Van Huyssteen & Pilon 2021

Van Huyssteen, Gerhard B., and Suléne Pilon. 2021. “Standaardisering as ’n produk van die tydsgees [Standardisation as a product of the Zeitgeist].” Ontlaering – Geworteldheid: Die onderrig van Afrikaans in spesifieke ruimtes, Virtual, 29-30 April.

English: Afrikaans, standardisation

Afrikaans: Afrikaans, standaardisering

English: Worldwide, socio-political criticism of standard varieties of languages ​​around the world is often expressed. With regard to Afrikaans, the Language Commission (TK) and the orthography of Afrikaans compiled by the TK, the Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS), accordingly also often come under fire. Including the validity of such socio-political critiques of the work of the TK over more than a century, we want to show in this paper that linguistic norms, like other socio-cultural norms, are a reflection and product of the spirit of the time. The standard language variety at any given moment in time is little more than that usage variety that the socio-politically, socio-culturally and socio-economically dominant group of language users have used in the preceding five to fifteen years. The task of standardization bodies (such as the TK) is to describe this usage variety and how it changes continuously in the form of an orthography (such as the AWS). Standardization is therefore always a slow, retrospective and descriptive process – contrary to what is often believed or claimed by the vox populi. In this paper we first give a brief historical overview of language standardization, starting with the role that Dante Alighieri played at the beginning of the fourteenth century in the development of spoken vernacular varieties (Italian dialects) to be able to serve as a written standard language variety. We then briefly focus on how the first standardization of Dutch was also time-driven, before we shift our gaze to how the South African Zeitgeist of the time gave rise to different stages in the standardization of Afrikaans. We use the publication dates of the various issues of the AWS to identify stages of standardization. We then argue that the South African socio-political, socio-cultural and socio-economic Zeitgeist of the time contextualizes the changes and additions made in the respective editions of the AWS. We conclude with a few thoughts on the future of standard language varieties in general and Standard Afrikaans in particular, as well as on the current and future role of a standardization body such as the TK.


Afrikaans: Wêreldwyd word dikwels sosiopolitieke kritiek teen standaardvariëteite van tale die wêreld oor uitgespreek. Met betrekking tot Afrikaans beland die Taalkommissie (TK) en die ortografie van Afrikaans wat deur die TK saamgestel word, die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS), dienooreenkomstig dikwels ook onder skoot. Inbegrepe die geldigheid van sulke sosiopolitieke kritiek op die werk van die TK oor meer as ʼn eeu, wil ons in hierdie referaat aantoon dat taalkundige norme, soos ander sosiokulturele norme, ʼn refleksie en produk van die tydsgees is. Die standaardtaalvariëteit is op enige gegewe moment in tyd weinig meer as daardie gebruiksvariëteit wat die sosiopolitiek, sosiokultureel en sosio-ekonomies dominante groep taalgebruikers in die voorafgaande vyf tot vyftien jaar gebruik het. ʼn Standaardiseringsliggaam (soos die TK) se werk is om hierdie gebruiksvariëteit en hoe dit verander deurlopend in die vorm van ʼn ortografie (soos die AWS) te beskryf. Standaardisering is daarom altoos ʼn stadige, retrospektiewe en deskriptiewe proses – anders as wat dikwels deur die vox populi geglo of beweer word. In hierdie referaat gee ons eerstens ʼn kort historiese oorsig oor taalstandaardisering, beginnende by die rol wat Dante Alighieri aan die begin van die veertiende eeu gespeel het in die ontwikkeling van gesproke volkstaalvariëteite (Italiaanse dialekte) om as geskrewe standaardtaalvariëteit te kan deug. Ons fokus daarna vlugtig op hoe die eerste standaardisering van Nederlands ook tydsgeesgedrewe was, voor ons ons blik verskuif na hoe die Suid-Afrikaanse tydsgees aanleiding gegee het tot verskillende stadia in die standaardisering van Afrikaans. Ons gebruik die publikasiedatums van die verskillende uitgawes van die AWS om stadia van standaardisering te identifiseer. Ons argumenteer dan dat die Suid-Afrikaanse sosiopolitieke, sosiokulturele en sosio-ekonomiese tydsgees die veranderinge en toevoegings wat in die betrokke AWS aangebring is, kontekstualiseer. Ons sluit af met ʼn paar gedagtes rondom die toekoms van standaardtaalvariëteite in die algemeen en Standaardafrikaans spesifiek, asook oor die hedendaagse en toekomstige rol van ʼn standaardiseringsliggaam soos die TK.

In: Afrikaans

On: Afrikaans