#HoeNou?!

Huh? Hè? Hoe bedoel mevrou nou?

bied aan:
Tegnies versorg en versprei deur
Waaroor het #HoeNou?! gegaan?

Su-an Müller-Marais, die bekende radio- en TV-aanbieder, en Gerhard van Huyssteen, professor in taaltegnologie en Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit, was die ontwikkelaars en aanbieders van die oudioreeks #HoeNou?!. Vanaf 1 Maart 2021 tot 28 Februarie 2022 is weeklikse episodes op meer as 25 streekradiostasies uitgesaai, asook op Afrikaans.com, MaroelaMedia.co.za, HoeNou.co.za en alle gewilde podsendingsplatforms beskikbaar gestel.

Die reeks is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Afrikaans.com en is tegnies versorg en versprei deur Maroela Media. Elke episode het op alledaagse dinge en waar hulle name vandaan kom, gefokus. Byvoorbeeld: 

  • Wanneer en waar het toffielekkers ontstaan en gewild geraak, en hoe het die woord “toffie” in Engels en Afrikaans beland?
  • Hoekom sê ons in Afrikaans jy moet “duim vashou” vir iemand, maar in Engels sê ons “cross your fingers”?
  • Wat is die oudste, of die bekendste liefdesverhaal ooit?
  • Hoekom eet Suid-Afrikaners kerrievis en paasbolletjies tydens Paasnaweek?
  • Wat is die verskil tussen ʼn epidemie en pandemie, en waar kom die woorde vandaan?
  • Waar kom worcestershiresous vandaan?

#HoeNou?! op TV

En luister hier na die volledige episode oor malvapoeding en malvalekkers:

Geskiedenis

#HoeNou?! is aanvanklik uitgedink en aangebied as ‘n weeklikse insetsel op GrootFM se program Su-an en so aan. Vanaf 13 Januarie tot 01 Junie 2020 is 16 episodes elke Maandag uitgesaai. Toe Su-an die diens van GrootFM verlaat het, is die insetsel ook gestaak.

Voorbeeldepisodes

Vir iemand ‘n toffie wys #Toffieteken (2020/02/03)
Die bekendste liefdesverhaal ooit (2020/02/10)
Haai, Casanova! (2020/02/24)
Herfskos #Paasbolletjie #Kerrievis (2020/03/09)