English: In this article; aspects of a cognitive usage-based descriptive framework for Afrikaans grammar are spelled out in detail; with the aim of setting the agenda for the description of Afrikaans morphological (and other) constructions. Constructs and terms from cognitive grammar that are necessary for the description of such constructions are explicated and illustrated; using examples from Afrikaans morphology. With regard to composition; it is shown that the question ‘How is a certain construction formed?’ must be answered; with specific reference to correspondence; profile determinacy; conceptual and phonological autonomy and dependence; and constituency. It is argued that the essential question that must be answered pertaining to categorisation is the question: ‘What does the categorisation network of the construction look like?’. For this purpose; the categorisation network of a certain construction must be postulated. Subsequently; it is illustrated that the question ‘Can a construction schema or sub-schemas be extracted from the categorisation network?’ should be answered; referring to the generality and productivity of the construction schema. Lastly; it is shown that the question ‘How entrenched is the construction schema?’ should be answered; using two criteria: centrality and linguistic importance. This article is concluded with a working strategy; which can be seen as a programmatic; ‘step-by-step’ model for the description of grammatical constructions.
Afrikaans: In hierdie artikel word gedetailleerde aspekte van ’n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel vir die Afrikaanse grammatika uiteengesit; met die doel om die agenda vas te stel en te omskryf waarvolgens Afrikaanse morfologiese (en ander) konstruksies beskryf kan word. Konstrukte en terme uit die kognitiewe grammatika wat nodig is vir die beskrywing van sodanige grammatikale konstruksies word geëkspliseer; en aan die hand van voorbeelde uit die Afrikaanse morfologie geïllustreer. Daar word aangetoon dat; met betrekking tot komposisie; die vraag ‘Hoe word ’n bepaalde konstruksie gevorm?’ beantwoord moet word; en wel aan die hand van ooreenkoms; konstruksieprofilering; konseptuele en fonologiese afhanklikheid en onafhanklikheid, en konstituering. Daar word verder geargumenteer dat die essensiële vraag wat beantwoord moet word met betrekking tot kategorisering, soos volg gestel kan word: ‘Hoe lyk die kategoriseringsnetwerk van die konstruksie?’. Vir dié doel moet ’n kategoriseringsnetwerk vir ’n bepaalde konstruksie gepostuleer word. Daarna word gewys dat die vraag ‘Kan ’n konstruksieskema of subkonstruksieskemas geëkstraheer word uit die kategoriseringsnetwerk?’ beantwoord moet word, en wel aan die hand van die algemeenheid en produktiwiteit van die konstruksieskema. Met betrekking tot vestiging word gewys dat gevra moet word ‘Tot watter mate is die konstruksieskema gevestig?’, en dan beantwoord moet word aan die hand van twee kriteria, te wete sentraliteit en linguistiese belangrikheid. Die artikel word afgesluit met die formulering van ’n werkstrategie, wat ook gesien kan word as ’n programmatiese, ‘stap-vir-stap’ model vir die beskrywing van grammatikale konstruksies.