Breed et al. 2021

Breed, Adri, Nadine Fouché, Nina Brink, Marlie Coetzee, Cecilia Erasmus, Sophia Kapp, Suléne Pilon, Gerhard B. Van Huyssteen, and Roné Wierenga. 2021. “Content developers as stakeholders in the blended learning ecosystem: The Virtual Institute for Afrikaans’ Language Education Portal as a case study.” In Re-Envisioning and Restructuring Blended Learning for Underprivileged Communities, edited by Chantelle Bosch, Dorothy Joy Laubscher and Lydia Kyei-Blankson, 124-144. Hershey: IGI Global.

English: blended learning ecosystem, content developer, Taalonderrigportaal, Taalportaal, Virtual Institute for Afrikaans, VivA, Language Teaching Portal

Afrikaans: gemengdeleer-ekosisteem, inhoudontwikkelaar, Taalonderrigportaal, Taalportaal, Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA

English: Within the blended learning environment, it is important to consolidate expert content and pedagogy inside and outside the classroom. Subject experts who serve as content developers play a vital role in blended learning by contributing quality controlled subject content covered by the curriculum, which can be made available to students on digital platforms. However, in developing countries and in communities where resources are limited, good and complementary digital content that promotes self-directed learning, may not be accessible to all learners. Teachers are often left to their own devices to develop teaching content, and not all teachers have the skill or access to infrastructure to do so effectively. When considering Afrikaans language teaching in South Africa specifically, there is a great need within the language community for learning and teaching support. This chapter reports on the role that the Virtual Institute for Afrikaans (VivA) is playing as a content provider of quality Afrikaans linguistic material in the blended learning environment. The aim is to present VivA as a case study or prototype of an independent organisation acting as a key stakeholder in the blended learning ecosystem.


Afrikaans: Binne die gemengdeleeromgewing is dit belangrik om kundige inhoud en pedagogiek binne en buite die klaskamer te konsolideer. Vakkenners wat as inhoudontwikkelaars optree, speel ‘n belangrike rol in gemengde leer deur by te dra tot gehaltebeheerde vakinhoud wat deur die kurrikulum gedek word en wat op digitale platforms beskikbaar gestel kan word. In ontwikkelende lande en in gemeenskappe waar beperkte hulpbronne bestaan, is goeie en aanvullende digitale inhoud wat selfgerigte leer bevorder, nie noodwendig vir alle leerders toeganklik nie. Onderwysers word dikwels aan hul eie lot oorgelaat om onderriginhoud te ontwikkel, en nie alle onderwysers het die vaardigheid of toegang tot infrastruktuur om dit effektief te doen nie. Wanneer daar spesifiek na Afrikaanse taalonderrig in Suid-Afrika gekyk word, is daar ‘n groot behoefte in die taalgemeenskap aan leer- en onderrigondersteuning. In hierdie hoofstuk word verslag gedoen oor die rol wat die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) as ‘n inhoudverskaffer van gehalte- Afrikaanse taalkundemateriaal in die gemengdeleeromgewing speel. Die doel is om VivA voor te hou as ‘n gevallestudie of prototipe van ‘n onafhanklike organisasie wat optree as ‘n belangrike belanghebbende in die gemengdeleer-ekosisteem.

In: English

On: Afrikaans