Van Huyssteen 2000

Van Huyssteen, Gerhard B. 2000. Die reduplikasiekonstruksie in Afrikaans: aspekte van 'n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsraamwerk vir Afrikaans [The reduplication construction in Afrikaans: aspects of a cognitive usage-based model for Afrikaans]. Potchefstroom: PUCHE.

English: cognitive linguistics, cognitive grammar, Langacker, entities, domains, cognitive abilities, composition, categorization, schematization, entrenchment, reduplication, grammatical construction

Afrikaans: kognitiewe linguistiek, kognitiewe grammatika, Langacker, entiteite, domeine, kognitiewe vermoëns, komposisie, kategorisering, skematisering, verskansing, reduplikasie, grammatikale konstruksie

English: This study is aligned with the linguistic tradition that is known as cognitive linguistics; and in particular cognitive grammar as a subpart within cognitive linguistics. The study aims to be part of the realisation of Ronald W. Langacker’s general vision for cognitive grammar; viz. to explore different phenomena in different languages in order to test the power of cognitive grammar. In essence; this research is therefore an attempt to translate cognitive grammar into and for Afrikaans and to adjust it in such a way that it can be evaluated if it offers any gains for an improved understanding of particular linguistic phenomena. This thesis focuses on grammatical constructions; specifically the reduplication construction in Afrikaans.


Afrikaans: In hierdie studie word direk aangesluit by die taalkundige tradisie wat bekend staan as die kognitiewe linguistiek; en meer spesifiek by die kognitiewe grammatika as deelteorie binne die kognitiewe linguistiek. Die studie staan dan ook in diens van Ronald W. Langacker se algemene visie vir die kognitiewe grammatika; naamlik om verskillende fenomene in verskillende tale te ondersoek ten einde die krag van die kognitiewe grammatika te toets. In essensie is hierdie navorsing dus ‘n poging om die kognitiewe grammatika in en vir Afrikaans te vertaal en aan te pas; ten einde te evalueer of dit enige winste oplewer vir die beter verstaan van bepaalde taalkundige fenomene. Die spesifieke taalfenomeen wat in hierdie proefskrif aan die orde gestel word; is grammatikale konstruksies; en meer spesifiek die reduplikasiekonstruksie in Afrikaans. Daar word twee algemene doelstellings vir hierdie studie geformuleer; naamlik om te ondersoek of die gebruik van ‘n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel om die Afrikaanse reduplikasiekonstruksie te beskryf enige voordeel inhou vir die ontwikkeling van die kognitiewe grammatika; en om te ondersoek of die Afrikaanse reduplikasiekonstruksie beter verstaan kan word wanneer dit beskryf word aan die hand van ‘n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel.  Ten einde die eerste doelstelling te bereik; word die teoretiese instrumente wat nodig is om ‘n grammatikale konstruksie te beskryf; uiteengesit. Om die kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel binne ‘n breër paradigma te plaas; word ‘n beskrywing gegee word van die teoretiese en metodologiese vooronderstellings en uitgangspunte van die kognitiewe linguistiek wat relevant is vir hierdie model. Ook word enkele basisbegrippe (i.e. entiteite; domeine en kognitiewe vermoëns) wat nodig is vir die beskrywingsmodel bespreek; ten einde die ontplooiing van die gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel te ekspliseer. Daar word van die standpunt uitgegaan dat die herhaalde toepassings van enkele basiese kognitiewe prosesse; wat voorkom in verskillende kombinasies op vele organiseringsvlakke; kognitiewe monterings van enorme kompleksiteit tot gevolg het. Op hierdie manier ontstaan grootse netwerke waarin strukture met wisselende vlakke van verskansing en skematisering aan mekaar verbind word in verhoudings van kategorisering; komposisie en simbolisering. Daar word geargumenteer dat dit noodsaaklik is om grammatikale konstruksies aan die hand van hierdie algemene kognitiewe vermoëns van komposisie; kategorisering; skematisering en verskansing te beskryf; aangesien grammatikale konstruksies gesien word as strukture wat te voorskyn kom uit die data via die basiese kognitiewe prosesse van skematisering en kategorisering. Met die oog op die tweede doelstelling word die reduplikasiekonstruksie in Afrikaans beskryf en verklaar. Dié konstruksie word geanaliseer in terme van die komposisie van reduplikasies; die kategoriseringsnetwerk van die reduplikasiekonstruksie en die status van die konstruksie in Afrikaans (in terme van skematisering en verskansing). Deur die loop van die beskrywing en bespreking word telkens gewys op die winste van sodanige kognitiewe beskrywing (in vergelyking met byvoorbeeld ander generatiewe of strukturalistiese beskrywings). Die algemene gevolgtrekking waartoe gekom word is dat die reduplikasiekonstruksie in Afrikaans ‘n uiters komplekse konstruksie is; wat alleen met deeglike en datagedrewe analises beter verstaan kan word.

In: Afrikaans

On: Afrikaans