ook plaaswerkers begin hul woede uiter en bestempel dit as ‘n “gemors wat hulle nie ken nie”.

Die President sê elders in hierdie uitgawe om reg in eie hande te neem, sal nie die probleem oplos nie; dit sal net sosiale onstabiliteit en rassehaat verder aanblaas. Hy’s reg. En, ja, natuurlik sal geen regdenkende boer tot sulke uiterstes wil oorgaan nie, maar die President moet besef dat plaasmoorde juis dié dinge waarteen hy maan, op die platteland aanwakker.

Dit bring ‘n verharding teen die ideale wat hy vir die landbou en die land koester. Die bose kringloop kan net gebreek word deur ‘n kultuur teen misdaad te skep, met die Regering, en spesifiek die President, aan die voorpunt. Daarom benadruk ons weer: U moet deurlopend vir die volk sê hierdie waansinnigheid dra in hom die kiem om die land totaal te destabiliseer. Dit móét end kry.

Soos ek dit sien deur Manie

Gaan sentiment of geld hier die deurslag gee?

Wanneer ‘n ou boerehand soos BKB tot ‘n tweegeveg gedaag word, is die tonge los – van onder in die Kaap tot bo by Ermelo. En die vraag wat die meeste rondgegooi word, is: Gaan sentiment jeens een van die bekendste name in die landbou seëvier, of gaan finansiële oorwegings die oorhand kry?

Vir diegene wat dalk nog nie weet nie, dit gaan hier oor BKB se stryd om ‘n oorname-aanbod van OVK af te weer. Manie verneem nadat die lang verwagte aanbod verlede week uiteindelik sy verskyning op straat gemaak het, is die telefone rooiwarm gelui soos daar strategie en teenstrategie beplan is.

Waaroor almal natuurlik nou wonder, is hoe die OVK-aanbod opweeg teenoor die status quo? Is dit die moeite werd om jou aandele aan OVK te verkoop, of moet jy by die ou hand staan?

In dié byenes gaan Manie sy kop nie steek nie, dus volstaan ek maar met ‘n kliniese wiskundesom.

Veronderstel jy het 1 000 BKB-aandele: Die OVK-aanbod is R19,94 per aandeel, wat ‘n waarde van R19 940 gee. Hiervan is die eerste R1 000 in kontant. Van die oorblywende R18 940 kry jy 40 % in kontant – R7 576 – en vir die res aandele in OVK.

Wat is OVK se aandele werd? ‘n Onafhanklike waardeerder het dit op R1,67 per aandeel gestel, maar te oordeel na die manier waarop dit die laaste tyd gebokspring het, sal Manie hom nie veel aan dié bedrag steur nie. In November is 65 000 teen gemiddeld 41c verkoop, in Desember 90 000 teen gemiddeld 98c, in Januarie 2 000 teen gemiddeld R1, in Februarie 700 000 teen 25c en in April het 58 000 gemiddeld 72c elk behaal.

Dis die amptelike syfers, maar in opposisiegeledere word OVK se aandeel op 21c gewaardeer.

En BKB s’n? Hy bereken sy netto batewaarde op sowat R180 miljoen, wat R60 per aandeel gee. Maar ook hierop sal Manie moeilik geld verwed, want onthou nou, sedert September word geen BKB-aandele meer verhandel nie. Dus laat ek die groot optelsom maar aan julle self oor.

Wat nou? Wel, dit lyk of die uur van waarheid aangebreek het. Veronderstel BKB beskou die buitengewone vergadering wat OVK vir 28 Junie belê om die akte en statuut van BKB te wysig, as onwettig en OVK gaan voort om dit te hou. As BKB nie daar is nie en die vergadering word agterna in regsterme as wettig beskou, beteken dit dat BKB op die vergadering buite stemming gebly het.

Veronderstel BKB bring ‘n interdik en sê die vergadering is ongeldig, skop OVK se alternatiewe aanbod in. Dan hoef OVK nie die vergadering te hou nie, want dan kan hy direk ‘n aanbod aan aandeelhouers maak. Waarvoor BKB waarskynlik ook ‘n troefkaart uit die hoed sal pluk.

Ewenwel, dis soos Manie die ingewikkelde regsterme vertolk wat ons die laaste tyd te lese gehad het. Watter roete ook al gevolg word, dit lyk of die saak na ‘n kant toe gaan.

Uit die OVK-spankamer klink ‘n gees van optimisme op. Op sy beurt hou BKB sy kaarte dig teen die bors en sê vergeet van ‘n “walk-over”. Uit daardie kamp verneem Manie hulle reken ‘n goeie strateeg maak deesdae sy span en wedstrydplan eers bekend as hulle op die veld draf. Hulle het in elk geval 14 dae tyd om te reageer.

‘n Interessante wedstryd wag vir die sowat 17 000 BKB-aandeelhouers op die veld.

Manie weet ten minste een ding: Ons gaan nie ‘n gelykoptelling sien nie!

KYK VERDER: Wanneer julle hier lees, is die palette se spaanders dalk al aan die vlieg en die moere teken kopskote aan op Aartappels SA se jaarlikse kongres in Bloemfontein. Of dit gaan so rustig en almal is so tevrede met die uitslag van die veelbesproke ondersoek na die organisasie se geldsake en die referendum dat g’n oningeligte mens eers ‘n spesmaas sal hê van die vonke wat die laaste tyd hieroor gespat het nie.

Die aanvaarding al dan nie van die referendum se uitslag en verslag van die ondersoekspan sal sekerlik die gang van die kongres bepaal. Trouens, dit kan die toekoms van die aartappelbedryf bepaal.

Elke betrokkene in die bedryf het niks minder nie as ‘n reg om presies te weet waar daardie miljoene heen is en wie die besluite geneem het wat tot die drama aanleiding gegee het.

Daarna is dit tyd om vorentoe te kyk en van ‘n vars fondament af te bou.

GETY DRAAI: Die verbruikersgety het die laaste tyd dramaties teen boere in Europa begin draai – grootliks weens die nimmereindigende voedselskandale in daardie geweste, asook die EU se subsidiebeleid.

Die Britse koerant Independent skryf byvoorbeeld: “Geen ander groep in die samelewing was so afgesluit van die werklikheid, so beskerm teen die gevolge van hul eie praktyke en is so vergoed vir hul eie onbevoegdheid soos die boeregemeenskap nie.”

Die tydskrif Time sê boere in die EU het die kous te lank oor verbruikers se koppe probeer trek. Hulle het subsidies misbruik op ‘n wyse wat enige slinkse internet-entrepreneur op sy neus sal laat kyk – veral in die suide van Europa, waar dit ‘n winsgewende bedryf geword het om subsidies te ontvang deur agteroor te sit.

Time verwys ook na oorproduksie in Europa en sê uitvoer het sy betekenis totaal verloor. Dis nou ‘n heen-en-weer-jaery met vragte voedsel oor die hele Europa agter die beste pryse aan – en in dié geharwar ry siektes soos bek-en-klou lustig saam.

Die tydskrif striem verbruikers wat toegelaat het dat hierdie subsidiemonster so handuit ruk en gee hulle net soveel skuld vir die huidige krisis en wantroue in voedsel.

Van ‘n klein begin 22 jaar gelede het WIEL gegroei tot een van die voorste motortydskrifte in Suid-Afrika. En in die proses het WIEL en sy redaksielede ‘n kas vol toekennings gewen en ‘n string prestasies behaal. Ferdi de Vos meen dit het voorwaar ‘n tydskrif geword om op trots te wees.

Die passie en liefde vir motors wat meer as twee dekades gelede vlamgevat het toe Jan Hettema se Chev Can Am-tydrenmotor woedend op Jannie Herbst afgepyl het, brand vandag, 22 jaar later, nog net so vurig en warm in WIEL se geledere.

Want dit is dieselfde passie wat Jannie gedwing het om WIEL te begin nadat Die Motor in 1977 toegemaak het, wat gesorg het dat daar sedert Maart 1978 elke maand ‘n WIEL op die winkelrakke verskyn het.

Eintlik was die stigting van WIEL ‘n geloofsdaad, want destyds het die doemprofete dié nuwe Afrikaanse motortydskrif nie veel van ‘n kans op oorlewing gegee nie. En dat WIEL vandag in sy mondigwordingsjaar nog springlewendig is, is ‘n getuigskrif vir die moed, deursettingsvermoë, durf en geesdrif van Jannie Herbst.

Dit is egter ook karaktertrekke wat voortleef in die span wat vandag verantwoordelik is vir Jannie en sy vrou, Maryke, se kleinnood.

En hoewel party van die redaksielede nie veel ouer is as WIEL nie, het hulle dieselfde passie vir wat hulle doen as wat Jannie, Johann van Loggerenberg, Teddy Knoetze en Paul Shippey geopenbaar het. En daarom kan ek met vertroue sê WIEL se toekoms is in veilige hande. ‘n Heildronk op WIEL se volgende 22 jaar!

Die eerste WIEL wat in Maart 1978 uitgegee is, het die motorbedryf en koperspubliek verras. Dié tydskrif was anders, want daar is rojaal van volkleur gebruik gemaak, foto’s is groot gebruik, en die redaksielede en medewerkers het nie geskroom om hulle sê te sê nie. Dit was ‘n vars bries in ‘n tyd toe motortydskrifte maar vaal en vervelig was.

Dit word ook weerspieël in telegramme en briewe wat kort ná WIEL se eerste verskyning ontvang is. Uittreksels uit dié korrespondensie lees as volg:

“Veels geluk. Jou eerste uitgawe uitstekend. Het dit baie geniet.

John Roberts, Ford-Afrika, Port Elizabeth. (26 Maart 1978.)

“Received first issue. Congratulations and best wishes.”

Saville Watson, skakelbestuurder, Goodyear, Port Elizabeth. (11 Maart 1978).

“You have certainly done yourself proud. An excellent publication.”

B.O.C. Wegner, bemarkingsdirekteur, Datsun-Nissan. (11 Maart 1978).

Op 13 Januarie 1987 ontvang Jannie ‘n brief van Peter Searle, destydse besturende direkteur van Volkswagen van Suid-Afrika. Hier is ‘n uittreksel:

“As ek dink hoe relatief klein jou produksiespan is, gaan dit my te bowe hoe jy maand na maand so ‘n puik tydskrif kan publiseer … Die gehalte en verskeidenheid van die inhoud (is) ‘n plesier om te lees. Ek glo jy bied werklik interessante leesstof vir elke moontlike belangstelling in die wêreld van die motoris, en die fotografie is (van) die boonste rakke.”

Daar was ook ‘n paar ironiese voorvalle in die tydskrif se geskiedenis. In die vroeë jare tagtig het daar byvoorbeeld ‘n padtoets verskyn waarin aspekte van een van die Leyland-Motorkorporasie se motors gekritiseer is (Leyland was destyds die plaaslike verspreider van onder meer Austin-voertuie).

Leyland se reaksie was hewig, en ‘n uittreksel uit ‘n woedende brief wat ‘n direksielid kort daarna aan WIEL gerig het, lees as volg:

“What makes matters worse is that with the advanced deadlines of WIEL you were most definitely in a position to change this road test following my complaints. You must be advised that all current and future Leyland advertising has now been cancelled with WIEL.”

Jannie Herbst se kommentaar? “WIEL het rotsvas by sy redaksionele onafhanklikheid gestaan. En is dit nie ironies nie dat die Leyland-Motorkorporasie lankal reeds sy alie gesien het, terwyl WIEL ná 22 jaar steeds sterk aan die gang is…”

Tegno-WIEL-lesers staan ‘n kans om elke maand een van dié handrekenaars los te slaan!

3Com se Palm V is ‘n handrekenaar soos min. Met dié stukkie toerusting kan jy jou afsprake, telefoonnommers en veel meer behoorlik orden – en boonop kan ‘n mens ‘n magdoem sagteware vir die Palm V van die internet aflaai! Dié sagteware stel ‘n mens in staat om alles – van eenvoudige databasisse tot gholf-tellings – met jou Palm V te bedryf.

Die Palm V het ‘n druk-sensitiewe skerm, waarmee die gebruiker, met behulp van ‘n stilus-pen, teks kan inskryf. Dié proses is net so vinnig as om iets op ‘n stukkie papier neer te skribbel! Daar is verskeie programme in die Palm V ingebou as jy hom kry, waar onder ‘n klein “nota boekie” vir daai vinnige nota’s.

Natuurlik sou dit ure neem om al ‘n mens se telefoonnommers en afsprake in die Palm V in te voer, selfs met sy maklike skryfskermpie. Maar die manne by 3Com het met die Palm Desktop vorendag gekom, om dié probleem op te los. Die Palm Desktop is ‘n sagtewaresuite, wat ‘n mens op jou PC of Macintosh-rekenaar installeer. Dié sagteware stel ‘n mens dan in staat om al jou afsprake, telefoonnommers en adresse met jou gewone sleutelbord in te tik, en dan deur middel van ‘n Hotsync-operasie, soos die koppeling tussen die Palm V en die rekenaar bekendstaan – al die data na jou handrekenaar oor te dra.

Om in aanmerking te kom vir ‘n 3Com Palm V, vul eenvoudig die inskrywingsvorm, wat in die April-uitgawe van WIEL gepubliseer word in, en antwoord die drie vrae. Die antwoorde tot dié vrae kan op WIELweb en Westcon se webruimte gevind word – wat natuurlik beteken dat slegs lesers met toegang tot die internet ‘n kans staan om te wen. Gaan loer in elk geval gerus in by Westcon se webruimte (die skakel word hieronder gegee), om meer uit te vind oor onder meer die Palm V en ander handrekenaars van 3Com.

Benewens die WIEL-kompetisie, het ons ook ‘n uiters mededingende prys vir WIEL-lesers beding, as hulle ‘n Palm V deur DigitalPlanet aanskaf. Dié sakpas-rekenaar kos gewoonlik in die omgewing van R3 499.00, maar vir ‘n beperkte tyd kan WIEL-lesers dit by Digital Planet aanskaf teen net R2 995.00, BTW ingesluit.

WIEL se padtoetsprogram

WIEL Motortydskrif het ‘n omvattende padtoetsprogram, waartydens ons ‘n magdom data oor elke toetsmotor versamel. Topgehalte toetstoerusting word gebruik, en al ons toetse word by die Gerotek-toetsterrein buite Pretoria gedoen, wat beteken dat ons deurentyd vergelykbare toetse aflê.

Die toerusting

WIEL gebruik moderne Datron-toetstoerusting, wat ‘n kontaklose-mikrogolfsensor gebruik om ‘n voertuig se ware snelheid oor die padoppervlak te meet.

Dié toerusting is vir WIEL deur Gerotek van Europa ingevoer, en word wêreldwyd as een van die top voertuigtoetsstelsels aanvaar. Trounes, dié stelsel se akkuraatheid is bo 99%, wat beteken dat ons doodseker kan wees van ons toetssyfers.

Voor elke toetssessie word die sensor opnuut deur middel van ‘n infrarooi-stelsel, wat ook op die toetsmotor vasgemaak word, geherkalibreer. Selfs al sou ons nie elke keer dié kalibrasie uitvoer nie, onthou die sensor sy vorige kalibrasie, en aangesien dié syfers selde verskil, kan ons steeds akkurate toetse uitvoer, selfs al sou ons infrarooi-stelsel die gees gee.

Die Datron-sensor word met ‘n magneetplaat aan die motor vasgemaak, en dan deur die seriepoort aan ‘n skootrekenaar gekoppel. Op dié rekenaar het ons sagteware wat die sensor se pulse in leesbare data omsit, wat ons dan gebruik om die motor se versnelling, remtye en ook topspoed te bepaal.

Die toetsbaan

Die Gerotek-toetsfasiliteit is vlakby Pelindaba, net buite Pretoria geleë, en is by verre die beste fasiliteit van sy aard in die Suidelike Halfrond. Benewens die lang reguit baan, waar meeste van WIEL se versnel- en remtoetse gedoen word, is daar ook ‘n nat- en droeë-hanteringsbaan, veringstelselbaan, 4×4-roetes, hoëspoed-ovaalbaan en veel, veel meer.

Dié rits bane stel ‘n mens in staat om ‘n magdom toetse by een toetsbaan af te lê, en boonop word die bane so in stand gehou dat die baanoppervlakte met elke toets byna identies aan ‘n vorige een is, wat natuurlik beteken dat ons syfers van verskillende padtoetssessies akkuraat kan vergelyk.

Benewens al dié dienste het Gerotek ook ‘n weerstasie, wat weerdata soos windsnelheid, lugtemperatuur en lugvogtigheid akkuraat weergee. Met dié data as agtergrond, kan ons bepaal presies hoe vergelykbaar ons toetse is wat weertoestande betref.

In WIEL van Mei 2000 –

Neem ons twee nuwe Sweedse supermodelle onder hande – die C70-oopdakmodel en die indrukwekkende nuwe V70-stasiewa. Daar word ook berig oor nuwe modelle van Daewoo en Nissan.

Motorsportliefhebbers kan hulle regmaak vir ‘n fees-uitgawe, want nie net word twee tydrenne, een veldren en die San Marino-Grand Prix in detail beskryf nie, maar daar is ook renverslae en pragfoto’s van die Superfietsrenne op Kyalami en die GP-motorfietsrenne wat op Phakisa, in Welkom, gehou is. Boonop herdenk ons vandeesmaand die twintigste bestaansjaar van Audi se bekroonde quattro-vierwielstelsel, wat op die renbane en tydrentrajekte van die wêreld sy merk gemaak het, en nou algemeen in Audi-produkte beskikbaar is.

Ons berig ook oor Mercedes-Benz se A-Klas en MCC Smart-motors, en vertel presies hoe suinig ‘n Mazda Etude kan loop. Daar is verslae van al ons langtermynvoertuie, padtoetse en ryindrukke op die

Dis jou dans

Die aangrypende stories van twee Sarie-inspireerders – Vic Vermeulen, ‘n voorste nuwelingkolwer in die destydse Transvaalse krieketspan, en Shelley Barry, ‘n talentvolle Kaapse kunstenaar, wat onderskeidelik na ‘n tragiese duikongeluk en ‘n taxi-skietvoorval vasgekluister in ‘n rolstoel sit – het my net weer laat besef die lewe is keuses.

Hier is twee mense: energiek, talentvol en in die fleur van hul lewe. En nou, nadat die lewe hulle elk ‘n dwarsklap toegedien het, “vasgevang in ‘n lyf van beton”. Die blote gedagte aan die verlies van jou bene en om vir die res van jou lewe van ander afhanklik te wees klem jou hart met ‘n koue hand. Genoeg om die meeste mense in ellende te laat verval.

Maar praat met Vic en Shelley en jy hoor ‘n storie van teenspoed en swaarkry, ja, maar jy hoor ook ‘n storie van verstommende deursettingsvermoë en positiwiteit. In so ‘n mate dat hulle ander mense motiveer om hul lewe voluit te leef. In Vic se boek, The Victor Within, skryf die kwadrupleeg-akteur Christopher Reeve in sy voorwoord ‘n mens het twee keuses as ‘n krisis jou tref: jy kan of moed verloor of, soos Vic, nuwe hoogtes bereik en jou eie kragte dieper ontgin.

Waar kom die positiwiteit vandaan? Hoe diep moet ‘n mens delf om jou innerlike kragte te ontgin? Vic het die antwoord: “‘n Mens word nie net een oggend wakker as Mnr. Positief nie. Dis ‘n lang proses. ‘n Lewenskeuse.”

Shelley het in ons vorige uitgawe van Sarie gesê na haar skietongeluk lê haar lewensdrome allesbehalwe aan skerwe. Hulle lê in haar skoot, “want jy het nie bene nodig om te leef nie”. Dit was haar wilsbesluit, haar lewenskeuse, om nie verbitterd die lewe aan te durf nie.

In dié verhale is daar sekerlik ‘n les vir ons elkeen, veral in Suid-Afrika waar ons daagliks met die hartseer van die lewe te doen kry. Jy, en net jy, kan besluit of jy ‘n slagoffer of ‘n oorwinnaar van jou omstandighede gaan wees. In elke stadium van die lewe word ons voor keuses gestel. Jy kan kies of jy as tiener of jong mens gaan swig voor groepsdruk en deel van die dwelm- en alkoholmisbruik-statistieke van die land gaan word, en jy kan kies of jy as vrou ‘n toegewyde ma of suksesvolle beroepsvrou wil wees, of albei.

Charlize Theron, SA se blinkste ster in Hollywood, se glanslewe is steeds een van keuses, blyk uit ons onderhoud met haar. Deur haar rolle versigtig te kies en nee te sê, soms vir nodige werk, het sy die keuse gedoen om vir haarself naam te maak as ernstige akteur eerder as net nog ‘n mooi meisie van die silwerdoek. Soms is ons keuses groot en soms is ons keuses klein. Die kriteria is sekerlik altyd of jy die verantwoordelikhede wat met jou keuse gepaard gaan, kan hanteer. En of jou keuses jou gaan toelaat om die dans van die lewe met oorgawe te dans.

Tot oor twee weke – Michélle

Lelike ding wat daardie Walliese ingenieurstudent oorgekom het. Uit die bus uit geval.

Hy en sy besoekende medestudente het ‘n geoliede draai gemaak op die Stellenbosse wynroete. Op pad terug, ‘n entjie buite Kaapstad (“Ek het julle gesê ons moenie nou al teruggaan nie”) het ‘n snaakse ding gebeur.

Dit kon ook baie gevaarlik gewees het. Die 21-jarige ou het poedelkaal deur die agterruit van die minibussie geval nadat hy die noodruit gaan staan en uitsit het. Wou sy agterstewe vir die mense in die motors agter hulle wys. Of soos hulle op Engels sê, hy wou ‘n brownie gooi.

“Whou! Stop! Ons het iemand verloor!” skree hulle vir die bestuurder. “Ek het gesê julle moet julle deure sluit!” skree die bestuurder terug. “Hy’s nie by ‘n deur uit nie!” Dis hier waar ‘n helse geremtrappery en ‘n geuitswaaiery volg, en die bestuurder wat stilhou en vra warrehel gaan aan?

En ‘n man in die motor agter hulle wat woes uitswenk en vir sy vrou langs hom skree hou jou oë toe! Daar lê ‘n student in die middelste baan van die besig N1-snelweg tussen Kaapstad en die Noorde, en dis ‘n harde pad.

Gatslag, sou’k sê, teen sowat 100 km/h. Wat ‘n manier om jou vakansie in sonnige Suid-Afrika af te sluit.

Die speletjie was blykbaar: almal trek hul klere uit en dan kyk ons wie kan die langste sonder ons klere bly. Dink ‘n bietjie aan die opwinding as julle by jul bestemming in die stad kom en almal wag vir almal – wie klim eerste sonder klere uit en wie trek eers sy klere aan voor hy uitklim?

Chicken.

Dis iets wat mens net doen met die moed van ‘n wyntoer agter jou, veral as jy ‘n student is.

Maar so, slingerswaaiend kom jy terug aarde toe, oortrek van snye en skrape en ‘n deurgeskaafde rug en ego.

Twee mediese studente moes eers hul klere aanskarrel voordat hulle hul maat in nood kon gaan help. Die Nasionale pad is gesluit, ‘n helikopter het geland om die student hospitaal toe te vat – groot kommosie – maar uiteindelik vat ‘n ambulans hom weg.

Moes steke kry en als.

Die paramedikus sê: “Teen die tyd dat ek by die man uitgekom het, het iemand reeds ‘n slaapsak oor hom gesit. Ek het groot geskrik toe ek agterkom hy het niks daaronder aan nie.”

Hy reken dis een van die snaaksste episodes van sy hele paramediese loopbaan.

En die student wil glad nie sy naam genoem hê nie. Die Suid-Afrikaanse pers én die Britse pers soek sy storie.

“Hou hulle net van my seer lyf af, asseblief,” smeek hy die dokter en verpleegsters.

“Die mense by die huis gaan my nooit glo nie. Ek sal moet sê ek’s in wrede Suid-Afrika gemug. My pa gaan net wag tot my velle weer aangegroei het dan gaan hy dit wéér aftrek.”

Sy pa sê: “Ander studente gaan kyk leeus en olifante in Afrika. En wat doen jy? Jy gaan stel mense se lewens in gevaar en veroorsaak ‘n blêrrie verkeersopeenhoping!”

En wat gaan sy arme ma sê? “Jy kon dood gewees het, my kind!”

Buitendien word in koerantberigte met skamele inligting net gepraat van studente, en studente kan immers manlik of vroulik wees (en ‘n paar ander tussenin-toestande seker ook).

Dus: wat gaan sy meisie van die hele ding sê? Eerste ding wat sy gaan vra: was daar vroulike studente ook by? En indien wel, het hulle hul klere aangehad? En indien wel, wat het hulle als gesien toe jy nié jou klere aangehad het nie?!

Al die onbeantwoorde vrae…

Is daar ledemate wat gespalk moes word of dalk in gips verkeer? Kan die kêrel op sy maag slaap? Wat sê die verpleegsters vir mekaar as hulle salf aan sy wonde smeer? Vir wie glimlag hulle so?

En wat sê hy vir hulle?

Watter kant toe ook al, daai ou het ‘n lang storie om te vertel wanneer hy by die huis kom.

Hy gaan gelukkig huis toe met ‘n paar splinternuwe Afrikaanse woorde in sy woordeskat, soos eina en o, moer.

En die uitdrukking Stamp die ruit uit in geval van nood, ou, beteken stamp die ruit uit.

Nie hol die ruit uit nie.

André le Roux, skrywer van Op die vrou af in Sarie, het ‘n splinternuwe boek vol heerlike diep-uit-die-maag-lag-lekker stories op boekrakke dwarsoor die land. So tussendeur die glimlag om jou mondhoeke verseker hy ook dat jy intens bewus is van die sosiaal-politiese omstandighede in Suid-Afrika. Sy vorige boek, ‘n versameling van sy Sarie-rubriek, Op die man af, het van die rakke af gevlieg, sorg dat jy nie dié een ook misloop nie. Dis ‘n keur uit sy Dinsdag-rubriek in Beeld, onder die titel Nou ja toe (Human & Rousseau). Bostaande is ‘n uittreksel.

Indien jy meer as net wil reageer op iemand se opinie, skryf ‘n artikel van nie meer as 700 woorde nie oor enige iets… wat jou woedend maak, wat jou lagspiere kielie, wat jou hart 0vermurwe. E-pos dit aan igelden@sarie.com. Die reg tot publikasie is nie outomaties nie en word deur die redakteur voorbehou.

Witwarm op die silwerdoek … Charlize Theron is een van tien vroue wat vandeesmaand deur Rapport en City Press op hul Prestigedag op 19 Junie as presteerder vereer word.

Oor die advertensie teen verkragting wat destyds groot opskudding in SA veroorsaak, veral onder mans, sê sy:

Ek is so bly dat die advertensies ‘n beroering in Suid-Afrika veroorsaak het; dit was die hele doel. Mense raak dikwels verdedigend oor dinge waaroor hulle skuldig voel. Daar was so ‘n oproer omdat daar so ‘n wydverspreide probleem is. Ek is bly dit het besprekings en debatte laat opvlam. Die boodskap wat ons probeer oordra het – en wat so belangrik is – is dat mans in SA verantwoordelikheid moet begin aanvaar hiervoor. Selfs as ‘n man nie iemand verkrag het nie, maar iemand ken wat dit gedoen het, het hy deel daaraan, behalwe as hy iets daaromtrent doen. Die verkragtingstatistiek in Suid-Afrika is

Soms as ek ‘n tydjie het, lees ek graag my vrou se rooi rose, want ek geniet jul artikels baie en so met die tyd saam word ek danksy jul hulp dalk ‘n beter man.

In die April-uitgawe het Hartseer van Durban se brief, My biologiese pa, my tot stilstand geruk.

Met dié brief wil ek vandag vir al die meisies en vroue wat deur een van ons mans verlei en toe in die steek gelaat is, om verskoning vra. Ja, ek weet. Vir baie is dit te min te laat, maar vergewe ons asseblief.

Julle sien, ek is ook een van daardie mans wat ‘n onskuldige meisie se verliefdheid raakgesien, haar verlei en toe net so laat staan het. Vir haar en ons kindjie wil ek persoonlik sê: Vergewe my asseblief. Wat ek aan julle gedoen het, was laag en gemeen.

Die dag toe jy my met die nuus bel, was ek nie so bly soos jy verwag het nie. Ek kon jou van teleurstelling en verbasing hoor huil, maar ek net aan myself gedink. Later het ek selfs die vermetelheid gehad om my aandeel te bevraagteken, terwyl ek net so goed soos jy geweet het ek was jou eerste.

Nou, ná drie jaar vreet die spyt my op. Ek weet ek verdien dit, maar dit maak nie die spyt en verlange minder nie. Oral waar ek gaan, sien ek elke driejarige raak, want dalk kry ek tog eendag die kans om my fout reg te stel. Ek weet die kans is skraal dat ek ooit met my kind kontak sal kan maak (ek weet nie eens of ek ‘n seuntjie of dogterjie het nie!), en dat ek seker die spyt en verlange tot aan die einde alleen sal moet dra.

Aan al die meisies en vroue wat te na gekom is, aan al die kinders wat sonder pa’s grootword, wil ek sê ek is jammer daar is mans soos ons. Die meeste van ons kry darem later verstand en ‘n gewete en dan verlang ons net so erg, vra ons net soveel vrae, verwyt ons ons meer as wat enigiemand anders kan. Ek is baie jammer.

Te min, te laat

VEREENIGING

VROUE EN VRIENDSKAP

Ek skryf na aanleiding van die artikel Verlief op ‘n vrou (Mei 2001). Ek wil vir Julianne Meyer sê ek kan byna elke woord eggo wat sy geskryf het.

Ek is gelukkig getroud, maar was voor my troue in ‘n soortgelyke verhouding. Nie een van ons is lesbies nie, my vriendin is ook gelukkig getroud. Maar daar is iets aan die sagtheid van ‘n vrou wat my sal bybly. Niks kan my man se sterk arms vervang nie, maar die begrip van ‘n ander vrou is baie kosbaar.

Soos Julianne het ek nie antwoorde nie, maar ek wonder of die veroordelende wêreld ons nie van iets spesiaals ontneem nie. Eens was aanraking natuurlik; mense het nie hul wenkbroue gelig as vriendinne arm om die lyf loop, of ‘n pa sy dogter ‘n drukkie gee nie. Maar ons wêreld het so siek geword dat dinge wat mooi en goed was, nou die afskuwelike verteenwoordig.

Ek kan ‘n homoseksuele verhouding nie goedkeur nie, maar is daar nie plek vir ‘n “bloedband” tussen broers en die vlinderaanraking tussen vroue nie? Vriendskap tussen mense van dieselfde geslag is kosbaar. My man is my beste vriend, maar ons verhouding sou my versmoor het as daar nie ander vriende was nie. Dis wonderlik om ‘n vriendin te hê by wie ek my hart kan uitstort, wat my onvoorwaardelik aanvaar en wat nie skaam is om my vas te hou as ek seer is nie.

Ma’s en susters kan sulke vriendinne wees, maar wanneer hul nie met bloed aan ons verbind is nie, beteken dit nie ons verhouding is pervers nie. Almal wat geseënd is met die kosbare geskenk van opregte vriendskap, weet dis onvervangbaar.

Die verlies van my vriendin se sagte aanraking en liefdevolle vriendskap is vir my moeilik om te aanvaar. Dis of “iets wat van fyn, deursigtige glas was, handgemaak, in die proses gebreek het”.

‘n Vriendin

e-pos adres verskaf

(Brief verkort. Ons het verskeie briewe in dié trant oor “Die tiende muse” ontvang wat nie net begrip vir die skrywer se ondervinding het nie, maar soortgelyke ervarings gehad het. Party het dié verhouding aanvaar, ander het dit prysgegee.)

REGSTELLING

Ons wil lesers daarop wys dat Anneline Kriel se klerereeks vir kinders by Hyperamatakke beskikbaar is, en nie by Pick ‘n Pay-winkels nie

LEERBAADJIES

Ons spesiale aanbod (April 2001) om ‘n egte leerbaadjie vir net R1 275 te koop,word tot 31 Julie verleng.

Bel Citation Leather by <A> vir inligting of bestellings.

Halloooo daar. Weet julle wie is ek? Ek is BALKIE. En ek vertel ELKE maand ‘n storie in rooi rose Nou wie is Balkie? Ek bly by die pa en die ma en Isak en Bert en Karien en Roelf en Miaaukatjie en die hoendertjies en die wurmpies en die eende en die voëltjies en die muise en ek weet nie wat nog alles nie, ek is nou bietjie deurmekaar, op ‘n plot buite Johannesburg. En ek vertel al vir laaaaank my stories in rooi rose – ek het nou vergeet hoe lank. AL BAIE jare lank. En in die eerste storie het ek vertel hoe die kinders my gekry het waar ek onder ‘n hoop blare gelê en slaap het en ek kan glad nie onthou hoe ek daar gekom het nie. En toe het ek by hulle gaan bly en ek bly nou nog daar en is ‘n Balkie en nie ‘n hond of ‘n beertjie of ‘n kameel nie. En ek ken DUISENDE en MILJOENE stories wat ek nog ALMAL in die rooi rose sal vertel en hier is nou nie meer plek nie … sien jou in die rooi rose.

Balkie se adres is <A>.  Moenie vergeet om jou adres by te sit nie! Balkie kan ook gekry word by <A> en <A>

Ek het pas ‘n oproep van die ma gehad. Sy kla oor Balkie wat so onmoontlik is. Karien het al vroeër gebel. Die Akademie vir Wetenskap en Kuns het sy boek, Die Balkieboek, mos onlangs as die wenner van die Alba Bouwerprys vir kinderlektuur aangewys.

Die prysoorhandiging is eers in Oktober, maar Balkie het glo klaar allerlei plannetjies om die aand net syne te maak. Sy kop is groter opgeswel as ‘n pampoen wat allergies is vir bysteke en deur ‘n swerm bye aangeval is. Niemand kan met hom huishou nie. Balkie is ‘n hand vol. Twee hande vol. ‘n Huis vol.

Ek glimlag maar net. Ek het niks gedoen nie – nie my skuld nie. Ek het net neergeskryf wat hy vertel het. Hulle moet hom maar hanteer. Ek luister geduldig terwyl hulle afblaas en bemoei my met my eie sake.

Ongelooflik dat ‘n karakter so lewend kan word. Asof hy regtig is. En dalk is hy? Ek en Elizabeth het nou die dag weer een van ons waansinnige gesprekke gehad waarin ons bespiegel hoe Balkie dit sou hanteer as hy in Oktober in Stellenbosch kon wees om sy prys te ontvang. Hy sal waarskynlik onophoudelik na alle kante toe buig – en nog ‘n paar keer buig. Hy sal dalk met ‘n donker bril en serpie opdaag om meer soos ‘n skrywer te lyk. Baie sal glimlag.

Soos ek en Elizabeth maak as ons oor “ons kind” praat. Ons lag so baie en as iemand ons telefoongesprekke sou afluister, is die manne met die wit jasse vir seker die volgende oggend in Northcliff en Gordonsbaai om ons op te laai en vir lang rukke êrens weg te bêre.

Hy is ‘n stukkie van Elizabeth en ‘n stukkie van my. Sy het sy lyfie jare gelede onder ‘n bos in Johannesburg gesien, geteken en vir my gegee. Hy was naamloos en sielloos. Net ‘n lyfie. Teen my muur het hy gepryk en soms as niemand kyk nie, het ek hom uitgevra. En hy het begin babbel. Sonder ophou. Vir meer as agt jaar al in rooi rose. Oorgeloop na Die Balkieboek en daar is nog boeke aan die word. Hy gaan ook sy eie bladsy op Storiewerf (<A>) kry.

Daar is geen keer aan hom nie. Hy is baie, baie besig. Hy is net vreugde in my en Elizabeth se lewe. Soms bekruip die moeilikheid hom. Soos vir ons almal. Maar hy het altyd ‘n plannetjie. Hy laat hom nie onderkry nie. Hy is ‘n kind. ‘n Harige kind, maar ‘n kind. Kinders is ongelooflik spesiaal. Ons moet mooi na hulle kyk, en hulle sal mooi na ons kyk.

Die Balkieboek (Human & Rousseau) is in die meeste boekwinkels beskikbaar, of kan bestel word deur Nasionale Boekhandel tolvry by <A> bel, of bestel dit van KALAHARI.COM – daar is ‘n skakel op my webwerf: www.geocities.com/martiepreller. Kontak my gerus as jy probleme ondervind: <A> of <A>.

Balkie se e-pos: <A> (geen telefoonnommer vir hom nie – die ma sê hy sal heeldag op die foon wees as sy nommer bekend is.)

Dit is nou weer tyd dat